Hoërskool Kylemore High School

Hoërskool Kylemore High School The purpose of this page is to keep in contact with current and former learners of our school and to

Poste beskikbaar
01/09/2026

Poste beskikbaar

❗❗Ouers, voogde en leerders neem kennis.❗❗Ons doen ’n ERNSTIGE beroep op alle ouers en leerders om die skool se reëls en...
27/08/2026

❗❗Ouers, voogde en leerders neem kennis.❗❗

Ons doen ’n ERNSTIGE beroep op alle ouers en leerders om die skool se reëls en regulasies te respekteer en na te kom. Reëls is daar om ’n veilige, ordelike en respekvolle omgewing vir elke leerder en personeellid te verseker. Ons vra dat ouers hul kinders ondersteun en aanmoedig om verantwoordelik op te tree en die gesag van onderwysers te respekteer.

WOW – Woorde Open Wêrelde – dit is presies waarvoor hulle staan en presies wat hulle doen.WOW het vanjaar ’n nuwe projek...
25/08/2026

WOW – Woorde Open Wêrelde – dit is presies waarvoor hulle staan en presies wat hulle doen.

WOW het vanjaar ’n nuwe projek geloods om ons Top 10-leerders van Graad 10 tot 12 te ondersteun en hulle voor te berei vir die wêreld van tersiêre opleiding. Die doel is om meer van ons leerders die geleentheid te gee om universiteit toe te gaan, hul drome na te jaag en hul volle potensiaal te bereik. 🎓✨

Verlede Woensdag het ons Graad 10 en 11 leerders, saam met hul ouers, die universiteit besoek. Die leerders het meer geleer oor wat dit beteken om ’n WOW'ie te wees, terwyl oud-studente waardevolle raad en praktiese wenke gedeel het oor onder andere hoe om ’n effektiewe studierooster op te stel, stres te hanteer en die regte studiemetodes te gebruik.

Ons skool is ongelooflik dankbaar vir alles wat WOW vir ons leerders doen. Julle skep nie net geleenthede nie julle open wêrelde 🌍💫

✨ ’n Spesiale gebaar van omgee om ’n droom waar te maak ✨Ons wil graag ons opregte dank en waardering uitspreek teenoor ...
24/08/2026

✨ ’n Spesiale gebaar van omgee om ’n droom waar te maak ✨

Ons wil graag ons opregte dank en waardering uitspreek teenoor twee besondere donateurs wat besluit het om die matriekafskeid van twee van ons matriekdogters - Levernique Johannes en Monique Bosman onvergeetlik te maak.

Die borgskap sluit alles in van die matriekafskeidkaartjie, hare, naels, grimering en professionele foto’s tot die pre-funksie by die huis, ’n pragtige rok en selfs vervoer met ’n motor. 👗💄💅📸🚗

Een van hierdie donateurs verkies om anoniem te bly, terwyl die ander een niemand minder is nie as mnr. Lorenzo Parks, ’n oudleerder van Kylemôre Sekondêr. Dit is besonders om te sien hoe oudleerders teruggee aan die skool en die huidige geslag se drome help verwesenlik.

Maar die liefde het nie daar gestop nie… 🥹❤️

’n Derde donateur, wat ook verkies om anoniem te bly, het besluit om ’n bykomende bedrag te borg sodat ’n derde matriekdogter ook die geleentheid kan hê om haar matriekafskeid spesiaal te beleef.

Ons is ongelooflik dankbaar vir die rol wat mnr. Lorenzo Parks, en die ander donateurs speel om hierdie besonderse geleentheid moontlik te maak.

Baie dankie aan elke persoon wat bereid is om ’n verskil in ons leerders se lewens te maak. Julle bewys dat ’n mens soms net een besondere gebaar nodig het om iemand se droom ’n werklikheid te maak. 💛🖤

’n Groot dankie aan een van ons grootste donateurs, Raadslid R. Adams, vir u gereelde skenkings aan ons skool. 🙏🏽❤️ Ons ...
24/08/2026

’n Groot dankie aan een van ons grootste donateurs, Raadslid R. Adams, vir u gereelde skenkings aan ons skool. 🙏🏽❤️ Ons waardeer u volgehoue ondersteuning en waardevolle bydraes opreg. U betrokkenheid maak ’n betekenisvolle verskil in die lewens van ons leerders en ons skoolgemeenskap. 🌸

🏆💛*GELUK KYLEMORE!*🖤🏆Wat ’n ongelooflike prestasie! Ons is trots om te sê dat  Kylemore die ALGEHELE Derby-wenner is! 🏆🔥...
15/08/2026

🏆💛*GELUK KYLEMORE!*🖤🏆

Wat ’n ongelooflike prestasie! Ons is trots om te sê dat Kylemore die ALGEHELE Derby-wenner is! 🏆🔥

🥅 Kylemore neem die beker vir Sokker ⚽
🏐 Kylemore neem die beker vir Netbal 🏐
♟️ Groendal neem die beker vir Skaak ♟️
🏉 Groendal neem die beker vir Rugby🏉

Baie geluk aan Groendal met julle bekers en baie geluk aan elke Kylemore-leerder, afrigter en ondersteuner wat gehelp het om hierdie dag ’n sukses te maak.

Ons het dalk nie elke wedstryd gewen nie, maar as ’n skool het ons die grootste oorwinning behaal!

*KYLEMORE BO!*
*ALGEHELE DERBY-WENNERS! 🏆🖤💛*

Derby 2026. Program vir die dag.
15/08/2026

Derby 2026. Program vir die dag.

Derby 2026
14/08/2026

Derby 2026

⚽️ SOKKER-UITSLAE | DERBY 2026 ⚽️ ⚽️ O/15 Seuns: Verloor 1–0⚽️ Meisies: Verloor 3–0⚽️ O/19 Seuns: WEN 5–2! 🔥👏Baie geluk ...
13/08/2026

⚽️ SOKKER-UITSLAE | DERBY 2026 ⚽️

⚽️ O/15 Seuns: Verloor 1–0
⚽️ Meisies: Verloor 3–0
⚽️ O/19 Seuns: WEN 5–2! 🔥👏

Baie geluk aan al ons spelers vir julle harde werk, passie en deursettingsvermoë! 🙌🏽 Ons is trots op julle!!!

Baie dankie aan Groendal S.S. dat julle saam met ons op die veld was en vir ’n lekker dag van sokker! 🤝⚽️

’n Groot dankie aan ons afrigters vir julle tyd, moeite en toewyding aan ons spelers. 🙌🏽
Dankie ook aan al die skeidsregters, beamptes, ondersteuners en almal wat agter die skerms gehelp het om die dag moontlik te maak. 👏🏽

🔥💛 GEES VANG WEEK! 🖤🔥Die gees is aan die gang! 😎🙌Hierdie week bou ons op na ’n DERBY van formaat!Crazy hair day🌈🤪
13/08/2026

🔥💛 GEES VANG WEEK! 🖤🔥

Die gees is aan die gang! 😎🙌
Hierdie week bou ons op na ’n DERBY van formaat!
Crazy hair day🌈🤪

Address

School Street
Kylemore
7608

Opening Hours

Monday 08:00 - 15:00
Tuesday 08:00 - 15:00
Wednesday 08:00 - 15:00
Thursday 08:00 - 15:00
Friday 08:00 - 14:00

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hoërskool Kylemore High School posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Hoërskool Kylemore High School:

Share

Category