Silverfields NaSkool/Aftercare

Silverfields NaSkool/Aftercare

Share

Your child's well being is our passion

Photos from Silverfields NaSkool/Aftercare's post 27/12/2023

Dit was nou so 'n lekker dag by die see gewees.
Lekker geswem water was so warm.
Johan het altyd gesê hy wil by die see bly.
Nou bly ons in Nzealand en by die see.
As son skyn g'n ons see toe.

04/10/2023

Aartappel Bykos Vir ‘n Braai
🇿🇦 BRAAIDAG 🇿🇦
(Kaalvoet Barefoot Chef)

8 groot Aartappels
4 middelslag uie (gekap)
1 eetlepel olie
250g streaky bacon (gekap)
1 pakkie wit uie sop
250ml appelkoos blatjang
250ml mayonnaise
250ml kookwater

Metode:
1. Kook die aartappels tot sag, laat afkoel, trek die skil af en sny in ringe, plaas dit in ‘n oondbak.
2. Braai die uie en bacon saam in die olie en gooi oor die aartappels.
3. Meng die mayonnaise, blatjang en sop poeier tot goed gemeng, voeg laaste die kookwater by en meng goed.
4. Gooi oor die aartappel mengsel en plaas in die oond, bak teen 180grade C vir 30minute tot goudbruin en gaar.

29/09/2022

Peppermint tert

Benodig:

-2 pakkies tennis beskuitjies
-2 pakkies suurlemoen jellie
-2 blikkies caramel kondensmelk
-1 groot staaf pepermint sjokelade(gerasper)
- 500ml Room

Metode:

1.Maak jellie met 1/ 2 koppie water aan, en sit in yskas. Dit moet goed koud wees.
2.Klits room tot styf
3.Voeg caramel by die room en klits goed.
4.Kilts die jellie by.
5.Pak laag beskuitjies onder in tert bak, gooi helfde van die beslag oor.

6.Strooi helfde van die sjokelade oor.
7.Pak weer 'n laag koekies.
8.Dan die res van die beslag en die res van die sjokelade.
9.Kan versier word met g***s kersies.
Bron: Liplekker Resepte.

29/09/2022

Flippen Lekker Pasta Slaai Saam Braaivleis.
.....................................................................
BESTEL ONS RESEPTE BOEK VIR R100 Waarde R249
En Kry ons Poeding Boek ter waarde van R100 Gratis.
Stuur Email Na Email: [email protected]
...........................................................................
1 pak pasta gekook, braai groot ui, green of red pepper en pitmielies saam.

Maak sous: 1kop tamatiesous, 125ml asyn, 125ml olie, sweet chillie sous na smaak en 1 eetlp kerriepoeier. Kook saam en meng met pasta. Laat afkoel.

Tasty pasta salad with barbecue. 1 pack of pasta cooked, fry big onion, green or red pepper and whole sweetcorn together.

Make sauce: 1 cup tomato sauce, 125ml vinegar, 125ml oil, sweet chilli sauce to taste and 1 tbsp curry powder. Cook together and mix with pasta. Allow to cool .
Bron: Bak en Brou Resepte.

24/09/2022

Sjokolade Stroopkoek
(Resepte Wenke/Best Recipes/Copyright Resepte Wenke. All rights reserved/Precise Themes)

(Ek het die gister gemaak. Groot sukses)

1 en n half koppie meelblom
1 en n half koppie suiker
3 eetlepels kakao
n kwart koppie kookolie
n kwart koppie kookwater
6 eiers
n halwe teelepel sout
3 teelepels bakpoeier
1 teelepel vanilla
Sif meel, kakao en suiker saam.Meng die kookolie met kookwater en gooi dit by die meelmengsel en klits saam.Skei die eiers en voeg die gele by die meelmengsel.Voeg die sout,vanilla en bakpoeier by.Klits die eierwitte styf en vou dit in die meelmengsel in.Bak in n oondpan of twee kleiner koekpanne by 180 grade celsuis vir een uur.

Stroop ...
1 koppie suiker
1 koppie kookwater
2 eetlepels koffiepoeier
1 teelepel vanilla
Kook vir 5 minute saam en gooi oor warm koek.

Laat die koek koud word.Smeer gekookte kondensmelk en dan styfgeklopte room.Versier met flake of peppermint chrisp.Ek meng kondensmelk met room en gooi oor en strooi dan flake oor.

Photos 18/04/2016
Want your school to be the top-listed School/college in Krugersdorp?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Category

Telephone

Website

Address


Hartford Avenue, Silverfields
Krugersdorp