Knikkievallei

Knikkievallei Welkom by Knikkievallei Kleuterskool, ‘n warm en stimulerende omgewing waar jou kind se liefde vir leer en speel gevier word.

Ons fokus op moedertaalonderrig in Afrikaans.

WELKOM TERUG, KNIKKIE-MAATJIES! 💛🌈Wat ’n lekker eerste dag terug by Knikkievallei! 🥰 Ons maatjies was so bly om mekaar w...
06/10/2026

WELKOM TERUG, KNIKKIE-MAATJIES! 💛🌈

Wat ’n lekker eerste dag terug by Knikkievallei! 🥰 Ons maatjies was so bly om mekaar weer te sien – daar was sommer baie drukkies, glimlagte en lekker stories! 🤗

Ons is gereed vir ’n nuwe kwartaal vol speel, leer en lekker lag.
Ons het julle gemis! ❤️

05/10/2026
Die vakansie is nou verby!!     Ons het die laaste twee dae van die vakansie baie geniet! 🥰’n Lekker piekniek, ons gunst...
02/10/2026

Die vakansie is nou verby!!
Ons het die laaste twee dae van die vakansie baie geniet! 🥰
’n Lekker piekniek, ons gunsteling b***e skool toe gebring ⚽ en natuurlik die vakansie afgesluit met ’n heerlike roomys! 🍦😋

Nou is ons reg vir ’n nuwe kwartaal vol leer, speel en pret! 🌈

VAKANSIEPRET BY KNIKKIEVALLEI! 🎉Ons het die afgelope drie dae behoorlik lekker pret gehad by Knikkievallei! 🤩Nie eers di...
30/09/2026

VAKANSIEPRET BY KNIKKIEVALLEI! 🎉

Ons het die afgelope drie dae behoorlik lekker pret gehad by Knikkievallei! 🤩

Nie eers die reën 🌧️ of koue 🥶 kon ons stop nie!
Van Superheldedag 🦸‍♂️🦸‍♀️ en Pajamadag 💤🧸 tot lekker bak en brou 🧁👩‍🍳 – elke dag was vol avontuur en pret!

Want vakansies by Knikkievallei is LEKKER! 😍💛

28/09/2026

By Knikkievallei vier ons ons kultuur, ons mense en ons pragtige land. Gelukkige Erfenisdag.
24/09/2026

By Knikkievallei vier ons ons kultuur, ons mense en ons pragtige land.
Gelukkige Erfenisdag.

✈️ ’N REIS OM DIE WÊRELD BY KNIKKIEVALLEI! 🎶💃Wat ’n ongelooflike konsert! 🤩 Ons Knikkies het ons op ’n wonderlike reis o...
23/09/2026

✈️ ’N REIS OM DIE WÊRELD BY KNIKKIEVALLEI! 🎶💃

Wat ’n ongelooflike konsert! 🤩 Ons Knikkies het ons op ’n wonderlike reis om die wêreld geneem – van die pragtige strande van Hawaii🌺, deur die energie van Amerika, die kleurvolle Mexiko, die ritme van Brasilië en natuurlik terug na ons eie pragtige Suid-Afrika!

Die glimlagte, danspassies, musiek en opgewondenheid op die verhoog was behoorlik aansteeklik. ❤️

Ons is SO trots op elke Knikkie wat met soveel entoesiasme deelgeneem het! 🌟 Julle het nie net ’n konsert opgevoer nie – julle het vir ons gewys hoe lekker dit is om deur musiek, beweging en spel te leer en te ontdek. 🎶🧩

’n Groot dankie aan ons wonderlike juffrouens en personeel vir al die oefening, tyd, kreatiwiteit en liefde wat in hierdie konsert ingegaan het. ❤️

Van Hawaii tot Suid-Afrika – wat ’n reis was dit nie! ✈️🌺🌍
Knikkievallei, julle was fantasties! 👏🎉

Address

9 Emdon Street
Krugersdorp
1745

Opening Hours

Monday 06:30 - 17:30
Tuesday 06:30 - 17:30
Wednesday 06:30 - 17:30
Thursday 06:30 - 17:30
Friday 06:30 - 17:30

Telephone

+27686378995

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Knikkievallei posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Knikkievallei:

Shortcuts

Share

Category