05/10/2026
VANDAG VIER ONS DIE HART VAN KENMARE!🍎
Op Wêreldonderwysersdag vier ons die mense wat elke dag soveel meer doen as net onderrig. Hulle sien potensiaal raak, moedig aan, luister, lei en skep ’n plek waar elke Kennie die geleentheid kry om te leer, groei en floreer. 🌟
By Kenmare glo ons dat ’n besonderse skool begin by besonderse mense. Onderwysers wat met passie voor die klas staan en met hart ’n verskil in kinders se lewens maak. 🧡
Aan elkeen van ons ongelooflike Kenmare-onderwysers: dankie vir die kennis wat julle deel, die voorbeeld wat julle stel en die verskil wat julle elke dag maak.
Agter elke Kennie wat groei, staan ’n onderwyser wat in hulle glo. 🧡
Gelukkige Wêreldonderwysersdag! 🍎