Laerskool Gamtoosvallei

Laerskool Gamtoosvallei Ons skool is geleë in die hartjie van die pragtige Gamtoosvallei en maak voorsiening vir leerders in die omliggende omgewing. Ons klim steeds!

Hartlik welkom by Laerskool Gamtoosvallei se Facebook Blad. Ons is ’n trotse Afrikaanse skool met ’n ryke geskiedenis. Ons skool is geleë in die hartjie van die pragtige Gamtoosvallei en maak voorsiening vir leerders wat hoofsaaklik van Patensie en Hankey kom. Sedert die skool se bestaan 119 jaar gelede het die skool ontwikkel tot ’n leierskool in die Kougastreek. Laerskool Gamtoosvallei het tydens hierdie tydperk uitgeblink op verskeie terrreine. Die skool se etos rus op vier pilare naamlik: geestelik, akademie, sport en kultuur. Ons kan met trots sê dat al vier pilare in ons skool sterk staan. Sonder die baie goeie samewerking en ondersteuning van al ons ouers sou die skool nie sy doelwitte ten volle kon realiseer nie. Met ons oë op God gerig, vat ouers, onderwysers en kinders by Laerskool Gamtoosvallei hande en mik steeds hoër, soos ons leuse dit stel.

Ons kondig met trots ons Top 5   van Kwartaal 3 aan (in geen spesifieke volgorde):📙 Graad 4:Olivia van NiekerkMari Opper...
07/10/2026

Ons kondig met trots ons Top 5 van Kwartaal 3 aan (in geen spesifieke volgorde):

📙 Graad 4:
Olivia van Niekerk
Mari Opperman
Liam Linden
Amé Bezuidenhout
Juhke Barnard

📕 Graad 5:
Eugene de Ridder
Emma Ferreira
Andreas Both
Jana Ferreira
Petri van der Watt

📗 Graad 6:
Christo Opperman
Evania van Rayners
Franchesca Ferreira
Alana Moggee
WJ Erasmus

📘 Graad 7:
Luke Kemp
Edith van der Watt
Eliska Oosthuizen
Mia Ferreira
Helgard Rautenbach

Baie geluk!

Ons sê baie geluk aan Andreas Both (graad 5) wat die afgelope naweek aan die "Mens Artistic Gymnastics" (Gimnastiek SA 🇿...
06/10/2026

Ons sê baie geluk aan Andreas Both (graad 5) wat die afgelope naweek aan die "Mens Artistic Gymnastics" (Gimnastiek SA 🇿🇦) in Pretoria deelgeneem het, as deel van die OP-span.

🤸🏼‍♂️Andreas se items (MAG 1st division, o/11) sluit die volgende in:
- Vault
- Hi-Bar
- P-Bar
- Vloer

🏆 Andreas behaal 'n 7de plek in die "vault".

Ons is baie trots op jou, Andreas. Welgedaan.

Welkom terug   en sterkte vir Kwartaal 4!
06/10/2026

Welkom terug en sterkte vir Kwartaal 4!

📚 INTERNASIONALE ONDERWYSERSDAG 🍎Waar kennis groei, groei hoop ook. 🌱Vandag vier ons elke onderwyser wat elke dag kennis...
05/10/2026

📚 INTERNASIONALE ONDERWYSERSDAG 🍎

Waar kennis groei, groei hoop ook. 🌱

Vandag vier ons elke onderwyser wat elke dag kennis deel, drome aanmoedig en jong harte voorberei vir die toekoms.

Dankie vir julle geduld, passie en liefde. Julle maak ’n verskil — een leerder, een les en een dag op ’n slag. 💙

🏆 Gammie-onderwysers, julle is tops!

Ons Grondslagfase   (graad 1-3) het op 15 September hulle stemme laat hoor tydens ons jaarlikse Pikkie Praat geleentheid...
03/10/2026

Ons Grondslagfase (graad 1-3) het op 15 September hulle stemme laat hoor tydens ons jaarlikse Pikkie Praat geleentheid.

Pikkie Praat is ons jongspan se interne redenaars en ons is so trots op elkeen wat hulle toespraak in die saal met oorgawe gelewer het.

🎤Ons kon hoor oor families, insekte, wat verander sou word as hulle vir een dag die skoolhoof kon wees en wat om te doen as jy die hoenders in is!

🥳 Baie geluk aan elke maat! Die wenners word tydens ons jaarlikse prysuitdeling aangekondig.

Meneer Kemp het op Vrydag, 11 September, aan die Gifsmous-Golfdag in Hankey deelgeneem. Verskeie handelaars het saamgeko...
30/09/2026

Meneer Kemp het op Vrydag, 11 September, aan die Gifsmous-Golfdag in Hankey deelgeneem.

Verskeie handelaars het saamgekom en 'n wonderlike dag aangebied tot voordeel van die gemeenskap.

Die winste van hierdie golfdag word verdeel tussen verskeie instansies, waaronder Laerskool Gamtoosvallei een is.

Ons sê graag baie dankie aan die organiseerders, asook elke borg en maatskappy wat hierdie dag moontlik gemaak en sodoende ook ons skool ondersteun het.

⛳ Ons waardeer dit opreg.

VAKANTE BETREKKINGLaerskool GamtoosvalleiBeheerliggaampos: FAKTOTUMVolledige vereistes en posbeskrywing aangeheg. Geskik...
29/09/2026

VAKANTE BETREKKING
Laerskool Gamtoosvallei
Beheerliggaampos: FAKTOTUM

Volledige vereistes en posbeskrywing aangeheg.

Geskikte kandidate kan aansoeke en CV's stuur na [email protected]

Sluitingsdatum is 18 Oktober 2026 met aanvangsdatum op 1 November 2026.

Die Beheerliggaam behou die reg om nie 'n aanstelling te maak nie.

Ons sê baie geluk aan Deidré Kemp, wat aangestel is as ons Nasorghoof. Deidré is glad nie 'n vreemdeling op die   terrei...
28/09/2026

Ons sê baie geluk aan Deidré Kemp, wat aangestel is as ons Nasorghoof.

Deidré is glad nie 'n vreemdeling op die terrein nie en skuif vanuit haar huidige posisie as Faktotum, na hierdie nuwe portefeulje.

Ons wens jou alle sterkte toe in hierdie nuwe rol.

Die graad 6 klas het hierdie kwartaal besoek afgelê aan die Moorland saailing-kwekery in Thornhill. 🌿 Ons   het meer gel...
28/09/2026

Die graad 6 klas het hierdie kwartaal besoek afgelê aan die Moorland saailing-kwekery in Thornhill.

🌿 Ons het meer geleer oor hoe hierdie saailinge geplant en voorberei word. Daar word onder andere sitrusbome, blomme, groente en kruie by Moorland geplant.

🪏 Landbou is besig om sy plek in die Gammies-kurrikulum te vind en dit was baie interessant om hierdie prosesse op 'n groot skaal te sien gebeur en meer daaroor te leer.

🌱 Baie dankie aan Moorland wat ons vriendelik verwelkom het om ons kennis oor die saailing-proses te verbreed.

Ons graad 5 klas het onlangs die voorreg gehad om die Kougadam te besoek. Hulle het meer geleer oor die dam, sy geskiede...
25/09/2026

Ons graad 5 klas het onlangs die voorreg gehad om die Kougadam te besoek.

Hulle het meer geleer oor die dam, sy geskiedenis en vorm en kon deur die damwal stap.

Hulle het ook agter die watergordyn deurbeweeg. Die dam loop steeds oor sy walle teen 21 540 liter per sekonde.

Die damvlak is tans 100.93% (22-09-26).

Baie dankie aan Gamtoos Water wat hierdie uitstappie moontlik gemaak het.

Address

Teddy Ferreira Laan
Kouga
6335

Opening Hours

Monday 07:00 - 15:00
Tuesday 07:00 - 15:00
Wednesday 07:00 - 15:00
Thursday 07:00 - 15:00
Friday 07:00 - 15:00

Telephone

+27422830246

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Laerskool Gamtoosvallei posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Laerskool Gamtoosvallei:

Shortcuts

Share