06/09/2026
Op 4 September het Komatipoort Akademie se Laerskool-leerders die lente behoorlik ingelui met ons jaarlikse Pretloop!
Ons Graad 1 tot 6-leerders het elkeen volgens ’n tema aangetrek en gewys hoe kreatief hulle kan wees! Elke graad het hul kreet met trots en entoesiasme gelewer voordat hulle die pad aangedurf het vir die 5 km Pretloop deur die dorp.
Dit was ’n oggend vol kleur, lag, gees en spanbou – ’n heerlike manier om die nuwe seisoen saam te vier!
’n Spesiale dankie aan ons Grondslagfase-personeel wat hierdie jaar se Pretloop met soveel moeite en entoesiasme gereël het. Julle harde werk word opreg waardeer!
’n Groot DANKIE aan Securicon Lowveld vir julle begeleiding en ondersteuning om seker te maak dat ons kinders veilig kon deelneem. Julle hulp beteken baie!
Komatipoort Akademie – waar elke dag ’n geleentheid is om saam te groei, saam te lag en saam herinneringe te maak!