Hoërskool Wesvalia

Hoërskool Wesvalia Die belangrikste doel is om huidige nuus en algemene inligting aan ouers en leerlinge deur te gee. www.wesvalia.co.za

By Hoërskool Wesvalia glo ons dat elke leerder belangrik is en daarom fokus ons op die optimale ontwikkeling van elke individu se potensiaal, vaardighede en talente. Daar is dus 'n plek vir elke leerder in Hoërskool Wesvalia. Hoërskool Wesvalia is gebou op 'n Christelike fondasie waaruit die 5 pilare: akademie, sport, kultuur, sosiaal en leierskap stewig gevestig word. Die pilare sorg vir 'n skool vol gebalanseerde Wessies wat gereed is vir die wêreled en wat die grootmenslewe vir hulle kan bied. Die Wessies spog gereeld met puik akademiese-, sport- en ook met hulle fenominale kultuurprestasies. Wesvalia is ook die enigste skool met 'n amptelike sosiale dagboek waar hulle gereeld by die skool ontbyt eet, veldflieks bywoon en die voete behoorlik laat jeuk vir ons lekker sokkies. Ons leerders gee om vir mekaar en ook vir die gemeenskap. Die Wessies is bekend vir die feit dat hulle saamstaan deur dik en dun. SOSIALE MEDIA BELEID

Gebruik van sosiale media word aangemoedig en die belangrikheid daarvan erken.
• Hoërskool Wesvalia het ‘n amptelike Faceboek blad wat sorgvuldig gemonitor word. Dit staan as Hoërskool Wesvalia (Amptelik) bekend.
• Administrateurs van die blad plaas gereeld foto’s en inligting oor gebeure op die blad.
• Geen negatiewe kommentaar van die skool of individue mag op die blad geplaas word nie.
• Leerlinge wat as “vriende” van die skool gegistreer mag geen fotos van
medeleerlinge of onderwysers sonder die toestemming van die betrokke persoon op hul persoonlike Facebook-blad plaas nie.
• Leerlinge van Wesvalia mag geen afbrekende of persoonlike
kommentaar oor Wesvalia , sy onderwysers of leerlinge op hul
persoonlike Facebook-blaaie plaas nie.
• Leerlinge en ander gebruikers van Facebook moet deeglik daarvan bewus wees dat Facebook‘n publieke forum is en die misbruik daarvan al ernstige gevolge (insluitend hofsake) gehad het.

🐻Nog n Wessie tot Nasionale vlak...Baie geluk, Joshua Gurschler, wat gekies is vir die SA Hoërskole gholfspan. Na die Pr...
01/10/2026

🐻Nog n Wessie tot Nasionale vlak...

Baie geluk, Joshua Gurschler, wat gekies is vir die SA Hoërskole gholfspan.
Na die Provinsiale week eindig Joshua in die top 12 gholfspelers van die toernooi en kry dan die geleentheid om op die Nasionale verhoog te kompeteer. Ons bars van trots!

🐻Ons Wessie-skuts is in Jeffreys Baai reg om die res van die skuts by vanjaar se Nasionale Boogskiet Kampioenskappe te w...
01/10/2026

🐻Ons Wessie-skuts is in Jeffreys Baai reg om die res van die skuts by vanjaar se Nasionale Boogskiet Kampioenskappe te wys hoekom Wesvalia Noordwes Kampioene is...

🐻Ons sê met groot trots baie geluk aan Duney Fourie met haar ongelooflike prestasies...Duney is aangewys as die Runway F...
28/09/2026

🐻Ons sê met groot trots baie geluk aan Duney Fourie met haar ongelooflike prestasies...

Duney is aangewys as die Runway Female Category Winner by The Next Opulent Model South Africa 2026, en het daarna ook die Top Model Worldwide Photographic Winner-titel in Londen verower!

Van Wesvalia tot die wêreldverhoog , Duney, jy het gewys wat is

🐻Vier van ons Future Photographerz het die Southern Gauteng Regional Congress in Potchefstroom, wat by die Snowflake geb...
28/09/2026

🐻Vier van ons Future Photographerz het die Southern Gauteng Regional Congress in Potchefstroom, wat by die Snowflake gebou aangebied is, bygewoon.
Die dag het bestaan uit verskeie praktiese fotografiestasies. By elke stasie is hulle deur ’n fotografiekenner op die betrokke gebied bygestaan met professionele raad, leiding en praktiese wenke.

Die fotografiestasies se kundiges het ingesluit:
Natural Light Portraiture: Martin Dudley
Natural Light in Alley: Frans van der Schyff
Studio Portraiture: Laetitia Kenny
Still Life Photography: Monique van Rooyen
Car Studio Set-up: Saudiq Davids

Dit was ’n waardevolle en inspirerende dag waartydens ons jong fotograwe die geleentheid gehad het om by ervare professionele fotograwe te leer en hul liefde vir fotografie verder te ontwikkel.

27/09/2026

🐻Inskrywings vir 2027 is OOP!
Skryf betyds in om teleurstelling te vermy en maak seker van jou plek by die Wessie-familie!

👇Volg die skakel vir inskrywing:
https://wesvalia.co.za/ons-skool/

🐻Ons sê baie geluk aan Johanco Nel, wat gekies is om die AVS 0/16-Presidentspan te verteenwoordig tydens hul rugbytoer n...
26/09/2026

🐻Ons sê baie geluk aan Johanco Nel, wat gekies is om die AVS 0/16-Presidentspan te verteenwoordig tydens hul rugbytoer na Namibië.

Johanco klim vandag op die vliegtuig, op pad na die “ou Suidwes”, waar hy die geleentheid kry om sy rugbytalent op ’n internasionale verhoog te vertoon.

Geniet elke oomblik, maak herinneringe en wees

25/09/2026

🐻Daar kom ’n oomblik waar ’n mens besef, die jare het verbygevlieg. Van die eerste skooldag tot vandag, vol lag, vriendskappe, uitdagings, oorwinnings en herinneringe wat vir altyd deel van julle storie sal wees.

Matrieks van 2026...
Geniet die glanslig...vanaand is vir jou.

🐻Ons verwelkom vir mnr. P. Coetzee by die Wessie-familie...ons gaan die toekoms in!
24/09/2026

🐻Ons verwelkom vir mnr. P. Coetzee by die Wessie-familie...ons gaan die toekoms in!

🐻Ons sê baie sterkte aan al die Wessie-skuts wat Wesvalia die vakansie gaan verteenwoordig tydens die Nasionale Boogskie...
23/09/2026

🐻Ons sê baie sterkte aan al die Wessie-skuts wat Wesvalia die vakansie gaan verteenwoordig tydens die Nasionale Boogskiet Kampioenskappe in Jeffreys Baai. Jul harde werk en deursettingsvermoë het jul tot die oomblik gelei. Geniet dit, bou herinneringe en wys hulle hoe lyk

Address

H/v Readman-en Scottstraat
Klerksdorp
2571

Opening Hours

Monday 07:15 - 13:45
Tuesday 07:15 - 13:45
Wednesday 07:15 - 13:45
Thursday 07:15 - 13:45
Friday 07:15 - 13:45

Telephone

+27184681023

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hoërskool Wesvalia posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category