Laerskool Saamtrek

Laerskool Saamtrek Official Page Ons trotse skool is die oudste skool in die noordelike voorstede van Klerksdorp, en is sedert 1954 in gebruik.

Oor bykans vyf dekades heen het hierdie skool gegroei en naam op velerlei terreine gemaak om vandag een van die bekendste skole in die Noordwesstreek te wees. Ons leef ons leuse: “Werk en Glo”, in volle harmonie met leerders, ouers en onderwysers ten volle uit. Hier is ons doel om jou die bes moontlike grondslag vir jou toekoms te bied.

Op 19 September het Rosalin Coetzer & Emily Lenfern de La Motte aan die Vaal Triangle Festival of Performing Arts deelge...
30/09/2026

Op 19 September het Rosalin Coetzer & Emily Lenfern de La Motte aan die Vaal Triangle Festival of Performing Arts deelgeneem.

Hulle het met hul groepdans “Fairy Sparkle” ’n pragtige Goue toekenning ontvang!

Baie geluk, Rosalin en Emily! 🌟
Ons is ongelooflik trots op julle en julle harde werk!

FIETSRYSaamtrek se gemengde-span behaal ’n 3de plek!Ons Meisiesspan eindig in ’n fantastiese 4de plek! Uit 30 van die to...
30/09/2026

FIETSRY
Saamtrek se gemengde-span behaal ’n 3de plek!

Ons Meisiesspan eindig in ’n fantastiese 4de plek!
Uit 30 van die top skole in die land eindig Saamtrek 6de algeheel!

En dan ons individuele kampioene:
🥇 Miané Kruger – SA Kampioen in Dogters o/11 Nippers!

Elijah Horn – ’n Uitstekende 5de plek vir Saamtrek en 9de plek in Suid-Afrika in Seuns o/9 Nippers!

Ons is ongelooflik trots op elke Samie wat deelgeneem het en ons skool met soveel trots verteenwoordig het!

Na 5 dae van harde werk, toewyding en ongelooflike selfvertroue is Isabella van der Westhuizen gekroon as die nuwe Inter...
27/09/2026

Na 5 dae van harde werk, toewyding en ongelooflike selfvertroue is Isabella van der Westhuizen gekroon as die nuwe International Miss South Africa by Vodaworld!

Isabella het in die volgende afdelings deelgeneem:
✨ Miss Green
✨ Runway
✨ Fitness
✨ Onstage Introduction
✨ Interviews
✨ Onstage Question
✨ Fun Fashion
✨ Ballgown

En nou wag daar ’n ongelooflike geleentheid voor haar — ’n volledig betaalde reis na Colorado, VSA, waar sy Suid-Afrika internasionaal gaan verteenwoordig!

Isabella, ons is ongelooflik trots op jou!
Jou harde werk, deursettingsvermoë en geloof in jouself het jou tot hier gebring. Dra jou kroon met trots en gaan wys vir die wêreld wat ’n Suid-Afrikaanse meisie kan doen!

Baie geluk, liewe Kaitlin! Baie dankie vir alles wat u vir ons Samies beteken – veral vir ons Graad 6’s en die Afrikaans...
25/09/2026

Baie geluk, liewe Kaitlin!

Baie dankie vir alles wat u vir ons Samies beteken – veral vir ons Graad 6’s en die Afrikaanse Departement.

U liefde, toewyding en harde werk word opreg waardeer. Ons is ongelooflik dankbaar om u deel van ons Samie-familie te hê!

Mag u verjaarsdag vir u net soveel vreugde bring as wat u elke dag vir ander bring.

23/09/2026

Geniet julle vakansie, Samies!
Rus lekker, geniet die tyd saam met julle geliefdes en laai julle batterye behoorlik. Kom terug uitgerus, verfris en reg vir die 4de kwartaal!

FIETSRYOns is ongelooflik trots op ons 17 Samies wat gekwalifiseer het om aan die SCSA Nasionale Eindronde 2026 byPaul R...
23/09/2026

FIETSRY
Ons is ongelooflik trots op ons 17 Samies wat gekwalifiseer het om aan die SCSA Nasionale Eindronde 2026 byPaul Roos Gimnasium, Stellenbosch van 27 – 29 September 2026 deel te neem.

Die Nasionale Eindronde is ’n uitnodigingsgeleentheid vir kwalifiserende skole wat gedurende die seisoen aan provinsiale of streekskwalifiserende byeenkomste deelgeneem en gekwalifiseer het.

Dit is die hoogtepunt van ’n seisoen van harde werk, toewyding, deursettingsvermoë en ’n passie vir fietsry!

Ons 17 Samies wat gaan deelneem:

Evan Kruger
George van Dyk
Japie Coetzer
David du Plessis
Travis Levey
Hanru J. van Rensburg
Christiaan Botha
Eli Nel
Rosalin Coetzer
Leandi Carelzen
Zanika Campbell
Miané Kruger
Bianca Crots
Johannes du Plessis
Bryan King
Elijah Horn
Righardt Henning

Baie sterkte aan elkeen van ons Samies!
Ons staan agter julle en glo in julle! Ry sterk, ry trots en geniet elke oomblik!

Ons is SO trots op julle!

23/09/2026

Address

H/v Ivor En Michaelstraat, Wilkoppies
Klerksdorp
2571

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Laerskool Saamtrek posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Laerskool Saamtrek:

Shortcuts

Share