Kabouter Kollege Kleuterskool Klerksdorp

Kabouter Kollege Kleuterskool Klerksdorp

Share

Kleuterskool in Klerksdorp. Gekwalilfiseerde personeel wat fokus op ontwikkeling van kleuters in di

04/08/2026

Nuut by Kabouter
Kollege
Slim met Musiek program word indiwidueel vir elke peuter (1-2jaar) aangebied.

14/07/2026

Liewe Kabouter Kollege Familie en Gemeenskap πŸ’œ

Ons het julle hulp nodig! 🌈

Ons is besig om 'n veilige en prettige speelterrein vir ons 1–2-jariges te skep. Indien jy dalk buitespeeltoerusting het wat jou kind ontgroei het en nie meer gebruik word nie, sal ons dit graag 'n nuwe tuiste gee.

Ons is bereid om geskikte toerusting aan te koop, maar skenkings is ook baie welkom! πŸ’›
Elke glyplank, speelhuisie, wipplank of ander speeltoerusting help ons om 'n wonderlike speelplek vir ons klein Kabouters te bou waar hulle veilig kan speel, ontdek en groei.

πŸ“ž Vir navrae of om iets aan te bied, kontak Susan Douglas by 084 516 7661.

Baie dankie aan elkeen wat saam met ons in ons kinders se toekoms belΓͺ. Julle ondersteuning beteken vir ons wΓͺreld! πŸ’š

πŸ’œπŸŒΌ

24/06/2026

Goeie nuus vir ouers! 🌟

By Kabouter Kollege glo ons dat elke groot droom met 'n klein begin begin. πŸ’šπŸ’œ Ons verwelkom nou maats vanaf 1 jaar oud in 'n veilige, liefdevolle en stimulerende omgewing waar kinders kan leer, groei en speel.

✨ Vakansies is oop!
✨ Liefdevolle versorging
✨ Pret-gebaseerde leer
✨ Veilige en gelukkige omgewing

Gee jou kleinding die beste begin vir 'n blink toekoms! 🌈

πŸ“ 154 Readman Straat, Wilkoppies, Klerksdorp
πŸ“ž Susan Douglas – 084 516 7661

πŸ’šπŸ’œπŸŒŸ

21/06/2026

Gelukkige Vadersdag! πŸ’™

Gelukkige Vadersdag aan elke liewe pappa in elke klein maatjie se lewe. Dankie vir die rotsvaste fondasie en voorbeeld wat jy elke dag stel. Dankie dat jy altyd daar is om te help, te beskerm, dinge reg te maak en jou gesin met liefde te lei.

Dankie vir elke opoffering wat niemand sien nie, vir elke lang dag se harde werk, vir elke drukkie, raad en gebed. Dankie dat jy soveel meer as net 'n jagter en voorsiener is – jy is 'n held, 'n leermeester, 'n beskermer en 'n veilige hawe vir jou kinders. Jou liefde, geduld en geloof maak 'n verskil wat vir altyd in hul harte sal leef.

"Die regverdige lewe met integriteit; gelukkig is sy kinders nΓ‘ hom."
β€” Spreuke 20:7
Mag die Here jou ryklik seΓ«n, jou krag gee vir elke nuwe dag en jou beloon vir die liefde waarmee jy jou gesin dien.

Met liefde ❀️
Kabouter Kollege

Photos from Kabouter Kollege Kleuterskool Klerksdorp's post 10/05/2026

Gelukkige Moedersdag aan elke liewe kabouter-mamma! πŸ’

Mamma se hande hou ons vas,
Mamma se liefde pas net reg soos ’n jas.
Met drukkies sag en glimlag so mooi,
Maak Mamma elke dag vir ons ’n fees vol vreugde en mooi. πŸŒΈπŸ’•

Dankie vir al die liefde, geduld en omgee wat julle elke dag gee.
’n Mamma is spesiaal omdat sy met haar hart liefhet en elke klein kind laat voel hulle is kosbaar. ✨

β€œHaar kinders staan op en noem haar gelukkig.”
Spreuke 31:28 πŸ“–

24/04/2026
24/04/2026

Vandag het ons maatjies alles geleer oor vrugte πŸŽπŸŒπŸ‡
Ons het gesels oor die verskillende soorte vrugte wat daar is en hoe gesond dit vir ons lyfies is. Die lekkerste deel was toe ons self bietjie kon proe en ontdek hoe elke vrug smaak!

Hier by Kabouter Kollege Kleuterskool Klerksdorp leer ons met plesier… en eet sommer ook lekker πŸ“βœ¨

Want your school to be the top-listed School/college in Klerksdorp?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Telephone

Address


154 Readmanstreet
Klerksdorp
2571

Opening Hours

Monday 07:15 - 13:00
Tuesday 07:15 - 13:00
Wednesday 07:15 - 13:00
Thursday 07:15 - 13:00
Friday 07:15 - 13:00