OaseKidz Kleuterskool

OaseKidz Kleuterskool Oase kidz kleuterskool streef daarna om jou kind te ondersteun om hul volle potensiaal te bereik.

Ons bied persoonlike aandag en voorsien elke kind met soveel hulp en leiding as moontlik om hul vaardighede en ontwikkeling te bevorder.

By Oase Kids gee ons so baie om vir ons juffrouens, dat ons die hele week Onderwysersdag vier en nie net op een dag nie....
08/10/2026

By Oase Kids gee ons so baie om vir ons juffrouens, dat ons die hele week Onderwysersdag vier en nie net op een dag nie.

3. Kleinighede wat groot verskil maak

Skoenveters vasgemaak, trane afgevee, kunswerke teen die muur gehang. Die klein dinge is eintlik die groot dinge. Ons waardeer julle!

By Oase Kids gee ons so baie om vir ons juffrouens, dat ons die hele week Onderwysersdag vier en nie net op een dag nie....
07/10/2026

By Oase Kids gee ons so baie om vir ons juffrouens, dat ons die hele week Onderwysersdag vier en nie net op een dag nie.

2. Die hart agter die klaskamer en die lekker eet

Hulle sien nie net 'n klas nie, hulle sien elke kind. Dankie vir die geduld, die omgee en die ekstra drukkie wanneer dit nodig is. Dankie vir die uitstekende kos en die vul van die honger magies. Daar word gereeld iets ekstra gekook, want die omgee is so groot!

By OaseKidz gee ons so baie om vir ons juffrouens, dat ons die hele week Onderwysersdag vier en nie net op een dag nie.1...
06/10/2026

By OaseKidz gee ons so baie om vir ons juffrouens, dat ons die hele week Onderwysersdag vier en nie net op een dag nie.

1. Dankie!

Dit begin met 'n glimlag. Elke oggend maak hierdie juffrouens ons kleintjies veilig, geliefd en gereed om te leer. Dankie dat julle so getrou is.

05/10/2026

'n Boodskap uit my hart.

Liewe OaseKidz-juffrouens

Vandag sê EK net DANKIE.

D A N K I E. dat julle elke dag opdaag, julle beste gee en met soveel liefde in ons kinders se lewens belê.

D A N K I E vir elke drukkie, elke geduldige oomblik, elke glimlag en elke keer wat julle ’n klein hartjie laat voel:

“Ek is veilig. Ek behoort. Ek kan.”

Daar is maklike dae en daar is moeilike dae, maar saam met julle sal ek enige tyd enige iets aanpak.

Want ons is meer as net kollegas —
ONS is ’n S P A N.

Ons dra mekaar, ondersteun mekaar en vier saam die klein én groot oorwinnings.

D A N K I E dat julle help om van OaseKidz ’n plek te maak waar kinders kan:

G R O E I, S P E E L , L E E R
en
weet dat hulle U N I E K geskape is.

Ek is ongelooflik dankbaar vir elkeen van julle.

Gelukkige Onderwysersdag!

Elsje

Ons kleintjies het ook die vakansie hul ontdekkershoede opgesit en die natuur gaan verken! Ons het rondgestap en mooi ge...
04/10/2026

Ons kleintjies het ook die vakansie hul ontdekkershoede opgesit en die natuur gaan verken!

Ons het rondgestap en mooi gekyk vir blare, takkies en ander skatte uit die natuur. Daarna het ons ons verbeelding gebruik en met die blare ons eie blaarmannetjies gemaak.

Van stap en soek tot skep en ontdek – elke dag is ’n avontuur by OaseKidz!

Daar is iets spesiaals aan 'n kleuterkonsert. Ons kleintjies het hul hartjies uitgedans op die verhoog. Party het hul da...
01/10/2026

Daar is iets spesiaals aan 'n kleuterkonsert.

Ons kleintjies het hul hartjies uitgedans op die verhoog. Party het hul dansstappies bietjie anders gedoen, ander het gevries, maar almal het die aand onvergeetlik gemaak.

Baie dankie aan elke ouer, onderwyser en helper wat saam met ons hierdie aand moontlik gemaak het. Julle is werklik die beste!

VAKANSIEPRET BY OaseKidz! Ons vakansieprogram is in volle swang en ons maatjies geniet elke oomblik! Dag 1 was propvol k...
30/09/2026

VAKANSIEPRET BY OaseKidz!

Ons vakansieprogram is in volle swang en ons maatjies geniet elke oomblik!

Dag 1 was propvol kleur, musiek en kreatiwiteit! Ons het gedans met kleurvolle linte en groot groep- teken prente gemaak.

Dag 2 het ons op safari gegaan! Die maatjies het dieremaskers gemaak, gesiggies laat verf en heerlik gespeel met hand- en modderaktiwiteite.

Speel, ontdek, skep, vuil word en lag – dis presies waarvoor vakansiepret by OaseKidz bedoel is!

Daardie glimlaggies sê alles… ons vakansie is 'n reuse sukses!

Erfenisdag by OaseKidz! 🇿🇦💃Kleurvolle drag ✔️ Heerlike kos ✔️ Baie glimlagte ✔️Ons is trots op wie ons is!
23/09/2026

Erfenisdag by OaseKidz! 🇿🇦💃
Kleurvolle drag ✔️ Heerlike kos ✔️ Baie glimlagte ✔️
Ons is trots op wie ons is!

Pretville was 'n treffer! Wat 'n heerlike week was dit by OaseKidz Kleuterskool! Ons het hierdie week saam Pretville tot...
20/09/2026

Pretville was 'n treffer!

Wat 'n heerlike week was dit by OaseKidz Kleuterskool! Ons het hierdie week saam Pretville tot lewe gebring — met sing, dans en soveel lag.

Elke klein stemmetjie, elke danspassie, elke oefening wat soms nie heeltemal reg uitgekom het nie (maar steeds pragtig was) — dit was alles die moeite werd.

'n Groot DANKIE aan:
- Elke kosbare kleuter wat so hard geoefen het en op die dag met soveel selfvertroue gestraal het
- Ons wonderlike juffrouens vir al die geduld, kreatiwiteit en ure se harde werk agter die skerms
- Elke ouer, ouma, oupa, tannie, oom en vriend wat opgedaag het om te kom kyk en te ondersteun — julle teenwoordigheid beteken vir ons kindertjies (en vir ons!) die wêreld

Pretville was net so spesiaal omdat julle almal deel daarvan was.

Address

2 Margaretha Prinsloo Street
Klerksdorp
2571

Opening Hours

Monday 07:30 - 17:00
Tuesday 07:30 - 17:00
Wednesday 07:30 - 17:00
Thursday 07:30 - 17:00
Friday 07:30 - 17:00

Telephone

+27609545277

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when OaseKidz Kleuterskool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to OaseKidz Kleuterskool:

Share

Category