16/02/2024
Baie dankie vir amal wat gehelp het om weer n verskil te kon maak in ons skool kinders se lewe, al was dit n verwysing of n share of net n gebed van hoop, dit het baie gehelp!
Ongelukkig het ons na 8 jaar besluit om die projek vaarwel te roep. In die 8 jaar kon ons meer as 500 kinders in nood bereik, en sonder julle hulp sou dit nie moontlik gewees het nie. Ongelukkig kon ons uit 240 kinders slegs 30 kinders gehelp het...
N baie groot en spesiale dank aan Office World Klerksdorp wat elke jaar getrou vir ons die kwitasies gedoen het en gesorg het dat elke kind se pakkie sorgvuldig gepak kon word.
Baie dankie aan CRUX Transport Andries wat elke jaar gesorg het dat ons die pakkies na die skole kon vat.
Baie dankie aan my man Andries Fourie wat gehelp het met die admin en tot laat aande gesit en gehelp pak het.
Bewys van aankope is beskikbaar indien iemand dit wil besigtig.