Hoërskool Kirkwood- Amptelike blad

Hoërskool Kirkwood- Amptelike blad Die Offisiële Blad van Hoërskool Kirkwood. 100 Jaar van Uitnemendheid: Die Hoërskool Kirkwood staan as rots en steunpilaar in die pragtige Sondagsriviervallei.

10/09/2026
Liam Terblanche, Miah Knoesen, MJ Terblanche, Johan Nel en Joeke Tolmay het op 5 September aan die EPA 1 atletiekbyeenko...
08/09/2026

Liam Terblanche, Miah Knoesen, MJ Terblanche, Johan Nel en Joeke Tolmay het op 5 September aan die EPA 1 atletiekbyeenkoms by die Westbourne Oval in Gqeberha deelgeneem.

Liam Terblanche (0/13) is 5de in die gewigstoot.
Miah Knoesen (0/13) is 2de in die 1500m, 2de in spiesgooi en 5de in die 800m.
Joeke Tolmay (0/11) is 4de in die 80m en 5de in die 100m.
Mjay Terblanche (0/11) is 10de in die 80m en 6de in die 100m.
Johan Nel (0/7) is 1ste in die 60m en 1ste in die 80m.

Hoërskool Kirkwood wil graag vir Toyota Material Handling bedank vir die borg van al ons Hoërskool en Laerskool sportspa...
02/09/2026

Hoërskool Kirkwood wil graag vir Toyota Material Handling bedank vir die borg van al ons Hoërskool en Laerskool sportspanne se kleredrag in 2026. Die spanne het hierdie jaar baie mooi gelyk en ook goed presteer op die sportvelde. Ons sien uit om die pad vorentoe saam met julle te stap as die hoofborg van Hoërskool Kirkwood.

Lukas Jürgens, Neranzé Nel, Miah Knoesen en Stewart Knoesen het vanaf 28 -30 Augustus aan die Oos-Kaap Mini NMB tennisto...
31/08/2026

Lukas Jürgens, Neranzé Nel, Miah Knoesen en Stewart Knoesen het vanaf 28 -30 Augustus aan die Oos-Kaap Mini NMB tennistoernooi in Port Elizabeth deelgeneem. Baie geluk aan die tennisspelers vir hul deelname en prestasies.

*Lukas was 5de in die mans enkels afdeling.
*Neranzé was 5de in die enkels dogters 0/14 en 1ste in die dubbels 0/14.
*Miah het die enkels dogters 0/12 gewen.

Die 0/10-hokkiespan het aan Union High se hokkiefees deelgeneem.  Kirkwood het al drie wedstryde verloor teen Volkskool,...
31/08/2026

Die 0/10-hokkiespan het aan Union High se hokkiefees deelgeneem. Kirkwood het al drie wedstryde verloor teen Volkskool, Union en Collegiate. Ons is egter baie trots op die span! Dit is 'n nuwe sport wat dié jaar vir die laerskool aangebied word. Ons weet julle gaan as 'n span nog baie groei!

Op Saterdag 29 Augustus het die Bulletjies en Blommetjies van Hoërskool Kirkwood aan die Mount Pleasant Bulletjies en Bl...
31/08/2026

Op Saterdag 29 Augustus het die Bulletjies en Blommetjies van Hoërskool Kirkwood aan die Mount Pleasant Bulletjies en Blommetjies Fees, deelgeneem. Die spanne het baie goed gevaar en dit baie geniet!

Die Oranje- en Groenspanne van die laerskool het op Donderdag, 27 Augustus teen mekaar gespeel.  Oranje het 3 wedstryde ...
28/08/2026

Die Oranje- en Groenspanne van die laerskool het op Donderdag, 27 Augustus teen mekaar gespeel. Oranje het 3 wedstryde gewen. Die Groenspan het 2 gewen en 1 is gelykop gespeel.

0/7 Gelykop
0/8 Oranje wen 3-2
0/9 Oranje wen 5-0
0/10 Groen wen 12-11
0/11 Oranje wen 9-2
0/12 & 0/13 Groen wen 11-6

26/08/2026

Hoërskool Kirkwood het as deel van 'n fondsinsamelings projek, kaartjies verkoop aan die publiek. Die drie wenners is vandag op 26 Augustus deur Mnr. Alewyn Vorster (skoolhoof) getrek.

1ste Magna van Heerden
Prys: 'n Koedoe
2de Nomvuyelelo Ndoni
Prys: 'n Lam
3de Francilene Adams
Prys: 'n Rooibok

Hoërskool Kirkwood se VRL & Matriekraad 2027!Baie geluk aan al die leerders wat aangewys is as deel van die VRL en Matri...
26/08/2026

Hoërskool Kirkwood se VRL & Matriekraad 2027!

Baie geluk aan al die leerders wat aangewys is as deel van die VRL en Matriekraad van 2027.

Ons sien uit na ’n jaar vol leierskap, groei, verantwoordelikheid en nuwe hoogtes. Mag julle met trots, integriteit en entoesiasme leiding neem en ’n positiewe verskil maak by Hoërskool Kirkwood. Baie geluk, 2027-leiers! Julle is reg vir die uitdaging!

Hoofleiers sal by die prysuitdeling aangekondig word.

Address

Whytesweg
Kirkwood
6120

Telephone

+27422300339

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hoërskool Kirkwood- Amptelike blad posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category