Hoërskool Diamantveld

Hoërskool Diamantveld Amptelike blad van Hoërskool Diamantveld Die nuwe hoërskool het geopen met 51 leerlinge in st. 7 en st. 8 en vier personeellede.

Op 28 Januarie 1935 kom daar in Kimberley 'n skool tot stand om vir Afrikaanssprekende leerders 'n tuiste te bied waar hul onbeskaamd hul kultuur kan uitleef en akademiese onderrig, geskoei aan 'n Christelike karakter en etos, in hul moedertaal kan ontvang. Gedurende die eerste jaar van sy bestaan was die skool bekend as die Afrikaansmedium Hoërskool van Kimberley. Die volgende jaar is die naam verander na Diamantveld-Hoërskool, 'n streeknaam, en nie die verheerliking van een of ander persoon nie. Die skool het vir baie jare as Diamantveld-Hoërskool (DHS) bekend gestaan, maar die naam is later na die taalkundig korrekte skryfvorm, Hoërskool Diamantveld, verander. Die Afrikaansmedium Hoërskool het op die boonste verdieping van die ou koshuis van die oorspronklike Kimberleyse Onderwysers Opleidingskollege (Kimberley Teachers' Training College) begin en is geleidelik vergroot. Teen 1970 groei die leerdertal tot nagenoeg 600 leerlinge en in 2010, 75 jaar na die stigting, spog Diamantveld met 720 leerders en 34 onderwysers. Van 'n eenvoudige begin het Hoërskool Diamantveld in een van die belangrikste Hoërskole in die ou Kaapprovinsie en huidige Noord-Kaap ontwikkel wat op elke gebied, hetsy sport, akademies of kultureel, 'n belangrike bydrae lewer. Die talle oud-skoliere wat betekenisvolle bydraes in samelewings regoor die wêreld lewer, is lewende getuies van die skool se leuse: A POSSE AD ESSE. Van 'n Moontlikheid tot 'n Werklikheid. Sedert die ontstaan van die skool word alle leerlinge wat hul tuis voel in die kultuur en taal, hier by Diamantveld verwelkom - sonder aansiens des persoons. Ons voeder-areas lewer nog altyd leerlinge oor die hele sosiale spektrum - almal is ewe welkom. Só leer ons leerlinge ook om mense wat van hul verskil te respekteer vir die mense wat hul is. Die volgende waardes is by Diamantveld ononderhandelbaar:

* Dissipline
* Gehalte akademiese onderrig
* Gesonde klem op sportdeelname
* Liefde vir eie kultuur
* Diamantveld - een groot huisgesin

Social Media
Instagram: https://www.instagram.com/hoerskooldiamantveld/

29/09/2026

🔥 THE GRIND DOESN’T TAKE A HOLIDAY. 🔥

Die Diamond Grind is net meer as ’n maand weg. 💎

Elke kilometer.
Elke rep.
Elke sweetdruppel.

Wat jy hierdie vakansie insit, gaan wys wanneer dit tyd is om die Diamond Grind aan te pak.

Inskrywings is oop: https://entries.chiptimer.co.za/dia/

TRAIN HARD. STAY READY. EMBRACE THE GRIND. 💪🔥

🏏 DIAMANTVELD KLOP MARAIS VILJOEN! 💎Ons 1ste XI het nóg ’n goeie oorwinning tydens die Jansenweek in Potchefstroom behaa...
28/09/2026

🏏 DIAMANTVELD KLOP MARAIS VILJOEN! 💎

Ons 1ste XI het nóg ’n goeie oorwinning tydens die Jansenweek in Potchefstroom behaal!

Diamantveld teken 162/8 in hul 20 boulbeurte aan, waarna Marais Viljoen vir 130 lopies uitgeboul word.

⭐ Francois Holtzhausen: 51 (31)
👏 Cobus Fourie: 47 (35)
🔥 Hanru Rademeyer: 4/19

Diamantveld wen met 32 lopies! 💙💛

Baie geluk, manne! 🏏💎


🏏💯 MICHAEL MAAK DIT ’N HONDERD!’n Puik onoorwonne honderdtal deur Michael Nieuwoudt het die grondslag gelê vir Diamantve...
27/09/2026

🏏💯 MICHAEL MAAK DIT ’N HONDERD!

’n Puik onoorwonne honderdtal deur Michael Nieuwoudt het die grondslag gelê vir Diamantveld se 30-lopie oorwinning oor Helpmekaar Kollege tydens die Jansenweek in Potchefstroom! 💎

Michael het ’n uitstekende 105 van 148 b***e* aangeteken, terwyl Cobus Fourie 79 van 96 b***e bygedra het.

Diamantveld het 258/6 in hul 50 boulbeurte opgestapel, waarna die boulers Helpmekaar vir 228 uitgeboul het.

Ruben Viljoen het met die bal uitgeblink met 3/38.

DIAMANTVELD WEN MET 30 LOPIES!

Baie geluk, manne — en ’n besondere gelukwensing aan Michael met ’n skitterende honderdtal! 💯


🏏 1STE KRIEKETSPAN VS HELPMEKAAR KOLLEGEBaie sterkte aan ons 1ste krieketspan wat vandag teen Helpmekaar Kollege te staa...
26/09/2026

🏏 1STE KRIEKETSPAN VS HELPMEKAAR KOLLEGE

Baie sterkte aan ons 1ste krieketspan wat vandag teen Helpmekaar Kollege te staan kom tydens die Jansenweek in Potchefstroom.

🏏 Diamantveld kolf eerste!

Sterkte, manne! Ons staan bankvas agter julle!


🏏 DIAMANTVELD KLOP WESTVILLE BOYS’ HIGH! 💎Ons 1ste XI het tydens die Jansenweek in Potchefstroom ’n uitstekende oorwinni...
26/09/2026

🏏 DIAMANTVELD KLOP WESTVILLE BOYS’ HIGH! 💎

Ons 1ste XI het tydens die Jansenweek in Potchefstroom ’n uitstekende oorwinning van 66 lopies oor Westville Boys’ High se o/17-span behaal!

Diamantveld het 196 aangeteken, waarna Westville vir 130 uitgeboul is.

⭐ Uitblinkers:
🏏 Michael Nieuwoudt – 75 (112)*
🏏 Hanru Rademeyer – 34 (23)
🏏Francois Holtzhausen – 4/21
🏏 Cobus Fourie – 2/20

Baie geluk, manne!
A Posse Ad Esse! 💎


🇪🇬 EGIPTE WINK VIR MELAY! 🇿🇦Baie sterkte aan Melay Pretorius wat gedurende die vakansie aan die All Africa Kampioenskapp...
23/09/2026

🇪🇬 EGIPTE WINK VIR MELAY! 🇿🇦

Baie sterkte aan Melay Pretorius wat gedurende die vakansie aan die All Africa Kampioenskappe in Egipte gaan deelneem!

Na afloop van die Kampioenskappe gaan Melay ook aan die wêreldkampioenskappe van 5 - 13 Oktober deelneem wat ook in Egipte plaasvind.

Melay, ons is ongelooflik trots op jou en wens jou alle voorspoed toe. Geniet elke oomblik en gee jou beste!

Die hele Diamantveld-familie staan bankvas agter jou!


22/09/2026
VAKATURE 2027
22/09/2026

VAKATURE 2027

21/09/2026

🔥 DIE DESEMBER-LYFIE WORD NOU GEBOU! 🌊

Daai strandlyfie gaan homself nie regkry nie… 👀

Die Diamond Grind 2026 gee jou die perfekte teiken om voor Desember fiks, sterk en reg vir die vakansie te wees! 💪💎

Hardloop. Stoot. Dra. Sweet. GRIND. 🔥
Elke oefensessie van nou af tel.

📅 Diamond Grind 2026
📍 Hoërskool Diamantveld
⏳ Registrasie is oop!

Klik hier om te registreer: https://entries.chiptimer.co.za/dia/

Jou Desember-lyfie het ’n deadline. 😉

Address

Voortrekkerstraat 2
Kimberley
8301

Opening Hours

Monday 07:00 - 15:00
Tuesday 07:00 - 15:00
Wednesday 07:00 - 15:00
Thursday 07:00 - 15:00
Friday 07:00 - 15:00

Telephone

+27538331528

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hoërskool Diamantveld posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Hoërskool Diamantveld:

Shortcuts

Share

Category