Kleinkind

Kleinkind Kleinkind ontwikkelingsentrum is 'n christelike voorskool sentrum vir ouderdom 3 maande tot Graad R.

Kleinkind Ontwikkelingsentrum is 'n Christelike gedrewe voorskool sentrum vir kinders van 3 maande tot 4jr en Nasorg vir Graad RR, met vriendelike opgeleide personeel en 'n warm liefdevolle en netjies omgewing.

Onthou asseblief om alles te merk!πŸ˜‚πŸ˜‚ AS OUERS ’N GOEIE SIN VIR HUMOR HET!Mija is sommer gemerk vir haar 1ste dag op skoo...
01/10/2026

Onthou asseblief om alles te merk!πŸ˜‚πŸ˜‚

AS OUERS ’N GOEIE SIN VIR HUMOR HET!

Mija is sommer gemerk vir haar 1ste dag op skool! πŸ˜‚βœοΈ
Ek dink haar ousus se naam is net tΓ© lank… anders was sy seker ook gemerk toe sy nog by Kleinkind was! 🀣🀣
Ons kan darem nie help om te wonder nie… is dit nou ’n nuwe skooltradisie of ’n Kleinkind-tradisie wat saamgaan? πŸ˜‚
Kleinkind : waar ouers net so lekker saam met ons kinders deelneem aan die pret! β€οΈπŸ˜‚

Ons ❀️ ons Kleinkind-ouers!

30/09/2026

🎈🎨 BALONNE + VERF + ROL PAPIER + KINDERS = ’N RESEP VIR CHAOS… EN BAIE PRET! πŸ˜‚πŸ₯³

Vandag het ons verf nie net op papier gesit nie… ons het dit gespat, gerol, gedruk en gespeel! πŸ€ͺ🎨

Klein handjies het groot kuns gemaak, balonne het rondgespring en die laggies het sommer vanself gekom! 🎈🀣

Want by Kleinkind glo ons:
As daar verf is… gaan daar pret wees! 😜❀️

πŸ–ŒοΈ Kreatief βœ”οΈ
🎈 Pret βœ”οΈ
πŸ˜‚ Gelag βœ”οΈ
❀️ Herinneringe βœ”οΈ

Kleinkind = waar klein mensies groot pret het! 🌈✨

23/09/2026

πŸŽ‰ KWARTAAL 3 IS KLAAR! πŸŽ‰

En wat ’n heerlike manier om die kwartaal af te sluit! πŸ₯³πŸŒˆ

Vandag was ’n dag vol pret, laggies en spesiale oomblikke by Kleinkind Ontwikkelingsentrum. πŸ’›πŸ§Έ

Ons klein maatjies het die kwartaal afgesluit met groot glimlagte, baie speel en sommer net lekker Kleinkind-pret! 😍🎈

Dankie aan ons wonderlike personeel vir al die liefde, geduld en harde werk deur die kwartaal. ❀️ En aan ons ouers – dankie vir julle vertroue en ondersteuning!

Nou is dit tyd vir ons Vakansieprogram 🌸

Kleinkind – ’n Veilige, liefdevolle plek waar klein hartjies groei. πŸ’•πŸŒ±

ONS STAAN SAAM MET DIE GRIEKWAS! πŸ‰Kleinkind Ontwikkelingsentrum wens die Griquas Rugby - G.W.R.U.  alle sterkte en voors...
12/09/2026

ONS STAAN SAAM MET DIE GRIEKWAS! πŸ‰

Kleinkind Ontwikkelingsentrum wens die Griquas Rugby - G.W.R.U. alle sterkte en voorspoed toe! 🌟
Ons glo in julle, ons staan agter julle en ons weet julle gaan alles op die veld gee! πŸ’ͺπŸ”₯
JULLE KAN DIT DOEN!
Speel met hart ❀️
Speel met trots πŸ’™
Speel vir die oorwinning! πŸ†
Van al die maatjies, personeel en ouers van
Kleinkind Ontwikkelingsentrum
πŸ’™ GO GRIEKWAS! πŸ’™

βœˆοΈπŸ˜‚ Wanneer Airlink besluit om sommer by Kleinkind Ontwikkelingsentrum ook verby te vlieg!Net toe ons dink die dag is ru...
31/08/2026

βœˆοΈπŸ˜‚ Wanneer Airlink besluit om sommer by Kleinkind Ontwikkelingsentrum ook verby te vlieg!

Net toe ons dink die dag is rustig… ZOOM! βœˆοΈπŸ˜…
Ons het darem ’n eersteklas sitplek gehad , reg vanuit Kleinkind se speelterrein! πŸ˜‚β€οΈ

πŸ“Έ Camera 02 het hom gevang!

β€œKleinkind β€” waar klein drome groot hoogtes bereik!” ✈️🌈


:)




’n BAIE GROOT DANKIE AAN ONS BORGE! Kleinkind Ontwikkelingsentrum wil graag uit die diepte van ons harte baie, baie dank...
31/08/2026

’n BAIE GROOT DANKIE AAN ONS BORGE!
Kleinkind Ontwikkelingsentrum wil graag uit die diepte van ons harte baie, baie dankie sΓͺ aan elkeen van ons wonderlike borge wat ’n hand bygesit het om ons Atletiekdag moontlik te maak. πŸƒβ€β™€οΈπŸƒβ€β™‚οΈπŸ…
Sonder julle ondersteuning, bydraes en bereidwilligheid om te help, sou hierdie spesiale dag nie moontlik gewees het nie. πŸ™β€οΈ
Julle het gehelp om vir ons kinders ’n dag vol pret, opwinding, sport, lag en kosbare herinneringe te skep. Ons waardeer elke bydrae, groot of klein, opreg! 🌟
’n Spesiale dankie ook aan Laerskool Staats vir die gebruik van julle geriewe en vir die geleentheid om ons dag daar te kon aanbied. 🏫❀️
Aan elke borg, ondersteuner, ouer, juffie en helper.. DANKIE dat julle saam met ons gestaan het! ❀️
Kleinkind is ongelooflik bevoorreg om sulke wonderlike mense en besighede in ons gemeenskap te hΓͺ. 🌈

Hier is nog ’n paar kosbare oomblikke van ons Kleinkind-atlete, ons oulike deelnemers Γ©n natuurlik ons wenners! πŸ†πŸ₯‡πŸ₯ˆπŸ₯‰Elke...
29/08/2026

Hier is nog ’n paar kosbare oomblikke van ons Kleinkind-atlete, ons oulike deelnemers Γ©n natuurlik ons wenners! πŸ†πŸ₯‡πŸ₯ˆπŸ₯‰
Elke kind wat deelgeneem het, is vir ons ’n wenner! ❀️ Ons is sΓ³ trots op elke klein atleet wat sy/haar beste gegee het, aangemoedig het en die dag met soveel entoesiasme geniet het! πŸ₯ΉπŸ‘
Kyk net daai glimlaggies! 😍❀️

29/08/2026

πŸƒβ€β™€οΈπŸƒβ€β™‚οΈ ATLETIEK 2026πŸ…β€οΈπŸ’™

Wat ’n ongelooflike dag! πŸŽ‰πŸ₯³
Baie dankie aan elke kind, ouer, ouma en oupa wat deelgeneem het, gehelp het, aangemoedig het en saam met ons hierdie dag absoluut fantasties gemaak het! πŸ₯°
Dankie dat julle jul tyd, energie en harte gegee het. Dankie vir elke β€œGO GO GO!”, elke glimlag, elke handjie wat gehelp het en elke oomblik van pret. πŸ˜‚
Ons is ongelooflik dankbaar vir elkeen van julle. Kleinkind se atletiekdag sou eenvoudig nie dieselfde gewees het sonder julle nie!
Van klein voetjies wat hul harte uitgehardloop het tot grootmense wat net so lekker saamgespeel het, ons het herinneringe gemaak wat ons nog lank sal koester. πŸ₯Ή
Kleinkind-span, julle het gewys wat gebeur wanneer ons saamstaan! πŸ™Œ
Baie, baie dankie! β€οΈπŸ’™
Atletiek 2026… DONE AND DUSTED! βœ…πŸ†

27/08/2026

Ons babaklas is ’n liefdevolle plekkie vol dansies, glimlaggies en kosbare oomblikke. πŸ₯°πŸ‘Άβ€οΈ

Hier word al daardie eerste keer-oomblikke wat mamma en pappa dalk mis, vasgevang...die eerste treetjies, eerste groot glimlaggies en soveel meer. πŸ₯Ήβœ¨

Want by Kleinkind weet ons: elke klein oomblik is ’n groot herinnering. 🌈❀️

Ons koester elke giggel, elke drukkie en elke nuwe mylpaal. 🫢🏻
Kleinkind Ontwikkelingsentrum waar klein hartjies groei en groot herinneringe begin. πŸ’•


24/08/2026

πŸ₯³πŸ₯³πŸ₯³πŸ₯³πŸ₯³

Address

19 Klisserweg
Kimberley
8301

Opening Hours

Monday 07:00 - 17:00
Tuesday 07:00 - 17:00
Wednesday 07:00 - 17:00
Thursday 07:00 - 17:00
Friday 07:00 - 17:00

Telephone

+27825753636

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Kleinkind posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Kleinkind:

Shortcuts

Share