Laerskool Eureka - Slegs die Beste

Laerskool Eureka - Slegs die Beste Welkom by Laerskool Eureka 1969. Ja, die skool is eers op die 11de September 1971 hernoem na Laerskool Eureka.
(1)

Dit is die jaar toe die eerste twee stene opmekaar gesit is om ‘n begin te maak aan ‘n merkwaardige skool, Laerskool Hadisonpark. Die skool se deure het amptelik geopen in Januarie 1971. Mnr Louis Pienaar was die eerste skoolhoof en het met groot trots die skool geopen met ‘n leerdertal van 186 leerders en 5 onderwysers. In 1972 is 260 leerders ingeskryf by Eureka teen ‘n merkwaardige bedrag van R4.00 per jaar, as skoolfonds. ‘n Absolute hoogtepunt vir hierdie jaar was ons atletiek-byeenkoms, wat op Laerskool Eureka se eie velde aangebied is. Laerskool Eureka bied met trots aan: Die fluitspeler van Hamelin, die naam van die eerste operette wat in 1973 opgevoer is. In hierdie jaar het ons ook met krieket as buitemuurse-aktiwiteit vir ons leerders begin. Na net 3 jaar het ons leerdertal alreeds na 292 leerders gestyg. Daar het dan ook in 1974 groot opgewondemheid by die skool geheers toe ons eerste skoolbus by die skoolhek ingery het. Na 15 jaar van ‘n fantastiese opbou van ons pragtige skool het Mnr Louis Pienaar die leisels aan Mnr Koos Lochner in 1987 oorgegee. Hy het met groot trots voortgebou op die grondslag wat reeds gelê was. Voor ons, ons oë kon uitvee was Laerskool Eureka reeds mondig. In 1991 het ons, ons 21ste verjaardag met ‘n baie suksesvolle en spesiale operette gevier: Gelukland Dit het alles onder leiding van Mnr Hermie van der Merwe gebeur wat die derde skoolhoof van Laerskool Eureka was. Gelukland: Dit was inderdaad waar ons onsself bevind het. Ons leerdertal was toe reeds 529.

‘n Groot hoogtepunt van ons 25ste verjaardag was ons revue wat ons in die Kimberley-teater aangebied het. Na ‘n baie suksesvolle termyn van baie harde werk het Mnr Daan du Toit die stuur by Mnr Hermie van die Merwe oorgeneem. As die vierde skoolhoof van Laerskool Eureka het hy dan ook die eer gehad om op die 30ste Augustus 1997 die skool se splinternuwe klubhuis in te wy. Die jaar 2000 was ook vol opwinding, veral vir die Graad 4’s wat nuwe klasse gekry het en ons tweede optrede in die teater. Met ons leerdertal wat nogsteeds jaarliks gestyg het, het ons in 2006 nog tennis- en netbalbane gebou om vir al ons leerders optimale geleenthede in hulle buitemuurse- aktiwiteite te bied. In die klaskamers het ons lugverkoelers geïnstaleer om op daardie 38 grade Celcius dae, ons kinders se konsentrasie te help behou. Ons het dan ook ons kultuur ‘n hupstoot gegee met ons aanbieding: Afrikaans Rock!
2010 het ons afgeskop met 813 leerders en Mnr Manie Verrynne het dan ook by Mnr Daan du Toit oorgeneem as vyfde skoolhoof.

2011 is Eureka 40 jaar jonk en baie projeket word vir die feesjaar beplan. Mnr Manie Verrynne beoog om saam met sy 45 personeellede, SLEGS DIE BESTE, uit te bring in elke leerder van ons pragtige skool, Laerskool Eureka!

▫️ ONDERWYSERSDAG ▫️Vandag sê ons dankie aan die besondere mense wat elke dag saam met ons kinders leer, groei en droom....
05/10/2026

▫️ ONDERWYSERSDAG ▫️
Vandag sê ons dankie aan die besondere mense wat elke dag saam met ons kinders leer, groei en droom.

🧑🏼‍🏫👩🏻‍🏫
Dankie vir julle geduld, liefde, harde werk en die ekstra myl wat julle elke dag stap. Julle leer nie net uit boeke nie – julle bou selfvertroue, vorm karakter en laat elke kind weet: “Ek kan!”

💛
Ons is ongelooflik dankbaar vir elke onderwyser wat ’n verskil maak in die lewens van ons kinders.

Gelukkige Onderwysersdag!
Julle is goud werd!

🎒 𝐒𝐊𝐎𝐎𝐋 𝐁𝐄𝐆𝐈𝐍 𝐌Ô𝐑𝐄! 🎒𝐃𝐢𝐞 𝐯𝐚𝐤𝐚𝐧𝐬𝐢𝐞 𝐢𝐬 𝐯𝐞𝐫𝐛𝐲 𝐞𝐧 𝐦ô𝐫𝐞 𝐢𝐬 𝐝𝐢𝐭 𝐰𝐞𝐞𝐫 𝐭𝐲𝐝 𝐯𝐢𝐫 𝐦𝐚𝐚𝐭𝐣𝐢𝐞𝐬, 𝐛𝐨𝐞𝐤𝐞, 𝐩𝐫𝐞𝐭 𝐞𝐧 𝐧𝐮𝐰𝐞 𝐚𝐯𝐨𝐧𝐭𝐮𝐫𝐞! 𝐎𝐧𝐬 𝐤𝐚𝐧 𝐧...
05/10/2026

🎒 𝐒𝐊𝐎𝐎𝐋 𝐁𝐄𝐆𝐈𝐍 𝐌Ô𝐑𝐄! 🎒

𝐃𝐢𝐞 𝐯𝐚𝐤𝐚𝐧𝐬𝐢𝐞 𝐢𝐬 𝐯𝐞𝐫𝐛𝐲 𝐞𝐧 𝐦ô𝐫𝐞 𝐢𝐬 𝐝𝐢𝐭 𝐰𝐞𝐞𝐫 𝐭𝐲𝐝 𝐯𝐢𝐫 𝐦𝐚𝐚𝐭𝐣𝐢𝐞𝐬, 𝐛𝐨𝐞𝐤𝐞, 𝐩𝐫𝐞𝐭 𝐞𝐧 𝐧𝐮𝐰𝐞 𝐚𝐯𝐨𝐧𝐭𝐮𝐫𝐞!

𝐎𝐧𝐬 𝐤𝐚𝐧 𝐧𝐢𝐞 𝐰𝐚𝐠 𝐨𝐦 𝐚𝐥𝐦𝐚𝐥 𝐭𝐞𝐫𝐮𝐠 𝐭𝐞 𝐯𝐞𝐫𝐰𝐞𝐥𝐤𝐨𝐦 𝐧𝐢𝐞!

𝐒𝐢𝐞𝐧 𝐣𝐮𝐥𝐥𝐞 𝐦ô𝐫𝐞!

𝐆𝐞𝐥𝐮𝐤𝐤𝐢𝐠𝐞 𝐕𝐞𝐫𝐣𝐚𝐚𝐫𝐬𝐝𝐚𝐠 𝐚𝐚𝐧 𝐝𝐢𝐞 𝐰𝐨𝐧𝐝𝐞𝐫𝐥𝐢𝐤𝐞 𝐌𝐚𝐫𝐭𝐡𝐢𝐞 𝐆𝐫𝐨𝐛𝐛𝐞𝐥𝐚𝐚𝐫!𝕍𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 𝕧𝕚𝕖𝕣 𝕠𝕟𝕤 𝕟𝕚𝕖 𝕟𝕖𝕥 𝕛𝕠𝕦 𝕧𝕖𝕣𝕛𝕒𝕒𝕣𝕤𝕕𝕒𝕘 𝕟𝕚𝕖, 𝕞𝕒𝕒𝕣 𝕠𝕟𝕤 𝕤ê 𝕠𝕠𝕜...
01/10/2026

𝐆𝐞𝐥𝐮𝐤𝐤𝐢𝐠𝐞 𝐕𝐞𝐫𝐣𝐚𝐚𝐫𝐬𝐝𝐚𝐠 𝐚𝐚𝐧 𝐝𝐢𝐞 𝐰𝐨𝐧𝐝𝐞𝐫𝐥𝐢𝐤𝐞 𝐌𝐚𝐫𝐭𝐡𝐢𝐞 𝐆𝐫𝐨𝐛𝐛𝐞𝐥𝐚𝐚𝐫!

𝕍𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 𝕧𝕚𝕖𝕣 𝕠𝕟𝕤 𝕟𝕚𝕖 𝕟𝕖𝕥 𝕛𝕠𝕦 𝕧𝕖𝕣𝕛𝕒𝕒𝕣𝕤𝕕𝕒𝕘 𝕟𝕚𝕖, 𝕞𝕒𝕒𝕣 𝕠𝕟𝕤 𝕤ê 𝕠𝕠𝕜 𝕕𝕒𝕟𝕜𝕚𝕖 𝕧𝕚𝕣 𝕒𝕝𝕝𝕖𝕤 𝕨𝕒𝕥 𝕛𝕪 𝕧𝕚𝕣 𝕠𝕟𝕤 𝕤𝕜𝕠𝕠𝕝 𝕕𝕠𝕖𝕟.

𝕍𝕒𝕟 𝕕𝕚𝕖 𝕙𝕒𝕣𝕕𝕖 𝕨𝕖𝕣𝕜 𝕖𝕟 𝕤𝕠𝕣𝕘 𝕨𝕒𝕒𝕣𝕞𝕖𝕖 𝕛𝕪 𝕕𝕚𝕖 𝕤𝕜𝕠𝕠𝕝 𝕤𝕖 𝕜𝕝𝕖𝕣𝕖𝕓𝕒𝕟𝕜 𝕠𝕣𝕘𝕒𝕟𝕚𝕤𝕖𝕖𝕣, 𝕥𝕠𝕥 𝕕𝕚𝕖 𝕟𝕠𝕦𝕜𝕖𝕦𝕣𝕚𝕘𝕙𝕖𝕚𝕕 𝕨𝕒𝕒𝕣𝕞𝕖𝕖 𝕛𝕪 𝕠𝕟𝕤 𝕗𝕚𝕟𝕒𝕟𝕤𝕚𝕖𝕤 𝕙𝕒𝕟𝕥𝕖𝕖𝕣 – 𝕛𝕠𝕦 𝕥𝕠𝕖𝕨𝕪𝕕𝕚𝕟𝕘, 𝕓𝕖𝕥𝕣𝕠𝕦𝕓𝕒𝕒𝕣𝕙𝕖𝕚𝕕 𝕖𝕟 𝕠𝕞𝕘𝕖𝕖 𝕞𝕒𝕒𝕜 ’𝕟 𝕠𝕟𝕘𝕖𝕝𝕠𝕠𝕗𝕝𝕚𝕜𝕖 𝕧𝕖𝕣𝕤𝕜𝕚𝕝.
𝕄𝕒𝕘 𝕛𝕠𝕦 𝕕𝕒𝕘 𝕘𝕖𝕧𝕦𝕝 𝕨𝕖𝕖𝕤 𝕞𝕖𝕥 𝕝𝕚𝕖𝕗𝕕𝕖, 𝕝𝕒𝕘 𝕖𝕟 𝕒𝕝𝕝𝕖𝕤 𝕨𝕒𝕥 𝕛𝕠𝕦 𝕙𝕒𝕣𝕥 𝕘𝕖𝕝𝕦𝕜𝕜𝕚𝕘 𝕞𝕒𝕒𝕜.

𝔾𝕖𝕟𝕚𝕖𝕥 𝕛𝕠𝕦 𝕤𝕡𝕖𝕤𝕚𝕒𝕝𝕖 𝕕𝕒𝕘, 𝕄𝕒𝕣𝕥𝕙𝕚𝕖!

💗🎂💗

𝐁𝐚𝐢𝐞 𝐠𝐞𝐥𝐮𝐤 𝐦𝐞𝐭 𝐣𝐨𝐮 𝐯𝐞𝐫𝐣𝐚𝐚𝐫𝐬𝐝𝐚𝐠, 𝐌𝐚𝐫𝐢𝐥𝐞𝐞𝐧!As ons vriendelike ontvangsdame leef jy daagliks jou eie woorde uit: "Vriendeli...
26/09/2026

𝐁𝐚𝐢𝐞 𝐠𝐞𝐥𝐮𝐤 𝐦𝐞𝐭 𝐣𝐨𝐮 𝐯𝐞𝐫𝐣𝐚𝐚𝐫𝐬𝐝𝐚𝐠, 𝐌𝐚𝐫𝐢𝐥𝐞𝐞𝐧!

As ons vriendelike ontvangsdame leef jy daagliks jou eie woorde uit: "Vriendelikheid kos niks." 😊 As jy nie agter die toonbank was nie, sou jy beslis as 'n ER-Medic lewens gered het—en met jou fun fact dat jy in jou jong dae valskerm gespring het, weet ons jy is bang vir niks!

Mag dit 'n wonderlike jaar wees!

EGIPTE, HIER KOM MELAY!                     🏸Baie sterkte aan Melay Pretorius ʼn Oud-Eurekaner wat tydens die vakansie aa...
25/09/2026

EGIPTE, HIER KOM MELAY!

🏸

Baie sterkte aan Melay Pretorius ʼn Oud-Eurekaner wat tydens die vakansie aan die All Africa Kampioenskappe in Egipte deelneem, gevolg deur die Wêreldkampioenskappe van 5–13 Oktober.

Baie sterkte van Eureka!

𝐓𝐫𝐨𝐭𝐬 - 𝐒𝐋𝐄𝐆𝐒 𝐃𝐈𝐄 𝐁𝐄𝐒𝐓𝐄

𝐁𝐚𝐢𝐞 𝐠𝐞𝐥𝐮𝐤 𝐦𝐞𝐭 𝐉𝐮𝐟𝐟𝐫𝐨𝐮 𝐬𝐞 𝐕𝐞𝐫𝐣𝐚𝐚𝐫𝐬𝐝𝐚𝐠! 𝐀𝐥 𝐬ê 𝐉𝐮𝐟𝐟𝐫𝐨𝐮 𝐚𝐥𝐭𝐲𝐝 "𝐄𝐤 𝐩𝐫𝐚𝐚𝐭 𝐠𝐨𝐮 𝐚𝐥𝐥𝐞𝐞𝐧", 𝐰𝐚𝐚𝐫𝐝𝐞𝐞𝐫 𝐨𝐧𝐬 𝐉𝐮𝐟𝐟𝐫𝐨𝐮 𝐬𝐞 𝐠𝐫𝐨𝐨𝐭 𝐡𝐚𝐫𝐭 𝐰𝐚𝐭...
25/09/2026

𝐁𝐚𝐢𝐞 𝐠𝐞𝐥𝐮𝐤 𝐦𝐞𝐭 𝐉𝐮𝐟𝐟𝐫𝐨𝐮 𝐬𝐞 𝐕𝐞𝐫𝐣𝐚𝐚𝐫𝐬𝐝𝐚𝐠!
𝐀𝐥 𝐬ê 𝐉𝐮𝐟𝐟𝐫𝐨𝐮 𝐚𝐥𝐭𝐲𝐝 "𝐄𝐤 𝐩𝐫𝐚𝐚𝐭 𝐠𝐨𝐮 𝐚𝐥𝐥𝐞𝐞𝐧", 𝐰𝐚𝐚𝐫𝐝𝐞𝐞𝐫 𝐨𝐧𝐬 𝐉𝐮𝐟𝐟𝐫𝐨𝐮 𝐬𝐞 𝐠𝐫𝐨𝐨𝐭 𝐡𝐚𝐫𝐭 𝐰𝐚𝐭 𝐠𝐥𝐨 𝐢𝐧 𝐝𝐢𝐞 𝐰𝐚𝐚𝐫𝐝𝐞 𝐯𝐚𝐧 𝐞𝐥𝐤𝐞 𝐤𝐢𝐧𝐝.

❤️

𝐀𝐬 𝐨𝐧𝐬 𝐯𝐚𝐧𝐝𝐚𝐠 𝐞𝐞𝐧 𝐰𝐞𝐧𝐬 𝐯𝐢𝐫 𝐉𝐮𝐟𝐟𝐫𝐨𝐮 𝐤𝐨𝐧 𝐰𝐚𝐚𝐫 𝐦𝐚𝐚𝐤, 𝐢𝐬 𝐝𝐢𝐭 𝐞𝐞𝐧 𝐨𝐩𝐫𝐨𝐞𝐩 𝐧𝐚 𝐝𝐢𝐞 𝐡𝐞𝐦𝐞𝐥.
𝐆𝐞𝐬𝐞ë𝐧𝐝𝐞 𝐝𝐚𝐠!

𝐆𝐞𝐥𝐮𝐤𝐤𝐢𝐠𝐞 𝐄𝐫𝐟𝐞𝐧𝐢𝐬𝐝𝐚𝐠! 𝐕𝐚𝐧𝐝𝐚𝐠 𝐯𝐢𝐞𝐫 𝐨𝐧𝐬 𝐝𝐢𝐞 𝐫𝐲𝐤 𝐤𝐮𝐥𝐭𝐮𝐮𝐫, 𝐭𝐫𝐚𝐝𝐢𝐬𝐢𝐞𝐬 𝐞𝐧 𝐞𝐞𝐧𝐡𝐞𝐢𝐝 𝐰𝐚𝐭 𝐨𝐧𝐬 𝐚𝐥𝐦𝐚𝐥 𝐬𝐚𝐚𝐦𝐛𝐢𝐧𝐝. 🇿🇦❤️
24/09/2026

𝐆𝐞𝐥𝐮𝐤𝐤𝐢𝐠𝐞 𝐄𝐫𝐟𝐞𝐧𝐢𝐬𝐝𝐚𝐠! 𝐕𝐚𝐧𝐝𝐚𝐠 𝐯𝐢𝐞𝐫 𝐨𝐧𝐬 𝐝𝐢𝐞 𝐫𝐲𝐤 𝐤𝐮𝐥𝐭𝐮𝐮𝐫, 𝐭𝐫𝐚𝐝𝐢𝐬𝐢𝐞𝐬 𝐞𝐧 𝐞𝐞𝐧𝐡𝐞𝐢𝐝 𝐰𝐚𝐭 𝐨𝐧𝐬 𝐚𝐥𝐦𝐚𝐥 𝐬𝐚𝐚𝐦𝐛𝐢𝐧𝐝. 🇿🇦❤️

Hierdie leerders het almal deelgeneem aan die Allegretto Eistedfod en uitstekend gevaar.               🎼🎵🎼🎵🎼🎵    𝐓𝐫𝐨𝐭𝐬 -...
23/09/2026

Hierdie leerders het almal deelgeneem aan die Allegretto Eistedfod en uitstekend gevaar.

🎼🎵🎼🎵🎼🎵

𝐓𝐫𝐨𝐭𝐬 - 𝐒𝐋𝐄𝐆𝐒 𝐃𝐈𝐄 𝐁𝐄𝐒𝐓𝐄

Hokkie | Nuus 🏑0/13A meisies het 2de geeïndig in die liga.𝐓𝐫𝐨𝐭𝐬 - 𝐒𝐋𝐄𝐆𝐒 𝐃𝐈𝐄 𝐁𝐄𝐒𝐓𝐄
23/09/2026

Hokkie | Nuus 🏑

0/13A meisies het 2de geeïndig in die liga.

𝐓𝐫𝐨𝐭𝐬 - 𝐒𝐋𝐄𝐆𝐒 𝐃𝐈𝐄 𝐁𝐄𝐒𝐓𝐄

𝔾𝔼ℕ𝕀𝔼𝕋 ’ℕ 𝕃𝔼𝕂𝕂𝔼ℝ 𝕍𝔸𝕂𝔸ℕ𝕊𝕀𝔼! ☀️ℝ𝕦𝕤 𝕝𝕖𝕜𝕜𝕖𝕣, 𝕘𝕖𝕟𝕚𝕖𝕥 𝕕𝕚𝕖 𝕤𝕠𝕟 𝕖𝕟 𝕞𝕒𝕒𝕜 𝕞𝕠𝕠𝕚 𝕧𝕒𝕜𝕒𝕟𝕤𝕚𝕖𝕙𝕖𝕣𝕚𝕟𝕟𝕖𝕣𝕚𝕟𝕘𝕖!𝕊𝕚𝕖𝕟 𝕛𝕦𝕝𝕝𝕖 𝕟𝕒 𝕕𝕚𝕖 𝕧𝕒𝕜𝕒𝕟𝕤𝕚𝕖! 💛𝐓...
23/09/2026

𝔾𝔼ℕ𝕀𝔼𝕋 ’ℕ 𝕃𝔼𝕂𝕂𝔼ℝ 𝕍𝔸𝕂𝔸ℕ𝕊𝕀𝔼! ☀️

ℝ𝕦𝕤 𝕝𝕖𝕜𝕜𝕖𝕣, 𝕘𝕖𝕟𝕚𝕖𝕥 𝕕𝕚𝕖 𝕤𝕠𝕟 𝕖𝕟 𝕞𝕒𝕒𝕜 𝕞𝕠𝕠𝕚 𝕧𝕒𝕜𝕒𝕟𝕤𝕚𝕖𝕙𝕖𝕣𝕚𝕟𝕟𝕖𝕣𝕚𝕟𝕘𝕖!

𝕊𝕚𝕖𝕟 𝕛𝕦𝕝𝕝𝕖 𝕟𝕒 𝕕𝕚𝕖 𝕧𝕒𝕜𝕒𝕟𝕤𝕚𝕖! 💛

𝐓𝐫𝐨𝐭𝐬 - 𝐒𝐋𝐄𝐆𝐒 𝐃𝐈𝐄 𝐁𝐄𝐒𝐓𝐄

Address

Klisserweg
Kimberley
8301

Opening Hours

Monday 07:20 - 13:35
Tuesday 07:20 - 13:35
Wednesday 07:20 - 13:35
Thursday 07:20 - 13:35
Friday 07:20 - 13:35

Telephone

+27873105310

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Laerskool Eureka - Slegs die Beste posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Laerskool Eureka - Slegs die Beste:

Shortcuts

Share