13/08/2026
Ons maak saam ’n verskil!♻️🩵
Ons is trots om saam met die Sweetheart Foundation te werk en plastiekdoppies in te samel.
Elke doppie help!
Bring jou doppies en help ons om ’n verskil te maak! 🌱
Together, we make a difference!♻️🩵
We are proud to partner with the Sweetheart Foundation by collecting plastic bottle caps.
Every cap counts!
Bring your caps and help us make a difference! 🌱
04/08/2026
Congratulations to Teacher Nadia Rabie on achieving Third Position in the Teaching Inclusive Education category at the Frances Baard District Teaching Awards 2026. We are incredibly proud of you! 👏🏆
31/07/2026
Ons wil graag weereens elkeen bedank wat 'n bydrae gemaak het. Julle omgee en vrygewigheid maak 'n werklike verskil in die lewens van hierdie kosbare kinders. ❤️
Indien daar nog iemand is wat graag 'n bydrae wil maak, is julle meer as welkom. Bydraes kan by die skool afgegee word, of direk by Bophelo Child and Youth Care Centre.
Enige bydrae, groot of klein, word opreg waardeer.
🍼 Bophelo grootste behoefte op die oomblik is melkpoeier. Die spesifieke melkpoeier wat hulle tans gebruik is "NAN Pelargon Acidified infant formula (from birth to 12 months)".
Saam kan ons aanhou om hoop, liefde en omgee te bring. Baie dankie dat julle deel is van hierdie mooi inisiatief.
Bophelo Child and Youth Care Centre
25/07/2026
Baie geluk aan die Intermediêre Fase se Top 5 leerders vir die 2de Kwartaal. Ons is baie trots op julle!
Congratulations to the Intermediate Phase's Top 5 learners for the 2nd Term. We are very proud of you!
🥇🥈
24/07/2026
Met groot hartseer het ons verneem van die afsterwe van mnr. Worsman van der Ryst, 'n toegewyde opvoeder van Hoër Landbouskool Jacobsdal.
Namens die Elizabeth Conradie Skoolgemeenskap betuig ons ons opregte meegevoel aan sy familie, kollegas, leerders en die hele Landboudal-gemeenskap. Ons bid dat die Here julle in hierdie moeilike tyd sal dra, vertroos en versterk, en dat Sy genade en vrede met julle sal wees.
Mag mnr. Van der Ryst se nalatenskap voortleef in die lewens van almal wat die voorreg gehad het om hom te ken.
🕊️ Rus sag, mnr. Worsman van der Ryst.
Landboudal Boere
24/07/2026
Please support our reach out project 🙏🙏🙏
24/07/2026
We believe in you. Good luck, Griquas! 💙🏆
Griquas Rugby - G.W.R.U.