22/09/2026
Die Outistiese Departement van ons skool het die jaar nie een nie, nie twee nie, nie drie nie, nee, maar wel VIER juffroue wat 'n baba ryker word. Juffrou Nicola is die 9de Julie terug van kraamverlof, en juffroue Amoné, Martenique en Alicia gaan eersdaags op kraamverlof. Nou ja, ons waarsku al die juffroue om níe die skool se water te drink níe😀. Net 'n grappie. Ons gun hulle die seën en vreugdes in hul lewens.