Wonderland Kleuterskool

Wonderland Kleuterskool Wonderland kleuterskool is n Afrikaanse kleuterskool met Christelike waardes. Klein groepies met intensiewe aandag.

Voorskoolse kurrikulum relevant tot kleuter se leefwêreld en ontwikkeling in samewerking met Practica.

10/08/2026
Winter tema
10/08/2026

Winter tema

Deel 2🌈
14/06/2026

Deel 2🌈

Wonderland se rugby-bulletjies.
11/06/2026

Wonderland se rugby-bulletjies.

🌈Kwartaal 2🌈Deel 1 - Hier is net 'n paar van ons aktiwiteite waarmee ons die kwartaal sover by Wonderland Kleuterskool b...
07/06/2026

🌈Kwartaal 2🌈
Deel 1 - Hier is net 'n paar van ons aktiwiteite waarmee ons die kwartaal sover by Wonderland Kleuterskool besig was.

Die 1ste kwartaal was 'n fees en ons kleuters het so lekker geleer en gespeel.
28/03/2026

Die 1ste kwartaal was 'n fees en ons kleuters het so lekker geleer en gespeel.

ER 24 kom kuier by ons kleuterskool. Dit was nou baie interessant. Dankie ER24 Kimberley wat jul vir ons gemeenskap doen...
27/03/2026

ER 24 kom kuier by ons kleuterskool. Dit was nou baie interessant. Dankie ER24 Kimberley wat jul vir ons gemeenskap doen en beteken.

2026!!! Die jaar het sommer lekker besig afgeskop en tyd is maar min om fotos te neem en op te sit. Ons speel te lekker ...
09/02/2026

2026!!!
Die jaar het sommer lekker besig afgeskop en tyd is maar min om fotos te neem en op te sit. Ons speel te lekker by Wonderland kleuterskool.

Goeie raad vir die 1ste dag van skool.
07/01/2026

Goeie raad vir die 1ste dag van skool.

SKOOL Aflaai : the fears and tears 🩵

‘N Nuwe skooljaar bring vir baie gesinne ’n groot oorgang. Vir sommige kinders (en ouers) beteken dit in die volgende week is die eerste afskeid by die skool na ’n lang tyd tuis. Hierdie oomblik van skeiding kan emosioneel intens wees en is ontwikkelingsgewys heeltemal verstaanbaar.

Baie ouers ervaar self spanning tydens aflaai, en kinders toon dikwels hartseer, angs of verlange. Dit is nie ongewoon om trane by kinders én ouers te sien nie. Weet gerus: julle is nie alleen nie, en hierdie reaksies is by baie gesinne deel van ’n normale aanpassingsproses.

Waarom gebeur dit?

Vanuit ’n ontwikkelingsperspektief is skeidingsangs ’n normale reaksie, veral by jonger kinders. Dit hou verband met gehegtheid, die behoefte aan veiligheid, en die kind se vermoë om oorgange en onsekerheid te hanteer. Die intensiteit en duur verskil egter van kind tot kind.

’n Paar praktiese wenke:

1. Voorbereiding en voorspelbaarheid
Berei u kind vooraf voor vir die skool. Gesels oor positiewe aspekte soos maats, speeltyd, sport, musiek of sang. Betrek hulle by praktiese take soos tasse pak en kosblikke regmaak. Deelname bevorder ’n gevoel van beheer en emosionele gereedheid.

2. Roetine en struktuur
Sorg vir ’n konsekwente aand- en slaaptydroetine. Navorsing toon dat roetine kinders help om veilig te voel, oorgange beter te hanteer en emosionele regulering te ondersteun. Voorspelbaarheid verminder angs.

3. Erken individuele verskille
Elke kind ontwikkel teen sy of haar eie tempo. Vermy vergelykings tussen kinders, aangesien dit onnodige druk en onsekerheid kan skep.

4. Kort, duidelike afskeid
Onderwysers vra dikwels vir die sogenaamde “get in and get out”-benadering. Gee af, groet liefdevol en loop. Al is u kind ontsteld, is ’n lang, uitgerekte afskeid gewoonlik meer ontwrigtend.
Wanneer die onderwyser die troos oorneem, kan die kind begin om ’n veilige verhouding met die persoon te bou wat deur die dag vir hulle sorg. Hoe langer ouers bly, hoe moeiliker word die skeiding en hoe meer emosie bou op wat later verwerk moet word.
Baie onderwysers rapporteer dat kinders dikwels binne minute ná die ouer se vertrek weer kalmeer.

5. Wissel die aflaairoetine indien nodig
Indien die skeiding baie ouer-spesifiek is, kan dit help as ’n ander ouer die kind aflaai (waar moontlik). Soms verlig dit die spanning merkbaar.

6. Verseker en benoem die dag se roetine
Herinner u kind daagliks aan wat gaan gebeur, byvoorbeeld:
“Na skool kom mamma jou haal, en dan bou ons saam legkaarte.”
Duidelike verwagtinge, roetine en struktuur verminder onsekerheid en bevorder emosionele veiligheid.

Ten slotte

Hierdie is algemene riglyne. Sommige kinders benodig meer tyd of ekstra ondersteuning om aan te pas. Indien aflaai-angs aanhou of vererger, is dit raadsaam om hulp in te win by ’n ervare onderwyser, berader of sielkundige. Vroeë ondersteuning kan ’n groot verskil maak.

Vriendelike groete
Dr S

01/01/2026

Address

7 Croxford Crescent
Kimberley
8301

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 17:00

Telephone

+27823245594

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Wonderland Kleuterskool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Wonderland Kleuterskool:

Shortcuts

Share

Category