23/06/2026
Die verskil tussen Sekondêre skool en Hoërskool
Die riller waarheid wat tot vandag bestaan en deur niemand bevraagteken word nie
Stel jou voor twee paaie. Beide begin op dieselfde grond, maar een lei na ’n hek, die ander lei na ’n oop veld.
1. Primer tot Sekondêre Skool
Dit was die skool vir die “arm kind”.
Hulle het vir jou geleer om jou naam te skryf, ’n bietjie te lees, en basiese somme. Net genoeg om te werk.
Die vakke was vasgestel vir verpleging, polisie, maatskaplike werk, kleremakers, houtwerk. Wiskunde en Wetenskap? Amper nooit, of net die maklike weergawe.
Die boodskap was stilweg: “Jy is goed genoeg vir kollege. Universitieit is nie vir jou nie.”
So het jy gematrikuleer… maar jou sertifikaat het nie baie deure oopgemaak nie.
2. Primer tot Hoërskool
Dit was die skool vir die “ander kind”.
Hulle het nie net geleer lees en skryf nie. Hulle het geleer d**k, vrae vra, probleme oplos.
Hulle kon Wiskunde, Wetenskap, Rekeningkunde, IT kies. Vakke wat jou slim laat lyk op papier.
Die boodskap was duidelik: “Jy gaan universiteit toe. Jy kan dokter, prokureur, ingenieur word.”
Hulle matriek was ’n sleutel. Direk na beurse, universiteit, goeie werk.
So, wat is die regte verskil?
Die een skool het jou geleer hoe om te werk.
Die ander skool het jou geleer hoe om te kies.
Dis hoekom baie van ons vandag nog sukkel. Nie omdat ons dom is nie. Maar omdat ons van kleins af met minder gereedskap grootgemaak is. Die ander kind het ’n gereedskapkis gekry. Ons het net ’n hamer gekry.
Die een het jou voorberei vir ’n werk. Die ander een het jou voorberei vir ’n loopbaan, ’n keuse, ’n vryheid.
Dis hoekom die agterstand vandag nog voel soos ’n leë s**g. Nie omdat die kinders minder slim is nie. Maar omdat die stelsel hulle van die begin af ander gereedskap gegee het. Maar ’n hamer kan ook ’n huis bou… as iemand vir jou wys hoe.
Einde.
Geskryf deur
Alberto R Marbi
Cell 0796629456