10/08/2026
'n Vrou word nie net gevier nie — sy word raakgesien. 🌸
Vrydag is die dames van Ons Plek Kempton Park op ’n baie besondere manier bederf ter viering van Vrouedag. ❤️
Ons het die voorreg gehad om Bianca du Plooy by Ons Plek te verwelkom. Sy het vir elkeen van ons dames ’n pragtige sakkie vol liefde, betekenis en bederfies gebring. 🎁🌷
Elke sakkie het ’n naam op gehad — want elke vrou is uniek, kosbaar en deur die Here op die naam geroep vir ’n doel. ✨
En soos met alles wat met liefde voorberei is, was daar soveel meer in die sakkies as net mooi goedjies…
🍵 Tee met die herinnering: “Tee-tyd saam met Jesus.”
’n Sagte uitnodiging om stil te word, asem te haal en tyd saam met Hom te maak.
🧺 ’n Waslappie, sorgvuldig om ’n boodskap gehikkel — ’n herinnering dat ons skoon gewas is, en dat ons ons gesig altyd na Hom moet draai. 🙏🏻
En dan die res van die sakkie… sommer net heerlike bederfies, maar elkeen met soveel sorg gekies. Bianca het met besonderse aandag aan elke dame se behoeftes ged**k — ’n ware voorbeeld van ’n hand van liefde en ’n hand van hoop. 🤍
Ons wil uit die diepte van ons harte dankie sê aan Bianca, haar ma en haar sussie wat elke sakkie met soveel liefde en detail saamgestel het. Die boodskap agter elke geskenkie het dit soveel meer spesiaal gemaak. 🌸
Maar die bederf het nie daar geëindig nie! ☕️🥤
Ons ander besonderse vriende van Ons Plek het gesorg vir heerlike skons met bedekkings, koeldrank en koffie, sodat ons dames die dag kon afsluit met lekker kuier, lag en ’n bietjie welverdiende bederf. 🥰
Dit is wat Ons Plek se hart so besonders maak — mense wat met hart gee, mense wat bou, mense wat omgee. ❤️
Aan elke vrou wat deel is van Ons Plek:
Jy is raakgesien. Jy is kosbaar. Jy is geroep. Jy het ’n doel. En jy hoef nooit te vergeet Wie jou geroep het nie. 🌷
“Ek het jou op jou naam geroep; jy is Myne.” — Jesaja 43:1
Dankie aan elke hand wat gehelp het om Vrouedag by Ons Plek ’n dag van liefde, hoop, geborgenheid en bederf te maak. 🌸
Ons vier vroue — met hart, hand van liefde en geloof. ❤️