Doemdoemsies Kleuterkampus

Doemdoemsies Kleuterkampus Doemdoemsies Kleuterkampus is 'n kleuterskool in 'n veilige area. Ons maak voorsiening vir kleuters

Doemdoemsies Kleuterkampus is 'n kleuterskool vir kleuters van 2 tot 5 jaar oud. Hier speel en leer ons en ontwikkel 'n gesonde:
* Sosiale
* Emosionele
* Intellektuele en
* Fisiese ontwikkeling

23/09/2026
Wie kan sê hulle het al tee saam die "Queen" gedrink Met mooi tafels, heerlike tee en ’n spesiale ontmoeting met Queen E...
23/09/2026

Wie kan sê hulle het al tee saam die "Queen" gedrink

Met mooi tafels, heerlike tee en ’n spesiale ontmoeting met Queen Elizabeth, het ons saam gekuier, gelag en gevier wat dit beteken om ’n vrou te wees. 👑🌸

Want elke vrou dra haar eie kroon…
soms van goud, soms van blomme,
maar altyd met liefde, krag en ’n hart vol drome.

Aan elke vrou .... ons is sy en sy is ons
Mag jy altyd onthou hoe kosbaar, sterk en besonders jy is. 👑

’n Vrou wat liefhet, inspireer, dra en omgee,
is ’n ware koningin!
Gelukkige Vrouedag, ons pragtige Doemsie-Mammas!
Julle verdien die kroon – elke enkele dag! 👑

🚀🌙✨ Van die aarde tot die maan, kyk hoe ver kan Doemsies gaan!* ✨🌙🚀Sterre blink en planete draai,ons Doemsies het vandag...
23/09/2026

🚀🌙✨ Van die aarde tot die maan, kyk hoe ver kan Doemsies gaan!* ✨🌙🚀

Sterre blink en planete draai,
ons Doemsies het vandag behoorlik mooi gelyk en geswaai!
Met vuurpyle, ruimtepakke en sterre so wyd,
was dit ’n dag vol pret en kreatiwiteit!

Ons ouers het hul verbeelding laat vlieg,
en elke maatjie het behoorlik geskitter en geniet!
Van klein ruimtevaarders tot sterre in die nag,
het elke Doemsie ’n glimlag op ons gesigte gebring vandag!

Dankie aan ons kreatiewe Doemsie-ouers
wat altyd saam met ons die ekstra myl loop!

Ons Doemsies droom groot, mik hoog en vlieg tot tussen die sterre!

🎶Ons Doemsie-koor!🎶Ons harte is sommer baie vol trots!🥹 Wat ’n voorreg om ons maatjies hul pragtige talente te sien deel...
23/09/2026

🎶Ons Doemsie-koor!🎶

Ons harte is sommer baie vol trots!🥹 Wat ’n voorreg om ons maatjies hul pragtige talente te sien deel. Julle het ongelooflik mooi gesing en ons kon nie trotser wees nie! 🎤

’n Spesiale dankie aan Tannie Jennifer wat ons maatjies so mooi geleer, begelei en met soveel liefde ondersteun het. 🎶

Ons is so trots op elkeen van julle!

23/09/2026
🇿🇦🏉 Ons Graad R-Springbokke!🏉🇿🇦Wat ’n ongelooflike trots oomblik was dit om ons Graad R-maats op die verhoog te sien! Ju...
23/09/2026

🇿🇦🏉 Ons Graad R-Springbokke!🏉🇿🇦

Wat ’n ongelooflike trots oomblik was dit om ons Graad R-maats op die verhoog te sien!

Julle het “As die Springbokke speel” van Jaco Jacobs met soveel energie, trots en entoesiasme voorgedra! 🗣️🏉🇿🇦 Julle stemmetjies, groot glimlagte en pragtige optrede het ons harte sommer baie vinniger laat klop!

Ons is *ngelooflik trots op elkeen van julle! Julle het hard geoefen, mooi saamgewerk en gewys dat ons klein Doemsies se stemme GROOT kan wees!

’n Baie spesiale dankie aan Juffrou Alisa vir al haar harde werk, tyd, geduld en liefde waarmee sy ons maatjies voorberei het. 🗣️ En natuurlik ’n groot dankie aan ons hele tip-top Graad R-personeel wat elke dag agter die skerms help, ondersteun en ons kinders met soveel liefde begelei. Julle maak ’n ongelooflike verskil!

En aan ons klein Springbokke – julle het gewys dat julle ware kampioene is! 🏆🇿🇦

Ons is SO trots op julle!
Julle het ons harte vol gemaak!

DOEMSIESIES! 🇿🇦🏉

Nie net slaan ons Doemsies die Afrikaanse poësie flou nie… die Engels is op ’n HELE ander vlak!📚Ons 4-jaar tot Graad R-m...
23/09/2026

Nie net slaan ons Doemsies die Afrikaanse poësie flou nie… die Engels is op ’n HELE ander vlak!📚

Ons 4-jaar tot Graad R-maatjies het die verhoog behoorlik aan die brand gehad met hul English Prescribed Poetry!

Wat ’n ongelooflike prestasie! Ons is só trots op elke maatjie wat met soveel selfvertroue, dapperheid en entoesiasme hul gedig voorgedra het.

Die harde werk, oefening en voorbereiding het beslis vrugte afgewerp — julle het ons behoorlik beïndruk! 👏

Afrikaans? Done.
English? Na ’n ander vlak!

Baie geluk aan al ons klein digtertjies — julle het dit absolutely geSMASH

🎤📚 Klein stemme, groot prestasies! 📚🎤Ons 4-jaar tot Graad R Doemsie-maatjies het hul Afrikaanse voorgeskrewe gedigte met...
23/09/2026

🎤📚 Klein stemme, groot prestasies! 📚🎤

Ons 4-jaar tot Graad R Doemsie-maatjies het hul Afrikaanse voorgeskrewe gedigte met soveel trots en selfvertroue voorgedra!

Ons is ongelooflik trots op elke maatjie se harde werk, al die oefen en die puik prestasie. Dit verg moed om voor ander te staan en jou stem te laat hoor, en ons maatjies het dit sommer met groot dapperheid gedoen!

Elke gedig ’n prestasie, elke stemmetjie ’n rede om trots te wees!

Address

33 Rooibos Avenue, Allen Grove
Kempton Park
1619

Opening Hours

Monday 07:00 - 17:30
Tuesday 07:00 - 17:30
Wednesday 07:00 - 17:30
Thursday 07:00 - 17:30
Friday 07:00 - 17:30

Telephone

+27823255831

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Doemdoemsies Kleuterkampus posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Doemdoemsies Kleuterkampus:

Shortcuts

Share

Category