Laerskool Kruinsig

Laerskool Kruinsig “DIE LAERSKOOL SONDER WEERGA”

🇿🇦🌈 KLETSKOUSIES WENS JULLE ’N HEERLIKE ERFENISDAG TOE! 🌈🇿🇦Mag ons vandag ons pragtige land, ons verskillende kulture en...
24/09/2026

🇿🇦🌈 KLETSKOUSIES WENS JULLE ’N HEERLIKE ERFENISDAG TOE! 🌈🇿🇦

Mag ons vandag ons pragtige land, ons verskillende kulture en die dinge wat ons uniek maak, vier. ❤️💛💙

Kom ons leer ons klein Kletskousies om mekaar se verskille te waardeer en met liefde en respek saam te groei. 🥰🌍

Gelukkige Erfenisdag!🇿🇦✨

Liefde van al die Kletskousies-maatjies en juffrouens! 💛💙

22/09/2026
OUD KRUINIE PRESTEER! Baie geluk aan Logan Pitzer, klas van 2023, wat ’n puik jaar op die rugbyveld beleef!Logan was die...
20/09/2026

OUD KRUINIE PRESTEER!

Baie geluk aan Logan Pitzer, klas van 2023, wat ’n puik jaar op die rugbyveld beleef!

Logan was die kaptein van die Goue Leeus se Grant Khomo-span wat vanjaar as toernooiwenners gekroon is. Sy uitstekende spel, harde werk en leierskap het verder daartoe gelei dat hy gekies is vir die o/16 SA EDP-groep, wat later vanjaar bymekaar kom.

Ons is ongelooflik trots om te sien hoe ’n Oud-Kruinie steeds groei, presteer en sy merk op die rugbyveld maak.

Baie geluk, Logan! Kruinsig is trots op jou!

✈️🌍 KLETSKOUSIES VLIEG HOOG! 🌍✈️Aan die einde van die 3de kwartaal het ons Kletskousies-kleuters ’n onvergeetlike reis a...
18/09/2026

✈️🌍 KLETSKOUSIES VLIEG HOOG! 🌍✈️

Aan die einde van die 3de kwartaal het ons Kletskousies-kleuters ’n onvergeetlike reis aangepak vanaf Kletskousies Internasionale Lughawe! ✈️🧳

Met groot opgewondenheid, vrolike danspassies en hope glimlagte het ons saam deur verskillende lande gereis. Elke klas het ons op ’n besondere avontuur geneem en vir ons ’n kykie gegee in die mooi en kleurvolle wêreld daarbuite. 🌎💃🕺

📸 Kyk net na hierdie pragtige foto’s van ons klein reisigers en al die verskillende lande wat ons besoek het! Ons harte loop oor van trots op elke kleuter wat hierdie konsert so spesiaal gemaak het.

Dankie aan almal wat gehelp het om hierdie onvergeetlike reis moontlik te maak! ❤️

✈️🌍

🎉💛💙 KLETSKOUSIES SE INSKRYWINGS VIR 2027 IS NOU OOP! 💙💛🎉Is jou kleinding reg vir ’n jaar vol speel, leer, groei, ontdek ...
18/09/2026

🎉💛💙 KLETSKOUSIES SE INSKRYWINGS VIR 2027 IS NOU OOP! 💙💛🎉

Is jou kleinding reg vir ’n jaar vol speel, leer, groei, ontdek en nuwe maatjies maak? 🥰🌈

By Kletskousies glo ons dat elke klein voetjie ’n groot droom het! 👣✨ Ons skep elke dag ’n veilige, liefdevolle en vrolike omgewing waar ons kleuters kan groei, leer en sommer net lekker Kletskousie-wees! ❤️

Kom word deel van ons spesiale Kruinie-familie! 💛💙

📚 Inskrywings vir 2027 is nou oop!
👧🏼 2 jaar tot Graad R

✨ Dis ’n fees om ’n Kletskousie te wees! ✨

📩 Kontak ons gerus vir meer inligting.

Skryf nou in om deel van die Kletsie te wees! 🥰

17/09/2026

Ons 0/12 hokkiespan speel vandag vir Lyla!
Sterkte dogters! 👌👌👌👌

Vyf van die Grondslagfase Kruinies het die skool met trots by die Ekurhuleni-distrik se "Project Day" verteenwoordig. Hu...
14/09/2026

Vyf van die Grondslagfase Kruinies het die skool met trots by die Ekurhuleni-distrik se "Project Day" verteenwoordig. Hulle het hulself baie goed van hul taak gekwyt.

Hierdie 2 hokkie spanne het `n besige week wat voorlê! 🌟 Beide ons 0/12 en 0/13 A spanne speel die week in die Oos-Gaute...
14/09/2026

Hierdie 2 hokkie spanne het `n besige week wat voorlê! 🌟 Beide ons 0/12 en 0/13 A spanne speel die week in die Oos-Gauteng hokkie uitspele! Die 0/13's het reeds vandag begin! Die Kruinies hou duim vas! 👌

Address

C/o Veld And Fiskaal Streets
Kempton Park
1619

Opening Hours

Monday 07:30 - 14:00
Tuesday 07:30 - 14:00
Wednesday 07:30 - 14:00
Thursday 07:30 - 14:00
Friday 07:30 - 13:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Laerskool Kruinsig posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share