Soos ontvang;
Onse Vader wat in die hemel is, in hierdie vroeë oggend ure wat die dief as sy werksure beskou, sy tyd om te moor, te roof, te steel en te verwoes, tree ek in gebed tot U my God en ek vra U met geloof en vertroue dat U legioene en legioene Engele sal stuur om elke besigheid ( klein en groot ) en elke boer op elke plaas te beskerm, sy familie, sy werkers, sy vee, sy landerye, sy lewende hawe. Maak hulle onsigbaar vir die vyand, die dief, die moordenaars.
Tree U in Vader sodat elke satanskind op vlug sal slaan, dat hulle sal besef die Bo-Natuurlike is in beheer.
So ook elke burger wat rustig slaap in hierdie oggendure omdat daar n lang dag voorlê, beskerm elke liewe kind van U Vader, hoor my gebed God, hoor my gebed!
Ek pleit by U om weer beheer oor Suid-Afrika te neem, ek vra U om hierdie land te regeer, ek pleit by U Yah om hierdie land terug te gee aan ons, U kinders.
Ek vra U om Suid-Afrika weer voorspoedig te maak. Ek smeek U my God gee vir ons leiers en n regering wat U raadpleeg, wat U heel eerste stel, wat U Naam weer sal verheerlik!
Gee dat U weer in ons skole en werke en besighede en gesinne sal heers! Hierdie land is besig om te vergaan en net U en U alleen het die mag en die krag, die outoriteit om beheer te neem en ons van die vyand te red!
Met U loop ons 'n bende storm my God, maar sonder U in beheer gaan ons ten gronde! Ek smeek U Vader, my God, moet ons asseblief nie begewe of verlaat nie, moet ons nie alleen laat nie, keer dat ons nie langer in die hand van die vyand sal wees nie!
My God, ek tree vanoggend in vir my land, die land waar my oupas en oumas, my ouers en hulle ouers in die sweet van hul aangesig gebou het, waar my kinders in gebore is en waar ons as erfgename moet heers weer in U mag sal regeer en voortbestaan.
Ek loof U Vader, ek eer U, ek aanbid U, daar is geen ander God behalwe U nie, ek sal eers weer vrede in my hart en siel kan hê as ek weet Suid-Afrika na U toe teruggekeer het, daarom my God draai ek na U toe en vra ek met 'n hart vol geloof en hoop en liefde dat U ons sondaar-kinders asseblief genadig sal wees, dat U my hartsgebed sal hoor en verhoor.
Dankie Vader, dankie dankie en nogmaals dankie daarvoor. Alle eer aan U in die Hoogste Hemele en op Aarde n welbehae! Dit is my gebed in U Afgesonderde Almagtige Naam.
Dankie VADER dat my kinders en hulle ook onder u vaandel van beskerming kan wees, en so ook almal wat vir my so ongelooflik kosbaar is ❤️❤️❤️❤️
Amen 🤍🙏🏻
Ek vra dat elkeen wat saam met my intree en bid hierdie gebed sal copy en paste sodat ons hele volk saam in gebed tot ons Vader kan nader🙏🏻
Kempies Matriek 1988 30 jaar Reunie - 2018
Kempie Martrieks 1988
35 Jaar reunie
Oktober 2023
Stuur asb jou kontak details vir
Lisl Mac Gorman-H
25/12/2023
Geseënde Christusfees almal💕
07/10/2023
01/10/2023
RIV Dawie Visser
24/12/2022
Seën wense vir 'n wonderlike Kersfees. Laat ons uit dankbaarheid onthou waaroor dit regtig gaan🙏🌟🙏
Want your school to be the top-listed School/college in Kempton Park?
Click here to claim your Sponsored Listing.
Click here to claim your Sponsored Listing.
Location
Category
Contact the school
Telephone
Website
Address
Hoërskool Kempton Park
Kempton Park
1620