13/03/2022
LEKKER LEER AAN TAALLEER
Die jaar 2020 was vir my, soos vir die res van die wêreld ‘n uitdagende jaar! Afgesien van Covid, was dit vir my ‘n jaar van kanker en chemoterapie.
Dit is toe in hierdie deurmekaar, holderstebolder tyd in my lewe dat my passie vir Afrikaans my gedryf het om uiteindelik hierdie Taalleerhandleiding te skryf.
Dit was iets waarvan ek al vroeër in my lewe gedroom het, maar in 2020 het ek net besef dat tyd kosbaar is en nie as vanselfsprekend aanvaar moet word nie.
Soos my gesondheid geleidelik verbeter het, het ek die energie gekry om die handleiding te voltooi!
Noudat ek weer terug is in die Afrikaanse klas, besef ek hoe groot die negatiewe impak van Covid 19 regtig op ons kinders was en nog steeds.
Daar is soveel agterstande en vaslegging kon nie voldoende plaasvind nie.
Ek weet dat die handleiding vir alle leerders vir Afrikaans van graad 4 tot 9 sal help met die vaslegging van 90 % van Afrikaanse Taalbegrippe.
Die eerste kwartaal is verby; die res van die jaar lê nog voor en ek weet dat Lekker Leer aan Taalleer verseker ‘n verskil in jou kind se lewe sal maak!
Koop jou kopie vandag en maak die lewe vir jou sowel as jou kind BAIE makliker en LEKKERDER.
Kontakbesonderhede : Isobel Weenink mobile: 082 331 6404 of by [email protected]