23/09/2026
🇿🇦❤️ *JINNE … WAT ’N DAG!*❤️🇿🇦
Beste ouers,
Vandag was nie net Erfenisdag by Impie Kleuterskool nie.
Vandag was ’n hele "vibe!" 😂🇿🇦
Van die oomblik wat ons maatjies vanoggend deur die hek gekom het, het ons geweet, hier kom ’n ding!
Die mooiste klein mensies in Zulu, Xhosa, Sotho, Tswana,Pedi, Ndebele, Venda, Tsonga,Swati, Afrikaner en Indiese Suid-Afrikaanse drag, het ons speelgrond vol kleur gemaak.
Krale, kopdoeke, shweshwe, tradisionele patrone… en natuurlik ’n paar klein boertjies wat gelyk het of hulle nou-nou ’n trekker gaan aansit. 😂❤️
Yebo! Vandag was lekker!
Maar toe kom die kos…
Ouers, julle het gekook! Letterlik en figuurlik. 🔥😂
Ons het ons pad deur Suid-Afrika geëet hoor, pap en vleis, chakalaka, samp en bone, kerrie en rys, roti, vetkoek, koeksisters, melktert en nog ’n tafel vol dinge wat klein ogies behoorlik laat rek het.
En toe land die RUNAWAYS. 🐔🤣
Daai hoenderpootjies het vandag meer aandag gekry as Juffrou!(Dit was funny,lief vir julle♥️)
Wag daar is meer.....
En toe…
MOPANIE WURMS. 🐛
Hayi! 😂😂😂
Daar was maatjies wat sonder ’n tweede gedagte geproe het.
Daar was maatjies wat eers hulle vriende laat proe het, want dis mos wat goeie vriende doen. 🤣
En daar was ’n paar wat daardie wurm so stip aangekyk het dat ek seker is hy het eerste geknipoog. 😂🐛(Wha ha ha haha,julle was vrek oulik en so dapper maatjies)
Maar dis toe dat ek d**k,mmmm dit is
Nie ’n werkkaart nie.
Nie ’n prentjie nie.
Nie Juffrou wat voor in die klas staan en vertel nie.
Dit is......
’n Klein handjie wat iets nuuts vashou.
’n Gesiggie wat wonder.
’n Maatjie wat sê, “Proe dit,ou!”
’n Maatjie wat leer dat iemand anders se “anders” eintlik baie interessant kan wees. ❤️🙏
Vandag het ons kinders Suid-Afrika geproe, aangeraak, gesien en beleef.👏
En dit was ’n voorreg.
Want tussen al die kleure en kos en groot gelag lê daar eintlik ’n baie eenvoudige lessie,daar is plek vir almal. ❤️
My taal mag anders klink as joune.
My kos mag vir jou vreemd lyk.
My klere mag anders wees.
My familie se tradisies mag nie dieselfde as joune wees nie.
Maar ons kan nog steeds langs mekaar sit, saam eet, saam lag en saam behoort.
*Dít is mos Ubuntu.* ❤️🇿🇦
EK kyk toe na vandag en d**k ....
*Liewe ouers… julle is lekker mense.* ❤️
Want julle speel saam!
As ons sê aantrek, dan trek julle aan.
As ons sê bring asb kos, dan voed julle die helfde van Kempton. 🤣
As ons sê ons gaan ’n ervaring vir ons maatjies skep, dan sê julle “Yebo Juffrou, hoe groot gaan ons?” 😂🔥
En daarvoor, Siyabonga. Dankie. Ons waardeer julle ❤️
Dankie, Juffrou Sandi, vir al die reëlings en vir alles wat agter die skerms gebeur het om vandag moontlik te maak.
Dankie, Juffrou Lizcia en Juffrou Stacey, vir die mooiste fotohokkie. 📸😍
Julle het nie net die assignment verstaan nie… julle het hom sommer met distinction geslaag.
Dankie aan elke ouer vir elke bord kos, elke uitrusting, elke plan wat gemaak is en elke bietjie moeite.
Dankie aan my span.
Ek sê dit baie, maar ek bedoel dit elke keer.....
Alles is net lekkerder saam met julle. ❤️
Ons kinders gaan waarskynlik nie oor tien jaar onthou presies watter kos op die tafel was nie.
Hulle gaan dalk vergeet wat Juffrou alles vertel het.
Maar mag hulle altyd onthou dat my kleuterskooldae lekker was.
Mag hulle onthou dat hulle baie gelag het.
Dat hulle veilig gevoel het.
Dat hulle wêreld groot en interessant gevoel het.
Dat hulle geleer het om ander mense raak te sien.
En mag hulle onthou dat daar ’n klomp grootmense was wat vrek baie moeite gedoen het om hulle kinderdae spesiaal te maak. 🥹❤️
Geniet julle mense. Kuier lekker. Lag hard. Eet nog ’n bord. Gee ’n ekstra drukkie.
Maak mooi herinneringe,ons kry nie vandag weer nie.
Impie kleuterskool liefde🙏✈️