CVO Omega Akademie

CVO Omega Akademie Christelike Volkseie Onderwys (CVO)
Christus is ons strewe! Ter wille van ons Kinders! KAREEDOUW Hulle is maar net daar. Ander droom net daarvan.

Dit gebeur dikwels in vandag se veeleisende, sekulêre wêreld, dat ons ons kinders as vanselfsprekend beskou. Onderwys, wat een van die fundamentele aspekte van hulle opvoeding is, word dikwels as die regering se verantwoordelikheid beskou. Daarmee is niks verkeerd as almal dieselfde waardes, geloofsoortuigings en ideale vir u kind nastreef nie. Indien die regering egter nie ‘n christelike grondslag het nie, of onderwys as ideologiese gereedskap gebruik, kan die onderwys wat die regering bied, uiters negatiewe gevolge inhou vir u kind. Om hierdie rede is die Beweging vir Christelike Volkseie Onderwys (BCVO) in 1994 in die lewe geroep as ‘n alternatief vir staatsonderwys. Verbondsouers neem dus self verantwoordelikheid om die doopbelofte ( onderrig in die leer van die Bybel) na te kom. Die BCVO beskik oor die enigste Afrikaanse, onafhanklike, geregistreerde eksamenliggaam in die land. Die kurrikulum word dan ook so saamgestel dat dit nie net aan minimum statutêre kwaliteitvereistes voldoen nie, maar met respek erken word deur die land se voorste universiteite, technikons en kolleges. Sodoende verkry ons kinders toegang tot die internasionale- en beroepswêreld. Die onlangse geskiedenis het dan ook gewys dat dit nie net op akademiese gebied is waar ons leerlinge ‘n voorsprong geniet nie. Omdat ons lidskole as ‘n verlengstuk van die gereformeerde ouerhuis dien, is die gebalanseerde opvoeding sigbaar in hul lewens en maak dit hulle uiters gesog in die beroepswêreld
‘n Besondere voordeel van ons lidskole is die individuele aandag wat leerlinge kry as gevolg van die struktuur in CVO-skole. Die verhoudings tussen onderwyser/kind, ouer/jonger kinders en kameraadskap tussen ouer/onderwyser,is uniek aan ons skole. Dit is ook sigbaar op sport en kultuurgebied waar nie net die hoogs begaafdes al die aandag kry nie, maar almal die geleentheid kry om deel te neem en sodoende die nodige selfvertroue ontwikkel. Lidskole neem, binne volkseie kultuurverband, op streeks- en landwye vlak deel aan sportsoorte soos rugby, netbal, atletiek, krieket,landloop,skaak ens. Op kultuur gebied bou aktiwiteite soos prosa, poësie, musiek, drama en redenaarskompetisies op via streeksverband na ‘n landswye gala – aand. Alhoewel deel van die privaatskool omgewing, is die BCVO nie gerig op winsbejag nie. Dit maak dit moontlik vir lidskole om, ten spyte van harde ekonomiese werklikhede, ‘n bekostigbare privaat alternatief daar te stel. Die verskil in die lewe en toekoms van u Godgegewe geskenk en belangrikste prioriteit, kan egter nie in geld gemeet word nie!

Kwartaal 4! Sien julle Dinsdag! 🥳
02/10/2026

Kwartaal 4! Sien julle Dinsdag! 🥳

✨ OMEGA AKADEMIE SE TALENTAAND ✨Wat ’n besonderse aand! 🌟 Ons is ongelooflik trots op elke leerder wat hul talent met so...
02/10/2026

✨ OMEGA AKADEMIE SE TALENTAAND ✨
Wat ’n besonderse aand! 🌟
Ons is ongelooflik trots op elke leerder wat hul talent met soveel moed, entoesiasme en passie op die verhoog gedeel het. ❤️💙

“Geduld: maklik gesê, moeilik gedoen."Vandag fokus ons op geduld!
02/09/2026

“Geduld: maklik gesê, moeilik gedoen."
Vandag fokus ons op geduld!

EntrepreneursdagOns Graad 7–9-leerlinge het vandag die geleentheid gehad om hul entrepreneursvaardighede uit te leef, kr...
29/08/2026

Entrepreneursdag

Ons Graad 7–9-leerlinge het vandag die geleentheid gehad om hul entrepreneursvaardighede uit te leef, kreatief te wees en hul eie stalletjies te bedryf. 🛍️💰
Van heerlike eetgoed tot interessante produkte — daar was iets vir almal! 😋

’n Groot dankie aan elke leerder wat hard gewerk het, aan elke ouer, familielid en besoeker wat ons leerlinge kom ondersteun het. 🙏

Ons is ongelooflik trots op ons jong entrepreneurs! 🌟

Waarde van die Week: AANSPREEKLIKHEIDWat beteken aanspreeklikheid?Aanspreeklikheid beteken dat jy verantwoordelikheid ne...
26/08/2026

Waarde van die Week: AANSPREEKLIKHEID

Wat beteken aanspreeklikheid?
Aanspreeklikheid beteken dat jy verantwoordelikheid neem vir jou keuses, woorde en dade. Jy probeer nie ander blameer wanneer iets verkeerd gaan nie, maar erken jou aandeel en maak dit reg.

Kom ons vat eienaarskap van ons optredes en die gevolge daarvan!

🏹 Op pad na die Nasionale Boogskietkampioenskappe! 🏹Met groot trots kondig ons aan dat Peet, Zané en Elmé vir die Oos-Ka...
13/08/2026

🏹 Op pad na die Nasionale Boogskietkampioenskappe! 🏹

Met groot trots kondig ons aan dat Peet, Zané en Elmé vir die Oos-Kaap Provinsiale Boogskietspan gekies is!
Hulle sal einde September die Oos-Kaap by die Nasionale Boogskietkampioenskappe in Jeffreysbaai verteenwoordig.

Baie geluk met hierdie besondere prestasie! Julle harde werk, deursettingsvermoë en toewyding het vrugte afgewerp. Ons wens julle alle sterkte toe en weet julle sal Omega Akademie en die Oos-Kaap met trots verteenwoordig.

🎯 Baie geluk – ons is ongelooflik trots op julle! 🏹💙❤️

☕️🌱 VAN KOFFIEBOON TOT IN DIE BEKER! 🌱☕️Ons leerders het onlangs ’n heerlike en leersame uitstappie na Tzitzi Coffee geh...
09/08/2026

☕️🌱 VAN KOFFIEBOON TOT IN DIE BEKER! 🌱☕️

Ons leerders het onlangs ’n heerlike en leersame uitstappie na Tzitzi Coffee gehad! 🤎

Hulle het eerstehands gesien hoe koffie van die koffieboon tot die heerlike koppie koffie gemaak word.

☕️🌿 Van die bone se verwerking tot die finale produk – dit was besonders om te sien hoeveel werk en passie agter elke koppie koffie is.
Maar die lekkerste deel? 😋 Ons is ook bederf met heerlike melkskommels!

Baie dankie aan Tzitzi Coffee vir julle gasvryheid, die interessante ervaring en die heerlike bederf. Ons leerders het dit ongelooflik geniet! ❤️

’n Uitstappie vol leer, ontdekking en lekker herinneringe! ☕️✨

Trots op ons boogskietspan! 🏹Baie geluk aan; Peet, Zané, Mia, Miané en Elmé wat op 1 Augustus aan die EC Championship in...
06/08/2026

Trots op ons boogskietspan! 🏹

Baie geluk aan; Peet, Zané, Mia, Miané en Elmé wat op 1 Augustus aan die EC Championship in Despatch deelgeneem het.

'n Spesiale geluk aan Peet met sy 1ste plek (Hoërskool Seuns 3D) en 2de plek (Hoërskool Seuns Bullseye).

Julle maak ons trots!

🌟 Waarde van die Week: Selfbeheersing"Wie homself kan beheer, is sterker as iemand wat 'n stad inneem."– Spreuke 16:32Se...
05/08/2026

🌟 Waarde van die Week: Selfbeheersing
"Wie homself kan beheer, is sterker as iemand wat 'n stad inneem."
– Spreuke 16:32

Selfbeheersing beteken om die regte keuses te maak, selfs wanneer dit moeilik is. Ons dink mooi voordat ons praat, beheer ons emosies, respekteer ander en doen wat reg is – ook wanneer niemand kyk nie. Met God se hulp kan ons elke dag groei in selfbeheersing.

Motto van die week: "Ek kies wat reg is, al is dit nie altyd maklik nie." 🌟

Geesweek! 🥳
01/08/2026

Geesweek! 🥳

Address

Kareedouw
6400

Opening Hours

Monday 07:30 - 17:00
Tuesday 07:30 - 17:00
Wednesday 07:30 - 17:00
Thursday 07:30 - 17:00
Friday 07:30 - 13:00

Telephone

+27766718796

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when CVO Omega Akademie posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to CVO Omega Akademie:

Shortcuts

Share

Category