Hoërskool Linden

Hoërskool Linden ‘n Skool vir die gemeenskap. Hier deel ons die jongste nuus van Hoërskool Linden. Hier deel ons die jongste nuus van HS Linden.

Ongematigde advertensies en kommentaar wat nie die waardes en gees van HSL weerspieël nie is ontoelaatbaar.

04/09/2026

Vandag vier ons Bok Vrydag by Hoërskool Linden!🇿🇦

Ons het ’n paar interessante vrae aan ons leerders gestel … en hulle antwoorde het beslis vir ’n paar lekker oomblikke gesorg!

Hier is wat ons Lindeniete te sê gehad het:

Ons is baie trots op ons eie Lindeniet, Zeante Nel!Zeante kry die geleentheid om Suid-Afrika op die internasionale verho...
04/09/2026

Ons is baie trots op ons eie Lindeniet, Zeante Nel!

Zeante kry die geleentheid om Suid-Afrika op die internasionale verhoog te verteenwoordig as deel van die Suid-Afrikaanse kano-polospan by die ICF Wêreldkampioenskappe in Duisburg, Duitsland!

Haar besondere reis het selfs die aandag van KykNET se Kwêla getrek, wat onlangs met Zeante ’n onderhoud gevoer het.

Moet dit nie misloop nie!

Kyk Kwêla op KykNET op Sondag 6 September 2026 en sien ons eie Zeante op die kassie!

🎥 Voorskou – Kwêla:
https://youtu.be/VliOswf2M5c?si=npBtWau03GFbFgF1

Baie geluk, Zeante! Ons is trots op jou en wens jou alle sterkte toe vir die Wêreldkampioenskappe!💚👏🏻

Vandag het vier van ons Graad 10-VLR-leerders ’n verskil in ons gemeenskap gemaak!Linden Polisiestasie het aan ons leerd...
03/09/2026

Vandag het vier van ons Graad 10-VLR-leerders ’n verskil in ons gemeenskap gemaak!

Linden Polisiestasie het aan ons leerders, tesame met leerders van ander skole, die geleentheid gebied om deel te wees van ’n boomplantseremonie. Dit was ’n besondere geleentheid om saam hande te vat en iets positief vir ons gemeenskap te doen.

Baie dankie aan Linden Polisiestasie vir die geleentheid en inisiatief, aan ons VLR vir die plante wat hulle geskenk het, en natuurlik aan ons vier leerders wat hul tyd afgestaan het om deel van hierdie betekenisvolle projek te wees.

By Hoërskool Linden bou ons nie net leiers nie – ons bou ook gemeenskap!💚👏🏻

Baie dankie vir julle goeie harte en omgee! Julle bereidwilligheid om ’n verskil in die lewens van ons kinders te maak, ...
03/09/2026

Baie dankie vir julle goeie harte en omgee! Julle bereidwilligheid om ’n verskil in die lewens van ons kinders te maak, wys dat ons Linden-gemeenskap werklik omgee.

Tydens ons Lentedag het ons ’n fondsinsameling ten bate van Ukunaka gehou, waar enige donasie welkom was. Danksy die ongelooflike ondersteuning van ons Linden-gemeenskap kon Ukunaka net meer as R10 000 insamel vir ons kinders!

Ons wil vandag eenvoudig vir elkeen van julle baie dankie sê. Elke bydrae, groot of klein, maak ’n verskil.

Neem ook kennis dat u enige tyd ’n donasie aan Ukunaka kan maak deur die bedrag in die skoolrekening te betaal en “Ukunaka” as verwysing te gebruik.

Ukunaka – Ons gee om!💚👏🏻

Baie geluk aan ons o.15-krieketseuns wat die afgelope week in die Wesrandliga kragte gemeet het en ’n uitstekende oorwin...
03/09/2026

Baie geluk aan ons o.15-krieketseuns wat die afgelope week in die Wesrandliga kragte gemeet het en ’n uitstekende oorwinning behaal het!

Die span het sterk teruggeveg teen Fochvilleen en die wedstryd met 3 paaltjies gewen. ’n Goeie begin tot die seisoen!

Ons wens die span alle sterkte toe vir die res van die seisoen.🤩👏🏻

Nog net 2 dae om aansoek te doen!Die GDO-aansoeke sluit binnekort. As Hoërskool Linden jou skool van keuse is, is dit no...
02/09/2026

Nog net 2 dae om aansoek te doen!

Die GDO-aansoeke sluit binnekort. As Hoërskool Linden jou skool van keuse is, is dit nou die tyd om jou aansoek in te dien.

By Hoërskool Linden gaan dit oor meer as net ’n goeie akademiese grondslag. Ons bied aan leerders die geleentheid om hul talente op die sportveld, op die kultuurverhoog en binne die klaskamer te ontwikkel – en om deel te wees van ’n skoolgemeenskap waar elkeen ’n plek het.

Kies Linden. Begin jou volgende hoofstuk hier.

Vir enige navrae, kontak Me. Pauline Grobler by [email protected].💚

Baie geluk aan drie van ons leerders wat onlangs aan die Sentraal-Gauteng Eisteddfod deelgeneem het.  Die uitslae was so...
02/09/2026

Baie geluk aan drie van ons leerders wat onlangs aan die Sentraal-Gauteng Eisteddfod deelgeneem het. Die uitslae was soos volg:

Elri Louw – Gr. 9
Klavierspel:
- A+ in die klassieke afdeling
- 2 x A in die kontemporêre afdeling

Kristen Enslin – Gr. 9
Sang:
- B – 74%: Vocal Backtrack – eie keuse
- A – 81%: Vocal Pop/Rock – Backtrack

Jordyn Stroh – Gr. 8
Klavier en sang:
- Piano Own Choice – 92%
- Vocal Music/Broadway – 80%
- Vocal Own Choice – 83%
- Vocal with Self Accompaniment on Piano – 83%
- Vocal Pop/Rock – 86%
- Vocal Afrikaans – 89%
- Vocal Film – 90%
- Kategorie-wenner in Vocal Afrikaans en Vocal Film

Baie geluk! 💚👏🏻

Ons Spanredenaars het tydens die eerste ronde van Oppie Tong Af se Spanredenaarsafdeling behoorlik hul sê gesê. Die uitd...
02/09/2026

Ons Spanredenaars het tydens die eerste ronde van Oppie Tong Af se Spanredenaarsafdeling behoorlik hul sê gesê. Die uitdunronde word jaarliks via Zoom aangebied, wat beteken dat ons leerders hul redenaarsvaardighede op ’n heel ander platform moes bewys.

Vyf van ons spanne het met besonder sterk uitslae deurgedring na die semi-finaalronde:

Gr. 8-span – 89%
Gr. 9-span – 90%
Gr. 10-dogterspan – 90%
Gr. 10-seunspan – 89,5%
Gr. 12-span – 93,5%

Ons ander spanne het ook uitstekend gevaar en die volgende uitslae behaal:

Gr. 9-span – 85,5%
Gr. 9-span – 88%
Gr. 11-span – 88%

Hierdie uitslae getuig van die leerders se vermoë om met selfvertroue hul standpunt te stel.💚👏🏻

01/09/2026

Ons derde lusmaker vir vanjaar se Hoërskool Linden Wynveiling is pure bederf!

Een gelukkige wenner kan uitsien na ’n Rest Spa Package vir twee by Sibani Lodge & Spa, geleë in die pragtige Cradle of Humankind.

Die pakket sluit in:
- 90 minute masserings vir twee
- Wynproe-sessie
- Sowel as 'n middagete

Dit bied 'n heerlike geleentheid om weg te breek, te ontspan en net ’n bietjie kwaliteit-tyd saam met 'n geliefde te geniet.

En onthou... hierdie is slegs lusmaker #3! Daar wag nog vele verrassings.👏🏻💚

Vakante afrigtingsposisie: Buite-afrigter: ​Dans-choreograaf vir 2027💚👏🏻
01/09/2026

Vakante afrigtingsposisie: Buite-afrigter: ​Dans-choreograaf vir 2027💚👏🏻

Address

Cnr 3rd Avenue And 6th Street, Linden
Johannesburg
2195

Opening Hours

Monday 07:30 - 15:00
Tuesday 07:30 - 15:00
Wednesday 07:30 - 15:00
Thursday 07:30 - 15:00
Friday 07:30 - 15:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hoërskool Linden posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Hoërskool Linden:

Shortcuts

Share

Category