Jan Celliers Laerskool en Pre-Primêr

Jan Celliers Laerskool en Pre-Primêr

Share

Die skool waar elke kind spesiaal is – het meer as net ‘n trotse verlede, want ons staan vir ‘n ideaal. Ons streef na uitnemendheid.

12/04/2025

Jan Celliers vier heel jaar fees. In ons 90ste bestaansjaar is ons bevoorreg om boonop jou nuwe lewensjaar - as geliefde en waardevolle personeellid - te vier. Mag jou hele lewe 'n fees wees!

17/02/2023

Gespreksforum vir ouers

Sosiale media en my kind se identiteit:

Selfone maak deel uit van die meeste leerders se leefstyl en kan ʼn belangrike rol in die vorming van hul identiteit speel. Carla Pretorius deel die nuutste statistiek, wetlike implikasies asook praktiese wenke met ons.

Jan Celliers nooi u vriende om saam te kom luister.

20 Februarie 2023 om 18:30 in die Skoolsaal.

Gebruik die skakel om u teenwoordigheid te bevestig:
https://forms.gle/Qw9ryCyGgJNpngR6A

Moenie hierdie geleentheid misloop nie!

17/02/2023

Jan Celliers slaan ‘n nuwe blaadjie om!

Ons nooi al ons huidige volgelinge om asb. aan te sluit by ons NUWE Facebookblad. Weens onvoorsiene omstandighede gaan die ou Facebookblad gesluit moet word.

"Ons verstaan ‘n brein wat nog besig is om te groei."
"Ons het die kennis, insig en ervaring om ons leerders te ontwikkel."
"Ons verstaan watter kreatiewe denkvaardighede nodig is om ons leerders uit te daag.
"Ons verstaan hoeveel liefde ons leerders benodig om te floreer."
"Ons verstaan, want ons het ‘n groei-mentaliteit!"
- Jan Celliers Personeel -

Sluit hier aan by ons nuwe Facebookblad: https://www.facebook.com/JanCelliersSkool

Deel die nuus, deel die GROEI!

Jan Celliers - Laerskool en Preprimêr JAN CELLIERS is ‘n onafhanklike skool wat holistiese waardegedrewe onderrig bied.
https://bit.ly/JC_Prospektus

2023.02.14 Jan Celliers Valentynsdag 14/02/2023

❤❤❤Valentynsdag❤❤❤

Die dag van liefde! Een groot hartjie-fees.
Die laerskool het gedans, gejol en Markdag gevier!
Die kleuterskool was in rooi, pienk en wit versier.
Die Speelskool het die liefde gedeel en heerlik gespeel.
Ons Jannies maak seker niemand raak ooit verveel.

2023.02.14 Jan Celliers Valentynsdag 445 new items added to shared album

2023.02.13 Gr 000 Tydens klastyd 13/02/2023

Graad 000 leer speel-speel tydens 'n wye verskeidenheid van kreatiewe aktiwiteite en skeppende projekte.

2023.02.13 Gr 000 Tydens klastyd 59 new items added to shared album

Photos from Jan Celliers Laerskool en Pre-Primêr's post 12/02/2023

Midmar 2023.

Photos from Jan Celliers Laerskool en Pre-Primêr's post 11/02/2023

Jannies Stars Shine Brightly at Kids’ Lit Quiz 2023!

Earlier the week, eight Grade 6 and 7 pupils attended the English Kids’ Lit Quiz at St John’s College. Our 2023 bookworms were Dawid Fourie, Estelle and Johannes van der Plas and Johannes Bennie in team 1 and Katie Doyer, Brand Pretorius, Marguerite Cockeran and Matthew Malherbe in team 2.

Our two teams competed against 30 other teams from English schools all over Johannesburg to answer more than 100 questions about English literature. Both teams did us proud by winning rounds as well spot prizes but our team 1 superstars placed third overall, losing second place to Pridwin by only one point!

It was truly an amazing achievement and a very proud moment for our school.



10/02/2023

Ons wens ons Midmar-swemmers sterkte toe. Geniet elke oomblik Jannies!


08/02/2023

Our 2022 Silver School Awards goes to Jan Celliers Laerskool en Pre-Primêr

"JAN CELLIERS is ‘n onafhanklike skool wat holistiese waardegedrewe onderrig bied. Ons fokus is om afgeronde kinders te vorm en is geleë in Johannesburg."

Baie geluk, ons is opgewonde oor 2023 en die impak en verskil wat eyebraingym in julle leerders gaan maak.

Kontak hulle:
http://www.jancelliers.co.za/
+27 11 646 3336

04/02/2023

Karel Jan Doyer behaal 2de plek in die o/12 kategorie by die Gauteng-Noord Mini-tennistoernooi.

04/02/2023

Die toppresteerders van die interhuisswemgala was:
Junior Victrix Ludorum: Annebelle Botha
Junior Victor Ludorum: Niel Moolman
Senior Victrix Ludorum: Marguerite Cockeran
Senior Victor Ludorum: Xander van Niekerk

Want your school to be the top-listed School/college in Johannesburg?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Category

Address


Lower Park Drive, Parkview
Johannesburg
2122