27/02/2015
Vergewe die kwaliteit van die fotos, geneem van 'n ou koerant uitknipsel. Die Transvaler Saterdag 16 Maart 1968,
Dogters Gimnastiekspan. Van links na regs.
Johanna Swanepoel, Beatrix van Staden, Erna Setzer, Amanda Fourie, René du Toit, Frieda Ackermann, Amanda Bothma (ek) en Helena van der Walt. Rigdeway Hoërskool
27/02/2015
Vergewe die kwaliteit van die fotos, geneem van 'n ou koerant uitknipsel. Die Transvaler Saterdag 16 Maart 1968,
UITBLINKER ATLETE
Van links na regs:
H de wit, G Ludick, I Nortje, M van Rensburg, A Ludick, E Human, D Brits, D Spies
27/02/2015
Vergewe die kwaliteit van die fotos, geneem van 'n ou koerant uitknipsel. Die Transvaler Saterdag 16 Maart 1968,
SPORT OP DIE VERHOOG
Een van die Tablo's wat op 15 Maart 1968 in die skoolsaal aangebied was met die opening van die skool, hiermee was verskillende sportsoorte uitgebeeld waaraan ons leerlinge deelgeneem het.
Deelnemers van links na regs
D van Tonder, P du Plessis, I Tait, B van Staden, D van Rensburg, A Nel, A Theron, voor is D Brits.
Ons skool se eie Boereorkes, waarvan die meeste lede net 13 jaar oud was, het ook opgetree (ongelukkig was daar nie 'n foto van hulle in die koerant berig nie).
27/02/2015
Wat 'n span atlete, skool het in 1968 ge-open en in daardie jaar het ons, ons buurskole (sterk gevestigde skole) uitgestof, ons het Sir John Adamson met 122 punte geklop, die Randburgse Hoërskool met 87 punte en Hoërskool JG Strydom met 73 punte. Werklik 'n prestasie met net 390 leerlinge in Ridgeway Hoërskool, later het die naam verander na Hoërskool President .
27/02/2015
Colin Meyerowitz vertel dat hierdie foto geneem is toe net swart en wit fotos beskikbaar was (geneem tussen 1968 en 1970). Dit het hom 42 ure 36 min and 12 sek geneem met die hulp van Photoshop om die foto in te kleur. Uitstekende poging . Hierdie foto is 23 Julie 2011 op Facebook geplaas deur Malcolm Meyerowitz.
27/02/2015
Ons hoof Mnr. A.J.P. Kruger met die skoolopening op 15 Maart 1968. Van links na regs:
Pieter Kruger (onderhoofseun) Jacob de Vries (hoofseun) Mnr. Kruger, Linda Bonthuys (hoofmeisie) en Elrize Friis (onderhoofmeisie)
Die wat in 1968 deel was van Ridgeway Hoërskool sal onthou hoe ons gedurende pouse bossies uitgetrek en klippe opgetel het sodat ons 'n atletiekbaan en rugbyveld kon hê
21/11/2012
Tag asseblief jouself en almal wat jy ken. Post ook asseblief enige fotos wat julle het :)