Rabbedoe Kleuterskool

Rabbedoe Kleuterskool Rabbedoe Kleuterskool is 'n Afrikaanse, Christelike Kleuterskool in Wilro Park, Roodepoort.

Rabbedoe Kleuterskool is 'n kleuterfamilie wat daarin glo om nuuskierige, innoverende kinders groot te maak, wat altyd vrae vra, optimisties is, empatie toon en ander help waar ons kan, want dit is wat Jesus van ons verwag.

✨ Gelukkige Vrouedag aan elke besondere vrou! ✨Mag jy vandag onthou hoe kosbaar en waardevol jy is. 🌸 Mag jou lig helder...
09/08/2026

✨ Gelukkige Vrouedag aan elke besondere vrou! ✨

Mag jy vandag onthou hoe kosbaar en waardevol jy is. 🌸 Mag jou lig helder skyn, hoop bring en ander inspireer om ook hul lig te laat skyn.

β€œJulle is die lig vir die wΓͺreld.” – Matteus 5:14πŸ’—βœ¨

Skyn helder, wees ’n lig en maak ’n verskil! 🌟

πŸŽ‰πŸ’™ 17 Jaar van God se Genade! πŸ’™πŸŽ‰Vandag vier ons met dankbare harte 17 wonderlike jare van God se liede en genade.Dit is ...
01/08/2026

πŸŽ‰πŸ’™ 17 Jaar van God se Genade! πŸ’™πŸŽ‰

Vandag vier ons met dankbare harte 17 wonderlike jare van God se liede en genade.

Dit is vir ons 'n ongelooflike voorreg om elke dag met Koninkrykskinders te mag werk – kinders wat deur God geskape is met 'n unieke doel en bestemming.

Ons is so geseΓ«nd om ons passie en gawes uit te leef deur klein lewens aan te raak, hulle te help om nuwe mylpale te bereik, hulle selfvertroue te sien groei en saam met hul ouers 'n sterk fondasie vir 'n lewe van sukses te bou.

Elke laggie, elke nuwe vaardigheid, elke drukkie en elke klein oorwinning herinner ons daaraan waarom God hierdie pad vir ons gekies het. Dankie aan elke ouer wat ons met julle kosbaarste skat vertrou, en aan elke personeel-lid wat daagliks met liefde, geduld en oorgawe dien.

Aan God alleen kom al die eer toe vir die afgelope 17 jaar. Ons sien met verwagting uit na alles wat Hy nog vir Rabbedoe Kleuterskool beplan.

πŸ“– "Laat jou werke aan die Here oor, dan sal jou planne uitgevoer word." – Spreuke 16:3

✨ Op nog baie jare waarin ons lig helder sal skyn en klein vlerkies sal help om groot drome te bereik!

🌟 GELUKKIGE VADERDAG! 🌟Vandag vier ons al die wonderlike pa’s, oupas en vaderfigure wat 'n reuse verskil in ons maats se...
21/06/2026

🌟 GELUKKIGE VADERDAG! 🌟

Vandag vier ons al die wonderlike pa’s, oupas en vaderfigure wat 'n reuse verskil in ons maats se lewens maak.
In Matteus 5:14 staan daar: "Julle is die lig vir die wΓͺreld." Baie dankie aan elke pa wat hierdie lig vir sy gesin isβ€”wat met soveel liefde, geduld en wysheid die pad aanwys. Julle is ons ware helde! πŸ’™βœ¨
Ons hoop julle word vandag behoorlik bederf.

Met baie liefde,
Die Rabbedoe-span πŸ˜ŽπŸ€“

14/05/2026

πŸŒŸβ„π•–π•žπ•–π•π•§π•’π•’π•£π•₯π••π•’π•˜ 𝟚𝟘𝟚𝟞🌟

Vandag het ons met groot vreugde Hemelvaartdag gevier. Hierdie besondere dag herinner ons aan Jesus se hemelvaart na die Vader, en aan Sy belofte dat ons nooit alleen sal wees nie.

Ons glo en weet dat die Heilige Gees elke dag by ons is, in ons harte, in ons skool en in elke klein hartjie wat hier speel en leer.

Dankie Here dat ons ook kan sΓͺ: Maranata - Ons Here kom.

"Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom" Handelinge 1:8

Gelukkige Moedersdag aan al die wonderlike mammas! πŸ₯°
10/05/2026

Gelukkige Moedersdag aan al die wonderlike mammas! πŸ₯°

03/04/2026

🌿✨ Geseënde Paasfees ✨🌿

Dit is vir ons ’n groot eer om ons kinders te leer oor die ware betekenis van Paasfees. Deur elke aktiwiteit wat hulle self beleef en ervaar, word hierdie spesiale boodskap op ’n praktiese en betekenisvolle manier deel van hul lewens.
Mag ons liggies aanhou skyn en die goeie nuus met liefde en vreugde versprei β€” nie net in hierdie tyd nie, maar elke dag. πŸ’›

β€œHy is nie hier nie; Hy het opgestaan, soos Hy gesΓͺ het.”
– Matteus 28:6

🌿 **Palmsondag** 🌿Vandag herdenk ons Palmsondag – die dag toe Jesus in Jerusalem verwelkom is met palmblare en loflieder...
29/03/2026

🌿 **Palmsondag** 🌿

Vandag herdenk ons Palmsondag – die dag toe Jesus in Jerusalem verwelkom is met palmblare en lofliedere. Dit is β€˜n tyd om stil te staan by nederigheid, liefde en hoop.

Mag hierdie dag vir jou en jou familie gevul wees met vrede en seΓ«n. πŸ’›βœ¨

Vandag het ons ’n baie spesiale besoek aan ons kleuterskool gehad! 🐢✨TOP Dogs - Therapy Dogs het kom kuier met hul ongel...
12/02/2026

Vandag het ons ’n baie spesiale besoek aan ons kleuterskool gehad! 🐢✨

TOP Dogs - Therapy Dogs het kom kuier met hul ongelooflike terapiehonde. Hul missie is om β€œglimlagte vir myle te versprei” en mense se welstand te verbeter deur positiewe interaksies met hul honde – en dit het hulle beslis reggekry!

Die honde is uitstekend opgelei en ons maats het dit só geniet om vir hulle lekkernye te gee, hul hare te borsel, hulle styf vas te druk en selfs saam met hulle te gaan stap. Daar was groot glimlagte, sagte handjies en baie liefde oral te sien. 🀍

Baie dankie, Top Dogs, vir julle besoek aan ons skool en vir die wonderlike werk wat julle doen. Julle maak regtig ’n verskil!

β€œOm vir diere om te gee, leer ons om met liefde, respek en deernis te leef.” 🐾

πŸ•―π•†π•Ÿπ•€ π•šπ•€ π••π•šπ•– π•π•šπ•˜πŸ•―Welkom terug aan al ons Rabbedoe maats! Ons is reg vir 'n wonderlik jaar waarin ons behoorlik gaan skitt...
12/01/2026

πŸ•―π•†π•Ÿπ•€ π•šπ•€ π••π•šπ•– π•π•šπ•˜πŸ•―

Welkom terug aan al ons Rabbedoe maats! Ons is reg vir 'n wonderlik jaar waarin ons behoorlik gaan skitter!! 🌟⭐️

β€œJulle is die lig van die wΓͺreld.” – Matteus 5:14

🌱✨ **’n Plek waar klein hartjies groot word** ✨🌱By Rabbedoe Kleuterskool skep ons ’n warm, huislike omgewing waar elke k...
04/01/2026

🌱✨ **’n Plek waar klein hartjies groot word** ✨🌱

By Rabbedoe Kleuterskool skep ons ’n warm, huislike omgewing waar elke kind liefde, geloof en sorg ervaar. 🀍
Ons glo elke kind ontwikkel teen hul eie tempo, met geduld, aanmoediging en baie liefde.

πŸ“–βœοΈ Waar geloof die fondasie is
🏑 Waar dit soos huis voel
🌈 Waar jou kind gesien, gehoor en gekoester word

πŸ‘‰ Kontak ons vandag en gee jou kind ’n sagte, gelukkige begin!

Address

22 Felspar Street
Johannesburg
1724

Opening Hours

Monday 07:00 - 18:00
Tuesday 07:00 - 18:00
Wednesday 07:00 - 18:00
Thursday 07:00 - 18:00
Friday 07:00 - 17:30

Telephone

+27822922918

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Rabbedoe Kleuterskool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Rabbedoe Kleuterskool:

Shortcuts

Share

Category