UJ Afrikaans - Departement Tale, Kultuurstudie en Toegepaste Linguistiek

UJ Afrikaans - Departement Tale, Kultuurstudie en Toegepaste Linguistiek

Share

Afrikaans@UJ. Deel van die Dept. Tale, Kultuurstudie en Toegepaste Linguistiek / LanCSAL - Dept of Languages, Cultural Studies and Applied Linguistics

Photos from UJ Afrikaans - Departement Tale, Kultuurstudie en Toegepaste Linguistiek's post 12/08/2026

Hartlik geluk aan Wium van Zyl, wenner van die 2026 UJ-prys vir Vertaling! "Die ongelukkige en treurige verhaal van die skip die Gouden Buys 1693" is sy vertaling van die 17de eeuse Nederlandse teks met die verhaal van ’n VOC-skip uit Enkhuizen wat in St. Helenabaai aan die Kaapse Weskus strand. Die boek bied ’n fassinerende blik op ’n minder bekende skeepsramp aan ons Suid-Afrikaanse kus in ’n bedrewe vertaling.
Uitgegee deur Hemel & See Boeke.
Die prysfunksie vind op 4 September 2026 plaas. Navrae: [email protected]

10/07/2026

🌸 Die wagtyd is verby – besprekings is nou oop! 🌸

Die Afrikaanse Taalraad (ATR), in samewerking met die ATKV, Die Dameskring en Atterbury Trust, nooi jou hartlik uit na 'n inspirerende Vrouedag-paneelgesprek.

Van kombuistafel tot raadsaal: Afrikaans vat haar plek

Kom luister na 'n eerlike en inspirerende gesprek oor vroue se leierskap, moedertaal, identiteit en die rol wat Afrikaans speel in die vorming van gemeenskappe en die ontsluiting van geleenthede.

🎤 Gesprekleier:
Sue Pyler-Slabbert
🌸 Paneellede:
* Prof. Marne Pienaar – Akademie en leierskap
* Maryna Besseling – Besigheid en gemeenskapsontwikkeling
* Mercia Eksteen – Korporatiewe en gemeenskapsleierskap
* Angelic Louw – Mediese student en jong stem vir die volgende geslag

📅 Datum: Dinsdag, 11 Augustus 2026
🕘 Tyd: 08:30 vir 09:00
📍 Fairtree Atterbury Teater, Lynnwood Bridge, Pretoria

✨ Geniet ook heerlike verversings en besoek die Dameskring se stalletjie waar hul splinternuwe resepteboek te koop sal wees.

🎟️ Toegang is gratis, maar registrasie is noodsaaklik.

👉 Registreer hier: https://forms.gle/Q31eqdp9UDoP2egJ6

Ons sien daarna uit om saam met jou Vrouedag te vier en die gesprek voort te sit oor hoe Afrikaans vroue bemagtig, verbind en nuwe moontlikhede skep.

Photos from Suidernuus / Southern Post and Suiderpers's post 05/07/2026
Photos from UJ Afrikaans - Departement Tale, Kultuurstudie en Toegepaste Linguistiek's post 29/06/2026

Die vakgroep Afrikaans (UJ) het die afgelope naweek in samewerking met o.m. Bokmakiri Boeke, die ATKV, die Drostdy-museum, Suidernuus, Olyfkrans College en Bontebokskloof die 3de lesing in die reeks oor die Hertzogpryswenners van Swellendam aangebied. Prof. Alwyn Roux van Unisa het vanjaar die huldigingsrede gelewer. Die portretstudie van Krige is spesiaal vir die geleentheid deur Estelle Marais geskilder.

22/06/2026

Van harte geluk aan met die aanwys van Binnerym van bloed as die wenner van die 2026 UJ-pryse vir Afrikaans!

22/06/2026

Van harte geluk aan Shane van der Hoven met Kruiper-Crawler aangewys as wenner van die 2026 UJ-debuutprys vir Afrikaans!

15/06/2026

Van harte geluk aan die drie digters wie se opwindende werk op die kortlys vir die 2026 UJ-debuutprys vir Afrikaans is:
• Ek't / Act deur Klara du Plessis (Karavan Press)
• waar daar eens 'n see was deur Jennifer Pape (Turksy Uitgewers)
• Kruiper – Crawler deur Shane van der Hoven (Uhlanga Press)

Want your school to be the top-listed School/college in Johannesburg?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Address


Johannesburg
2000