04/10/2022
Ek skep hierdie - op aandrang van Wynand Burger - wat onderweg Australië toe (vir werk) is en hy sal van daaraf by die groep aansluit.
Floridase Afrikaanse Hoërskool Re-unie. Wees deel van die 1972 Matriek-jaargroep se half-eeu herdenkings re-unie. Die idee is om so veel moontlik van ons klasmaats, waarvan julle weet en waarmee julle kontak het, uit te nooi om deel te wees van hierdie facebook-groep.
Wynand het met die skool geskakel om uit te vind oor die beskikbaarheid van die Klubhuis (op die skoolterein) en die eerste beste datum is 10 Desember 2022.
Om ’n Whatsapp-groep te stig is ook ’n moontlikheid pleks van facebook. Laat weet van julle. En laat weet wat julle d**k.