29/08/2026
Baie geluk met Mnr. se verjaarsdag! 🎈
Vandag vier ons nie net ons hoof se verjaarsdag nie, maar ook die besondere mens en leier wat hy vir ons skoolgemeenskap is.
Van al die ouers, leerders en personeel wil ons vir Mnr. Meyer baie dankie sê vir sy leiding, omgee, ondersteuning en die hart wat hy in ons skool sit. Hy maak ’n verskil in die lewens van soveel mense en ons is bevoorreg om hom as ons skoolhoof te hê.
Mag hierdie nuwe lewensjaar gevul wees met vreugde, liefde, goeie gesondheid, mooi herinneringe en talle redes om te glimlag. Mag daar vandag net soveel waardering en liefde wees vir Mnr. as wat Mnr. elke dag aan ander gee.
Met baie waardering en liefde!