Panorama Gekombineerde Skool Jacobsdal

Panorama Gekombineerde Skool Jacobsdal Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Panorama Gekombineerde Skool Jacobsdal, School, School Street 1 JACOBSDAL Postal Address:, PO BOX 77 Saundershoogte, Jacobsdal.

17/08/2026
Funky Socks day 🧦🧦
07/08/2026

Funky Socks day 🧦🧦

**BEDANKINGSBOODSKAP – GHOLFDAG 2026**Met opregte dankbaarheid wil ons almal bedank wat ons Gholfdag op 31 Julie 2026 by...
02/08/2026

**BEDANKINGSBOODSKAP – GHOLFDAG 2026**

Met opregte dankbaarheid wil ons almal bedank wat ons Gholfdag op 31 Julie 2026 by die Kimberley Golf Club so 'n groot sukses gemaak het.

Eerstens wil ons ons opregte waardering uitspreek teenoor Outdoor POWER NC, Toyota Kimberley Michelle , BB GWM Kimberley en Xerox wat die dag saam met ons uitgestal het. Julle teenwoordigheid en ondersteuning het groot waarde tot die geleentheid toegevoeg.

'n Spesiale woord van dank aan Rohan Victor, Chemkor, InteliGro Jacobsdal Depot, Jacobsdal Supermark en RootWeb Jacobsdal vir julle ruim kontant- en algemene borgskappe. Sonder die ondersteuning van borge soos julle sou 'n dag soos hierdie nie moontlik gewees het nie.

Ons wil ook Malu Pork , PRO Plants en die Pro Shop Kimberley hartlik bedank vir die wonderlike pryse, geskenkpakke en geskenkbewyse wat vir die prysuitdeling beskikbaar gestel is. Julle bydraes het beslis gehelp om die dag nog meer besonders te maak.

'n Opregte dankie aan **Wion van WION Auctioneers wat die veiling met die pryse aangebied het. Baie dankie vir jou entoesiasme en die bydrae wat jy gelewer het om die dag nog meer suksesvol te maak.

Aan ons toegewyde organiseerders – baie dankie vir al die harde werk, ure se beplanning, reëlings en die moeite wat julle gedoen het om borge te werf en die dag so suksesvol aan te bied. Julle toewyding en spanwerk het die verskil gemaak.

'n Groot dankie ook aan elke speler wat deelgeneem het. Julle entoesiasme, sportmangees en ondersteuning het bygedra tot die uitstekende atmosfeer van die dag.

Aan elke persoon en besigheid wat op watter wyse ook al 'n bydrae gelewer het – hetsy deur tyd, ondersteuning, borgskappe, deelname of hulp – sê ons opreg dankie. Julle betrokkenheid en vrygewigheid word opreg waardeer en het 'n belangrike rol gespeel in die sukses van ons Gholfdag.

Ons sien daarna uit om julle weer by toekomstige geleenthede te verwelkom.

Baie dankie vir julle ondersteuning!

Kom geniet die dag saam met ons.
27/07/2026

Kom geniet die dag saam met ons.

Landboudal Boere
22/07/2026

Landboudal Boere

🌟 Graad 1 Uitstappie – 20 Maart 2026🌟Ons Graad 1-leerders het op 20 Maart ‘n baie opwindende en leersame uitstappie bele...
21/03/2026

🌟 Graad 1 Uitstappie – 20 Maart 2026🌟

Ons Graad 1-leerders het op 20 Maart ‘n baie opwindende en leersame uitstappie beleef! 🎉

Hulle het verskeie plekke in ons gemeenskap besoek, naamlik die slaghuis, polisiestasie, apteek, Spar en die abattoir. By elke stop het die leerders waardevolle kennis opgedoen oor hoe hierdie plekke funksioneer en watter belangrike rolle hulle in ons daaglikse lewe speel.

Die leerders was nuuskierig, betrokke en baie opgewonde om nuwe dinge te sien en te leer. Baie dankie aan al die plekke wat ons so vriendelik ontvang het en die tyd geneem het om alles vir die kinders te verduidelik.

Ook ‘n groot dankie aan ons personeel en ouers vir hul ondersteuning – ons waardeer dit opreg! 🙏

Dit was beslis ‘n dag vol leer, ontdek en pret! 😊

Matric second chanceRewrite your matric or improve your marks!!!! Information session: 📍Ikanyageng C/SThursday 5 Februar...
03/02/2026

Matric second chance

Rewrite your matric or improve your marks!!!!

Information session:

📍Ikanyageng C/S
Thursday
5 February 2026
16:00

Panorama Gholfdag!! Hou die datum oop:  31 Julie 2026
26/01/2026

Panorama Gholfdag!!

Hou die datum oop: 31 Julie 2026

Address

School Street 1 JACOBSDAL Postal Address:, PO BOX 77 Saundershoogte
Jacobsdal
8710

Opening Hours

Monday 07:30 - 14:30
Tuesday 07:30 - 14:30
Wednesday 07:30 - 14:30
Thursday 07:30 - 14:30
Friday 07:30 - 14:30

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Panorama Gekombineerde Skool Jacobsdal posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category