Panorama Gekombineerde Skool Jacobsdal

Directions Website

Panorama Gekombineerde Skool Jacobsdal Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Panorama Gekombineerde Skool Jacobsdal, School, School Street 1 JACOBSDAL Postal Address:, PO BOX 77 Saundershoogte, Jacobsdal.

9 van Panorama se leerders het op 11 September 2026 nuwe brille gekry. Baie dankie vir die 3 onderwysers wat gehelp het ...
19/09/2026

9 van Panorama se leerders het op 11 September 2026 nuwe brille gekry.

Baie dankie vir die 3 onderwysers wat gehelp het daarmee.

*Graad 7 Entrepreneursdag 2026* Ons graad 7 leerders het op 18 September 2026 hulle entrepreneursdag gehou. Hulle het va...
19/09/2026

*Graad 7 Entrepreneursdag 2026*

Ons graad 7 leerders het op 18 September 2026 hulle entrepreneursdag gehou.

Hulle het van malva poeding tot gesigverf gehad.

Dankie vir elke ouer se bydrae.

17/09/2026
Geagte ouersDis van kardinale belang dat u u kind her-registreer vir 2027 se skooljaar. Die vorm moet voor of op Vrydag ...
03/09/2026

Geagte ouers

Dis van kardinale belang dat u u kind her-registreer vir 2027 se skooljaar.

Die vorm moet voor of op Vrydag 11 September 2026 terug by die leerder se registeronderwyser ingegee wees.

Indien die vorm nie terug is teen 11 September nie sal u kind se plek vervang word deur nuwe kanidate.

Baie dankie

Geagte ouersLeerders kan môre gewone klere aantrek vir R2, ons moedig die leerders aan om helder klere aan te trek om so...
03/09/2026

Geagte ouers

Leerders kan môre gewone klere aantrek vir R2, ons moedig die leerders aan om helder klere aan te trek om sodoende Lentedag te vier.

Moet asseblief nie dat u kind by die huis bly nie!

Raak ook deel van ons Whatsapp groep, wat per graag gemaak sal word. Stuur die graad waarin u kind is, u naam en u selfoon nommer saam die briefie weer terug skool toe.

Baie dankie🌸

Graad 4 tot 7 Ouervergadering 1 September 2026 om vyf uur (17:00).Woon asseblief die vergadering by
31/08/2026

Graad 4 tot 7 Ouervergadering
1 September 2026 om vyf uur (17:00).

Woon asseblief die vergadering by

Funky Socks day 🧦🧦
07/08/2026

Funky Socks day 🧦🧦

**BEDANKINGSBOODSKAP – GHOLFDAG 2026**Met opregte dankbaarheid wil ons almal bedank wat ons Gholfdag op 31 Julie 2026 by...
02/08/2026

**BEDANKINGSBOODSKAP – GHOLFDAG 2026**

Met opregte dankbaarheid wil ons almal bedank wat ons Gholfdag op 31 Julie 2026 by die Kimberley Golf Club so 'n groot sukses gemaak het.

Eerstens wil ons ons opregte waardering uitspreek teenoor Outdoor POWER NC, Toyota Kimberley Michelle , BB GWM Kimberley en Xerox wat die dag saam met ons uitgestal het. Julle teenwoordigheid en ondersteuning het groot waarde tot die geleentheid toegevoeg.

'n Spesiale woord van dank aan Rohan Victor, Chemkor, InteliGro Jacobsdal Depot, Jacobsdal Supermark en RootWeb Jacobsdal vir julle ruim kontant- en algemene borgskappe. Sonder die ondersteuning van borge soos julle sou 'n dag soos hierdie nie moontlik gewees het nie.

Ons wil ook Malu Pork , PRO Plants en die Pro Shop Kimberley hartlik bedank vir die wonderlike pryse, geskenkpakke en geskenkbewyse wat vir die prysuitdeling beskikbaar gestel is. Julle bydraes het beslis gehelp om die dag nog meer besonders te maak.

'n Opregte dankie aan **Wion van WION Auctioneers wat die veiling met die pryse aangebied het. Baie dankie vir jou entoesiasme en die bydrae wat jy gelewer het om die dag nog meer suksesvol te maak.

Aan ons toegewyde organiseerders – baie dankie vir al die harde werk, ure se beplanning, reëlings en die moeite wat julle gedoen het om borge te werf en die dag so suksesvol aan te bied. Julle toewyding en spanwerk het die verskil gemaak.

'n Groot dankie ook aan elke speler wat deelgeneem het. Julle entoesiasme, sportmangees en ondersteuning het bygedra tot die uitstekende atmosfeer van die dag.

Aan elke persoon en besigheid wat op watter wyse ook al 'n bydrae gelewer het – hetsy deur tyd, ondersteuning, borgskappe, deelname of hulp – sê ons opreg dankie. Julle betrokkenheid en vrygewigheid word opreg waardeer en het 'n belangrike rol gespeel in die sukses van ons Gholfdag.

Ons sien daarna uit om julle weer by toekomstige geleenthede te verwelkom.

Baie dankie vir julle ondersteuning!

Address

School Street 1 JACOBSDAL Postal Address:, PO BOX 77 Saundershoogte
Jacobsdal
8710

Opening Hours

Monday 07:30 - 14:30
Tuesday 07:30 - 14:30
Wednesday 07:30 - 14:30
Thursday 07:30 - 14:30
Friday 07:30 - 14:30

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Panorama Gekombineerde Skool Jacobsdal posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category