06/10/2026
Chi-Cole Korkee het op 3 Oktober met groot trots aan die Nasionale WOW Spelfees in Stellenbosch deelgeneem. Sy het uitstekend presteer en 12de in Suid-Afrika geëindig, nadat sy tot die 14de rondte gevorder het.
Ons is baie trots op Chi-Cole vir haar harde werk, deursettingsvermoë en puik prestasie.
Sy het ons skool met trots verteenwoordig en gewys dat toewyding en vasberadenheid tot groot hoogtes kan lei.
Baie geluk, Chi-Cole! Ons is ongelooflik trots op jou! 🏆🌟