28/08/2026
TONEEL
Hoërskool Hopetown bied met trots Die Grootste Skouspel aan – ’n musiekblyspel geïnspireer deur The Greatest Showman.
Hier is niemand vreemd nie. Hier behoort almal. Drome is die begin van die grootste verhale.
Kom beleef ’n aand vol musiek, energie, kleur en onvergeetlike oomblikke saam met ons!
Datum: 8, 9 en 10 September 2026
Tyd: 18:00
Plek: Hoërskool Hopetown se skoolsaal
Koste: R60 (volwassenes) | R30 (kinders)
Kontak gerus vir Melanie Green by 083 643 4400 vir kaartjiebesprekings.
Die ATKV-jeugtak Kaalvoetkinders is trots om die projek te ondersteun.
Kom word deel van die skouspel!