10/09/2026
KLAS VAN 1996 – 30 JAAR LATER!
Hoe ongelooflik besonders is dit nie om na 30 jaar weer bymekaar te kom en ’n volle sirkel te loop nie!
Vir ’n oomblik was dit asof die jare net verdwyn het… Die stories is vertel, die herinneringe het teruggekom en die lag het weer net so maklik gekom soos destyds.
Daar was soveel lag, vreugde, herinneringe en sommer net lekker saamkuier. Wat ’n voorreg om te sien hoe ’n groep leerders van 1996, ná al hierdie jare, steeds ’n besondere band met mekaar én met hul skool deel.
Klas van 1996, dankie dat julle kom kuier het. Dankie dat julle teruggekom het na die plek waar soveel van julle mooiste herinneringe begin het.
Mag hierdie reünie net die begin wees van nog baie saamkuier, nog baie stories en nog baie herinneringe wat gemaak word.
HSH se deure en harte sal altyd oop wees vir julle.
Op nog 30 jaar se herinneringe!
CLASS OF 1996 – 30 YEARS LATER!
How incredibly special it is to come together again after 30 years and bring things full circle!
For a moment, it was as if the years simply melted away… Stories were shared, memories came flooding back, and laughter flowed just as easily as it did back then.
There was so much laughter, joy, reminiscing, and simply enjoying each other's company. What a privilege to see how a group of learners from 1996—after all these years—still shares a special bond with one another and with their school.
Class of 1996, thank you for visiting. Thank you for returning to the place where so many of your fondest memories began.
May this reunion be just the beginning of many more get-togethers, many more stories, and many more memories yet to be made.
HSH’s doors and hearts will always be open to you.
Here’s to another 30 years of memories!