Laerskool Hermanus Primary

Laerskool Hermanus Primary Our primary school is nestled in the heart of one of the most beautiful coastal towns in SA.

Vandag vier ons die onderwysers van Laerskool Hermanus Primary wat elke dag met geduld, passie en omgee ’n verskil in on...
05/10/2026

Vandag vier ons die onderwysers van Laerskool Hermanus Primary wat elke dag met geduld, passie en omgee ’n verskil in ons leerders se lewens maak. Dankie vir alles wat julle gee - binne én buite die klaskamer.
Behind every lesson is a teacher who encourages, guides and believes in a child’s potential. Today we celebrate our LHP teachers and thank you for the difference you make every day.

Baie geluk aan dr. Danie du Toit, voorsitter van Laerskool Hermanus Primary se Beheerliggaam, wat vandag verjaar. Dankie...
04/10/2026

Baie geluk aan dr. Danie du Toit, voorsitter van Laerskool Hermanus Primary se Beheerliggaam, wat vandag verjaar. Dankie vir jou leiding, betrokkenheid en die tyd wat jy aan ons skoolgemeenskap afstaan. Ons hoop jy het ’n baie lekker verjaarsdag!

Happy birthday, Dr Danie! Thank you for the important role you play at LHP and for your continued commitment to our school and its learners. We wish you a wonderful year ahead.

Leer, groei en inspireer!Ons Graad 1-opvoeders het gedurende die vakansieweek ’n sinvolle Wiskunde-opleiding, aangebied ...
02/10/2026

Leer, groei en inspireer!

Ons Graad 1-opvoeders het gedurende die vakansieweek ’n sinvolle Wiskunde-opleiding, aangebied deur die WKOD, van Maandag tot Vrydag bygewoon. ’n Waardevolle week vol nuwe idees, kennis en inspirasie. Ons is gereed om dit met ons leerders te deel!

Baie geluk aan juf. Suzanne Burger! Ons Graad 7-juffrou en skaak-kodehoof is ’n raakvatter wat dinge laat gebeur. Sy was...
01/10/2026

Baie geluk aan juf. Suzanne Burger! Ons Graad 7-juffrou en skaak-kodehoof is ’n raakvatter wat dinge laat gebeur. Sy was ook die dryfkrag agter vanjaar se Geesweek en het met hope lekker idees gesorg dat die Interskole-gees behoorlik vlamvat.
Happy birthday, Teacher Burger! From leading our chess programme to driving the ideas and energy behind Geesweek, you’re someone who turns plans into action. We hope you enjoy a wonderful birthday and a well-earned break!

29/09/2026

Ons o/13-krieketspan het ook ’n uitstekende week by die Cretchley Cricket Series in Knysna geniet. Hier is ’n terugblik op hul toer laasweek. Goeie krieket, waardevolle wedstrydervaring en sommer baie lekker oomblikke saam as span.
Our o/13 boys made the most of their time in Knysna, both on and off the field. A memorable tour filled with cricket, team spirit and plenty of LHP pride!

Charley Beaumont (Gr. 5A3) verteenwoordig tans die Wes-Kaap in perdry by die SANESA Nasionale Kampioenskappe in Kyalami,...
26/09/2026

Charley Beaumont (Gr. 5A3) verteenwoordig tans die Wes-Kaap in perdry by die SANESA Nasionale Kampioenskappe in Kyalami, Gauteng, saam met haar perd, Trixie. Ons is baie trots op jou, Charley, en sien uit daarna om haar uitslae te deel!
Charley and Trixie are currently competing in equestrian sport at Nationals from 24–27 September. What a special achievement to represent the Western Cape on the national stage. We look forward to sharing the results!

LHP-OPGRADERINGS | ONS SPORTFASILITEITEOns rugbyvelde se vordering oor die afgelope drie jaar spreek vanself! Dankie aan...
26/09/2026

LHP-OPGRADERINGS | ONS SPORTFASILITEITE

Ons rugbyvelde se vordering oor die afgelope drie jaar spreek vanself! Dankie aan AgriTurf vir die volgehoue instandhouding wat ons velde in goeie toestand hou. Goeie sportfasiliteite vra deurlopende aandag en sorg.

Thank you also to RhinoTurf for maintaining our hockey astro courts and responding promptly after May’s severe winds blew a pavilion over the fence, damaging the astro. Repairs and replacement fencing were needed. Valuable work behind the scenes to care for the spaces our learners use.

Agriturf

Maandag het ons Graad 3-leerders ’n voorsmakie gekry van wat atletiek behels voordat hulle aan hul heel eerste Kleure-at...
26/09/2026

Maandag het ons Graad 3-leerders ’n voorsmakie gekry van wat atletiek behels voordat hulle aan hul heel eerste Kleure-atletiekbyeenkoms deelneem volgende kwartaal. Hulle kon self die verskillende items probeer en sommer vroeg reeds die atletiekgees begin ervaar.
Our shot put, hurdles, long jump and high jump coaches demonstrated the different disciplines and guided the learners through the basics. We look forward to seeing our future athletes in action!

Ons is baie trots op ons LHP o/12-rugbyseuns wat tans aan die Interprovinsiale o/12-rugbykompetisie op Stellenbosch deel...
26/09/2026

Ons is baie trots op ons LHP o/12-rugbyseuns wat tans aan die Interprovinsiale o/12-rugbykompetisie op Stellenbosch deelneem. Geniet elke oomblik en dra die Boland-kleure met trots!
A special opportunity to compete alongside some of the best young rugby players from across the provinces. Well done, boys. LHP is proud of you!

Vandag vier ons die mense, stories, tale en tradisies wat Suid-Afrika ons tuiste maak. By LHP is erfenis ook deel van on...
24/09/2026

Vandag vier ons die mense, stories, tale en tradisies wat Suid-Afrika ons tuiste maak. By LHP is erfenis ook deel van ons eie storie, met historiese geboue op ons skoolterrein wat al vir meer as ’n eeu deel van Hermanus is.
Happy Heritage Day from LHP. May we continue to celebrate where we come from, learn from one another and take pride in the stories that shape our community and our country.

Address

Dirkie Uys Street
Hermanus
7200

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Laerskool Hermanus Primary posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Laerskool Hermanus Primary:

Share