28/02/2016
'n Bief van SUPERMARK aan Mev. Van der Merwe
Geagte mevrou van der Merwe,
Ons winkel is van plan om u gesin uit ons winkel(s) te verban, tensy u man nie met sy streke ophou nie. Onderaan vind asseblief 'n lys van alles wat hy aangevang het. Ons kameras het hulle oor die laaste maande geverifieër.
MEMO (Van Sekuriteitsafdeling)
Junie 15, 2012: Hy het 24 boksies kondome gevat en hulle in ander kliënte se mandjies gegooi terwyl hulle nie kyk nie.
Julie 2, 2012: Al die wekkers in die 'Housewares' afdeling ingestel om met 5 minute tussenposes af te gaan.
Julie 7, 2012: Het 'n tamatiesous spoor op die vloer gelos tot by die tampon rakke.
Julie 19, 2012: Na 'n werknemer in die Kombuis seksie gestap en vir haar in 'n amptelike stem gesê: "Kode 3"...en toe gewag om te sien wat gaan gebeur.
Augustus 4, 2012: Het na die Dienstoonbank geloop en gevra of hy 'n pakkie smarties op lay-buy kan sit.
September 14, 2012: Het die "Caution - Wet Floor" bordjie na die matte afdeling geneem.
September 15, 2012: Het 'n tent in die Kampafdeling opgerig en vir kliënte uitgenooi om in te kom as hulle kussing van die Beddegoed Afdeling sal saambring.
Oktober 4, 2012: Het reguit in die sekuriteitskamera gekyk asof dit 'n spieël is, in sy neus gekrap, en dit toe geëet.
November 10, 2012: Terwyl hy gewere in die jagafdeling gehanteer het, assistente gevra het of die anti-depressante pille afdeling naby is.
Desember 3, 2012: Pyl orals in die windel rond op 'n baie verdagte manier, terwyl hy hardop die tema liedjie van "Mission Impossible" neurie.
Desember 6, 2012: in die Auto departement het hy sy "Madonna Look" geoefen deur verskeie groottes tregters te gebruik.
Desember 18, 2012: Het homself in die klererak weggesteek en dan, terwyl kliënte kyk, uitroep "Pick me, Pick me!!!"
Desember 21, 2012: Toe 'n aankondiging oor die luidspreker kom, het hy in die foetale posise gaan lê en skree: "NEE! NEE! Dis weer daai stemme!"
Desember 24, 2012: Hy het in 'n klere aanpaskamer gegaan, die deur gesluit, 'n tyd lank gewag en toe baie hardop uitgeroep: "Daar's nie toiletpapier hier nie!!!!!!"