21/08/2026
🌊🐠 Onder die water! 🐙🫧
Ons kinderkinetikus het hierdie week ’n spesiale Onder die Water-tema vir ons klein maatjies aangebied! 🐬🐚
Dit is só lekker wanneer leer, speel en beweging hand aan hand gaan. Terwyl ons maatjies soos vissies swem, oor “koraal” klim en deur die diepsee avontuur, ontwikkel hulle sommer terselfdertyd balans, koördinasie, liggaamsbewustheid en grootmotoriese vaardighede. 💪🧠
Want vir klein lyfies is beweging ’n belangrike deel van leer en ontwikkeling – en as dit soos speel voel, is dit nóg lekkerder! 💙
🐳 Klein handjies, groot drome.