Wikkelwurmpies
- Home
- South Africa
- Heidelberg
- Wikkelwurmpies
Wikkelwurms is 'n KLEUTERSKOOL vir kinders vanaf 4 maande tot 6 jaar en fokus op liggaamlike, geeste Ons fokus op mamma en kind se kwaliteit tyd saam.
(3)
Address
101 H. F. Verwoerd Road
Heidelberg
1441
Opening Hours
| Monday | 06:00 - 17:00 |
| Tuesday | 06:00 - 17:00 |
| Wednesday | 06:00 - 17:00 |
| Thursday | 06:00 - 17:00 |
| Friday | 06:00 - 17:00 |
Telephone
Website
Alerts
Be the first to know and let us send you an email when Wikkelwurmpies posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.
Contact The School
Send a message to Wikkelwurmpies:
Shortcuts
Category
Ons storie
Ek glo kinders moet speel, nie net binne met legkaarte en blokkes nie, buite in die vars lug. Oor hindernisse moet hulle hardloop, klim en swaai. Hulle moet vuil en nat word in die modder, en self leer hande was en opruim as hul klaar is. Hul moet liedjies sing oor die herfsblare en rympies leer van die kleure in die natuur om hulle. Groot en klein moet hul saam kan dans, sing en hande klap.
Ek wil hê dit moet lekker wees vir elke Wikkelwurmpie om skool toe te kom. As hulle verby die hek ry oor naweke wil ek hul trotse opgewondenheid hoor weerklink met 'n "daar's my skool, Pappa".
Ons motiveer ons onderwysers om saam te speel en nie net kyk nie. Te veel in die lewe wil ons almal net terugstaan en fasiliteer, maar met die kleintjies wil ons die interaksie en beginsel van betrokkenheid kweek, sodat hulle optimaal kan leer en ontwikkel.
Ons fondasie is gebou op 'n Christelike grondslag. Ons leer nie net van Jesus en sy dissipels nie. Ons leef die beginsels van die Gees en is gehoorsaam aan God se opdragte deur ons gedrag. Hoe ons praat en speel, met goeie maniere optree. Hoe ons deel en sorg vir mekaar. Dit maak ons elkeen 'n unieke Wikkelwurmpie.