La Studio

La Studio Diep asemhaling en strekke word in elke klas gedoen. Daar is dus 'n wye verskeidenheid klasse vir oud en jonk. Daarom wissel ons dit af en hou dit interessant.

💪 Rehabilitasie & prestasie vir jou liggaam
🎯 Help met pyn, beserings & herstel
🧠 Biokinetika | Fisio | Pilates | Dieetkunde | Scio Biofeedback | Aanvullings
📍 Heidelberg
👇 Bespreek jou eerste afsp Wil jy ligter leef en gesondheid optimaal ervaar:
Kom oefen saam:

Klasse word afgewissel met Pilates, Callinetics, Barre-, Mat , HIIT, Swissbal-, Oefenrek, "Fascia release" en gewigte oefening

e. Stres hantering tegnieke, Hormoon balansering, Balans en Beter Brein funksie is van die voordele wat jy kan ervaar.

’n Liggaam wat gewoond raak aan een enkele aktiwiteit sal stagneer en nie reageer nie. OEFENTYE:

MAANDAE
7:45 – 8:30 : OGGEND KLAS
17:00 – 17:45 : MIDDAG KLAS

DINSDAE
7:45 – 8:30 : OGGEND kLAS
17:00 – 17:45 : MIDDAG KLAS

WOENSDAE
7:45 – 8:30 : OGGEND KLAS
17:00 - 17:45 : MIDDAG KLAS

DONDERDAE
7:45 – 8:30 : OGGEND KLAS
17:00 – 17:45 : MIDDAG KLAS

VRYDAE
7:45 – 8:30 : DIEP STREKKE EN "STRESS RELIEF"


JAAR FOOI : R180
MAAND FOOIE :
1 x per week : R300 per maand
2 x per week : R350 per maand
3 x per week : R400 per maand
4 x per week : R450 per maand
5 x per week : R500 per maand

AANLYN OEFENKLASSE :

Zoom word aangebied en kan op android, app store of skoot rekenaar afgelaai word. Kom oefen saam met ons in jou eie huis op jou eie tyd! Gemaklik en sonder om te wag vir enige apparaat! En as jy nie die dag se klas kan maak nie dan stuur ons vir jou ‘n “link” na die dag se klas om te doen wanneer jy kan. Jy gaan wel die volgende apparate nodig he. Pilates ring
Fascia balletjie
1kg hand gewiggies
Enkel gewigte
Oefenrek
(Al die bogenoemde kan aan gekoop word by die Studio en word gekoerier.) Oefenmat
Besemstok

WANNEER IS ZOOM KLASSE:

Maandae tot Vrydae : 7:45 - 8:30
Maar Zoom klas word per WhatsApp gestuur en kan op eie tyd voltooi word)

MAAND FOOI VIR AANLYN KLASSE : R380.00


KONTAK GERUS MARIETJIE SHEPHERD VIR VERDERE NAVRAE. 0829240872

26/08/2026

AS EK NET VIR DAARDIE JONG STUDENT KON SÊ: HOU AAN… 🌿

In 1998 het ek begin met my BSc Menslike Bewegingskunde.

Ses jaar later, in 2003, het ek by die Universiteit van Potchefstroom uitgestap — drie grade ryker.

Maar tussen daardie twee datums lê baie meer as grade.

Daar was klasse en eksamens.
Laat nagte, kuiers en partytjies. 😄
Baie leer — en baie grootword.

Reeds in my eerste jaar het ek begin werk waar ek kon: by biokinetika-sentrums en gimnasiums. Ek het personal training-kursusse bygewerk en soms ’n sentrum 04:00 in die oggend gaan oopsluit, vir min of geen vergoeding.

Nie omdat dit indrukwekkend was nie.

Omdat ek wou leer.

Toe ek uiteindelik die universiteit verlaat, kon ek dadelik my eie praktyk begin en mense begin help.

My eerste maand se salaris aan myself, mét ’n meestersgraad, was so klein dat ons dit maar eerder tussen my en die bankrekening sal hou. 😂

Maar ek sal dit nie verruil nie.

Elke vroeë oggend.
Elke kliënt.
Elke evaluasie.
Elke program wat ek geskryf het.
Elke kursus.
Elke persoon wat ek probeer motiveer het.
Elke keer wat iets nie gewerk het nie en ek weer moes leer.

Vandag kyk ek soms terug en besef:

Mens bou nie ’n loopbaan in een groot oomblik nie.
Jy bou dit in duisende klein oomblikke wanneer jy opdaag, aanhou leer en weer probeer.

En dalk is dit wat ek vandag vir iemand anders wil sê:

Moenie jou klein begin minag nie.

Jy weet nie waarheen die ure wat niemand raaksien jou nog gaan neem nie.

Ek is steeds besig om te leer.
Steeds besig om te bou.
En steeds dankbaar dat ek destyds net aangehou het. 🌿

Die pad was die moeite werd.

25/08/2026

🌿 HULLE DAAG OP VIR HULSELF.

Nie net om sterker spiere te bou nie.

Hulle kom om energie te hê.
Om positief te bly.
Om steeds dinge saam met hulle kinders en kleinkinders te kan doen.
Om onafhanklik te bly.
Om beter te voel wanneer hulle huis toe gaan.
📌17:00 klasse nog plek
☎️0829240872 vir meer inligting

150 MINUTE.’n Klein belegging elke week vir ’n hart wat jou ’n leeftyd moet dra. ❤️☎️ons vir jou evaluasie en bespreek j...
25/08/2026

150 MINUTE.

’n Klein belegging elke week vir ’n hart wat jou ’n leeftyd moet dra. ❤️
☎️ons vir jou evaluasie en bespreek jou of familielid se oefensessie💚💚

Gesels🗣️🗣️ gerus as jy meer wil weet. Ons resultate het al so baie kliënte gehelp en gemotiveer. 💚✅💚✅💚💚✅💚
23/08/2026

Gesels🗣️🗣️ gerus as jy meer wil weet. Ons resultate het al so baie kliënte gehelp en gemotiveer. 💚✅💚✅💚💚✅💚

23/08/2026

60:40 quadriceps:hamstrings is die krag verhouding. Ons kan dit meet sodat jy weet... dit kan pyn en prestasie beïnvloed. EN GEEN PIL KAN DIT REG MAAK NIE NET BEWEGING!!!!
📌0829240872 vir meer inligting

JY HOEF NIE ’N “GYM-MENS” TE WEES OM STERK TE WORD NIE. 🌿Miskien hou jy nie van ’n besige gym nie.Miskien weet jy nie wa...
18/08/2026

JY HOEF NIE ’N “GYM-MENS” TE WEES OM STERK TE WORD NIE. 🌿

Miskien hou jy nie van ’n besige gym nie.
Miskien weet jy nie waar om te begin nie.
Of miskien wil jy net veilig oefen, sterker word en lekker voel in jou liggaam.

Dis hoekom ons klasse anders voel.

Ons oefen in ’n kleiner, gemaklike omgewing waar jy:
• jou spiere versterk
• jou “core” en balans uitdaag
• mobiliteit behou
• teen jou eie vermoë werk
• én steeds behoorlik oefen!

Geen kompetisie nie.
Geen oordeel nie.
Net vroue wat saam werk aan sterker, gesonder liggame.

En kyk mooi na hierdie foto’s…
jy hoef nie eers fiks te wees om hier te hoort nie. Jy moet net begin. 🤍

🌿 17:00 La Studio
Dalk is dit presies die klas waarna jy gesoek het.

🫁🫁🫁🫁🫁☎️082 924 0872 KOM KUIER : Om jou kardiovaskulêre stelsel ‘n hupstoot te gee en weer DIEP ASEM TE HAALDaar is nog p...
17/08/2026

🫁🫁🫁🫁🫁
☎️082 924 0872
KOM KUIER : Om jou kardiovaskulêre stelsel ‘n hupstoot te gee en weer DIEP ASEM TE HAAL
Daar is nog plek in die 17:00 - 17:45 klas.

15/08/2026

HOE STERK IS JOU HEUPFLEKSORE REGTIG?

Die iliopsoas is een van jou belangrikste heupfleksore — en voldoende heupfleksor-krag en beheer is belangrik vir baie meer as net om jou knie op te lig.

’n Sterk, goed-beheerde heup- en enkelkompleks ondersteun:

• Stapspoed en ’n goeie treelengte
• Trappe klim en jou been makliker oplig
• Balans en enkelbeenbeheer
• Pelvis- en rompstabiliteit tydens beweging
• Minder behoefte om met jou romp of onderrug te kompenseer
• Dorsifleksie-beheer om die voet voldoende op te lig tydens stap
• Vermindering van die risiko dat die voet maklik sleep of haak
• Beter meganika tydens hardloop en sport
• Kragtiger knie-aandrywing tydens versnelling
• Beter koördinasie tussen die heup, knie, enkel en romp
• Isometriese spieruithouvermoë wanneer die posisie gehou word
• Eksentriese beheer wanneer die been stadig terugbeweeg

En veral soos ons ouer word, is die vermoë om jou been op te lig, te stabiliseer en beheersd terug te plaas belangrik vir funksionele beweging.

Ons oefen dus nie net ’n spier nie.
Ons oefen jou liggaam om jou been beter te BEHEER.

13/08/2026

HULLE D**K HULLE SPEEL…
MAAR HULLE OEFEN VAN VOET TOT BREIN. 🧠⚡

Met die SensaMove-balansbord gebruik ons interaktiewe speletjies om ’n kind uit te daag om vinnig en akkuraat op beweging te reageer.

Terwyl hulle speel, werk ons onder andere aan:

* 🦶 Enkelstabiliteit en beheer
* ⚖️ Balans en propriosepsie – waar is my liggaam in die ruimte?
* 💪 Heup- en kernstabiliteit
* 🧠 Brein-liggaam-koördinasie
* 👀 Visuele verwerking en reaksie
* ⚡ Reaksiespoed en bewegingsbeheer

Die lekkerste deel? Die kind ervaar dit as ’n uitdaging of speletjie, terwyl ons doelgerig aan belangrike bewegingsvaardighede werk.

Sterk afsluiting:

Kinders hoef nie net “sterker” te word nie.
Hulle moet leer om hul krag, balans, oë en brein sáám te gebruik. 🌿
📌082 924 0872
La Studio Biokinetika
.

👣👣Ons d**k aan sterk bene, ’n sterk core en goeie balans — maar vergeet maklik waar alles begin: by die voete.Jou voete ...
12/08/2026

👣👣Ons d**k aan sterk bene, ’n sterk core en goeie balans — maar vergeet maklik waar alles begin: by die voete.

Jou voete bevat gewrigte, spiere en sensoriese reseptore wat voortdurend inligting aan jou brein verskaf oor druk, beweging en liggaamsposisie.

Daarom kyk ons nie net na waar iemand pyn ervaar nie. Ons kyk na die hele bewegingsketting — van die voet en enkel tot by die knie, heup en romp.

🌿 Gee jou voete gereeld geleentheid om veilig te beweeg, balanseer en sterker te word.

En onthou: die “sagste” of “mees buigsame” skoen is nie noodwendig vir almal die beste nie. Die regte skoen hang af van die persoon, aktiwiteit en individuele behoefte.

Het jy voet-, enkel-, knie- of balansprobleme? ’n Evaluasie kan help bepaal waar die bewegingsketting ondersteuning nodig het.

La Studio Biokinetika

Address

Stand 25 Boschfontein
Heidelberg
1441

Telephone

+27829240872

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when La Studio posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to La Studio:

Shortcuts

Share