26/08/2026
AS EK NET VIR DAARDIE JONG STUDENT KON SÊ: HOU AAN… 🌿
In 1998 het ek begin met my BSc Menslike Bewegingskunde.
Ses jaar later, in 2003, het ek by die Universiteit van Potchefstroom uitgestap — drie grade ryker.
Maar tussen daardie twee datums lê baie meer as grade.
Daar was klasse en eksamens.
Laat nagte, kuiers en partytjies. 😄
Baie leer — en baie grootword.
Reeds in my eerste jaar het ek begin werk waar ek kon: by biokinetika-sentrums en gimnasiums. Ek het personal training-kursusse bygewerk en soms ’n sentrum 04:00 in die oggend gaan oopsluit, vir min of geen vergoeding.
Nie omdat dit indrukwekkend was nie.
Omdat ek wou leer.
Toe ek uiteindelik die universiteit verlaat, kon ek dadelik my eie praktyk begin en mense begin help.
My eerste maand se salaris aan myself, mét ’n meestersgraad, was so klein dat ons dit maar eerder tussen my en die bankrekening sal hou. 😂
Maar ek sal dit nie verruil nie.
Elke vroeë oggend.
Elke kliënt.
Elke evaluasie.
Elke program wat ek geskryf het.
Elke kursus.
Elke persoon wat ek probeer motiveer het.
Elke keer wat iets nie gewerk het nie en ek weer moes leer.
Vandag kyk ek soms terug en besef:
Mens bou nie ’n loopbaan in een groot oomblik nie.
Jy bou dit in duisende klein oomblikke wanneer jy opdaag, aanhou leer en weer probeer.
En dalk is dit wat ek vandag vir iemand anders wil sê:
Moenie jou klein begin minag nie.
Jy weet nie waarheen die ure wat niemand raaksien jou nog gaan neem nie.
Ek is steeds besig om te leer.
Steeds besig om te bou.
En steeds dankbaar dat ek destyds net aangehou het. 🌿
Die pad was die moeite werd.