Krappies en Krefies Kleuterskool

Krappies en Krefies Kleuterskool 🌈 Kleuterskool vir 2 tot 5 jariges. Halfdag of voldag kleuters welkom.

Geleë in die hartjie van Hartenbos.
’n Liefdevolle en veilige omgewing waar kleuters hard leer en lekker speel! 🌱 Ons volg 'n volledige geïntegreerde kurrikulum.

08/11/2025
Tema van die week - Insekte 🦋🐛🐞🐝🪲Van ons klein maats het n paar aktiwiteite gedoen die week. Skep met Plastiekballetjies...
07/11/2025

Tema van die week - Insekte 🦋🐛🐞🐝🪲

Van ons klein maats het n paar aktiwiteite gedoen die week.

Skep met Plastiekballetjies
Wat gebeur hier:
Die kleuter gebruik ’n groot plastieklepel om balletjies van een houer na ’n ander te skep.

Hier is 'n paar voordele:
- Fyn motoriese ontwikkeling: Die hand- en vingerbewegings help met latere skryfvaardighede.
- Hand-oog koördinasie: Die kleuter moet fokus om die bal in die lepel te hou en dit oor te skuif na die bak langs aan.
- Probleem oplossing: Ontdek self hoe om die bal op te tel en balans te hou.
- Kleure: Hierdie aktiwiteit gee die juffrou die geleentheid om kleure te benoem en ontwikkel spraak deur herhaling.
- Konsentrasie en selfvertroue

🪲 “Uitgrawe” van Insekte
Wat gebeur hier:
Speelgoed-insekte is in ’n houer met maskeerband vasgeplak. Kleuters moet met vingers trek en peuter om die insekte uit te haal.

Voordele:
- Fyn motoriese spiere: Peuter, trek en losmaak is uitstekende vingerspier oefening.
- Handsterkte en grypvaardigheid: Help met latere take soos skryf, knip en knope vasmaak.
- Probleemoplossing: Die kleuter moet beplan waar om te trek en hoe om die insek los te kry.
- Taktiele sensoriese stimulering: Die verskillende teksture (band, plastiek, mat) stimuleer aanraking en sensoriese verwerking.
- Taalontwikkeling: Elke insek word benoem en bevorder spraak ontwikkeling.
- Geduld en deursettingsvermoë: Die taak neem tyd, wat fokus en volharding versterk.

Pure pret 🌼🌞
07/11/2025

Pure pret 🌼🌞

🦖 Tema van die Week: Dinosourusse🦖
07/11/2025

🦖 Tema van die Week: Dinosourusse🦖

🦋 Uitstappie na die Butterfly Plaas 🦋- The Western Cape Butterfly Sanctuary in Ruiterbos, Mosselbaai.
07/11/2025

🦋 Uitstappie na die Butterfly Plaas 🦋

- The Western Cape Butterfly Sanctuary in Ruiterbos, Mosselbaai.

Warm weer = Water pret🤩
23/10/2025

Warm weer = Water pret🤩

Verf en teken 🖌🖍
23/10/2025

Verf en teken 🖌🖍

Messy play 🌞
23/10/2025

Messy play 🌞

Vakansiepret 😁
23/10/2025

Vakansiepret 😁

My Sintuie 👅👀👃✋👂Ons het die geleentheid gebruik om met ons sintuie te eksperimenteer!Ons het verskillende goed geproe va...
14/10/2025

My Sintuie 👅👀👃✋👂

Ons het die geleentheid gebruik om met ons sintuie te eksperimenteer!
Ons het verskillende goed geproe van bitter en suur tot heerlik soet! 🍋🍫🥒
Die maats het dit baie geniet om nuwe geure en smake te ontdek. 😋

Oupa en Ouma Dag 2025 💕Baie, baie dankie aan elkeen wat betrokke was om hierdie dag ’n groot sukses te maak! 🌸Elke maatj...
14/10/2025

Oupa en Ouma Dag 2025 💕

Baie, baie dankie aan elkeen wat betrokke was om hierdie dag ’n groot sukses te maak! 🌸
Elke maatjie het pragtig gelyk en dit só geniet om spesiale, kwaliteit tyd saam met hul oupa en ouma te spandeer. 👵👴

Ons harte is vol dankbaarheid vir al die liefde en ondersteuning wat ons beleef het. 💖

14/10/2025

Address

31 Kamassie Straat
Hartenbos
6520

Opening Hours

Monday 06:30 - 17:00
Tuesday 06:30 - 17:00
Wednesday 06:30 - 17:00
Thursday 06:30 - 17:00
Friday 06:30 - 17:00

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Krappies en Krefies Kleuterskool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category