20/09/2026
ODYSSEY XII
Laastens verdien ons toegewyde groepleiers ’n spesiale vermelding. Om vir nege dae van familie en geliefdes af weg te wees, is nie maklik nie, maar sonder hierdie opoffering sou Odyssey eenvoudig nie moontlik wees nie.
Dankie dat julle bereid was om jul tyd, energie en liefde te gee en sodoende ‘n groot impak op ons graadtienleerders te hê wat nog lank tasbaar sal wees.
Julle opoffering en toewyding word opreg waardeer.