Laerskool Groblershoop

Laerskool Groblershoop Laerskool Groblershoop is geleΓ« in Groblershoop in die Noord-Kaap.

πŸ’›πŸ–€πŸŒΊπŸ’›πŸ–€πŸŒ»πŸ’›πŸ–€πŸͺ»πŸ’›πŸ–€πŸŒΈπŸ’›πŸ–€πŸ’
04/10/2026

πŸ’›πŸ–€πŸŒΊπŸ’›πŸ–€πŸŒ»πŸ’›πŸ–€πŸͺ»πŸ’›πŸ–€πŸŒΈπŸ’›πŸ–€πŸ’

30/09/2026

πŸ’πŸ€ Hyt gevra... en syt JA gesΓͺπŸ€πŸ’

AnΓ©, mag hierdie nuwe hoofstuk gevul wees met liefde, lag, mooi herinneringe en ’n leeftyd van saam hande vashou deur alles wat die lewe bring. ❀️

Mag God julle verlowing, jul huwelik en jul toekoms saam ryklik seΓ«n. πŸ™βœ¨

Van Juffrou AnΓ© Senekal… na Mev. Ackerman!
Ons kan nie wag om jou β€œMevrou” te noem nie! πŸ˜πŸ’

Baie geluk aan julle twee! πŸ₯‚πŸ’β€οΈ

30/09/2026

πŸ’πŸ€ Baie geluk, Juffrou Van Zyl en SW! πŸ€πŸ’

Mag hierdie nuwe hoofstuk van julle lewe gevul wees met liefde, lag, geduld, mooi herinneringe en ontelbare seΓ«ninge. Mag julle altyd mekaar se veilige plek en beste vriend wees.

Mag God julle huwelik seΓ«n, beskerm en elke dag nader aan Hom Γ©n aan mekaar bring. πŸ™πŸ»βœ¨

β€œWat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.” – Markus 10:9 🀍

Baie geluk met julle huwelik! Mag julle saam oud word, hand aan hand, hart teen hart. πŸ₯‚πŸ’πŸŒΏ
Grobbies vier saam met julle! πŸ’›πŸ–€

Grobbies ‼️ πŸ“ŒπŸ’»πŸ§‘β€πŸ«
23/09/2026

Grobbies ‼️ πŸ“ŒπŸ’»πŸ§‘β€πŸ«

23/09/2026

Welverdiende blaaskans! πŸ’›πŸ–€

Laerskool Groblershoop wens elke leerder en personeellid ’n heerlike, rustige en welverdiende blaaskans toe. 🌿

Rus lekker, geniet die tyd saam met julle geliefdes en wees asseblief veilig.
Mag hierdie tyd julle harte en liggame verkwik, sodat julle met nuwe moed, nuwe krag en nuwe energie kan terugkeer. ✨

Geniet die ruskans, Grobbies! πŸ’›πŸ–€
Ons sien julle binnekort weer! 🌻

β€œKom na My toe, almal wat moeg en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.”
Matteus 11:28 πŸ™

πŸŽ€πŸ† BAIE GELUK, FIFI! πŸ†πŸŽ€Ons is ongelooflik trots op ons eie Refilwe Mqotha wat ’n fantastiese 3de plek by die Kring Telfe...
22/09/2026

πŸŽ€πŸ† BAIE GELUK, FIFI! πŸ†πŸŽ€

Ons is ongelooflik trots op ons eie Refilwe Mqotha wat ’n fantastiese 3de plek by die Kring Telfees behaal het! πŸŒŸπŸ‘

Jy het gewys dat harde werk, talent en deursettingsvermoΓ« vrugte afwerp. Grobbies is regtig trots op jou, Fifi! πŸ’›πŸ–€

Maar die avontuur gaan voort! 🎢✨
Refilwe dring deur na die Distrik-Telfees, wat op Saterdag 10 Oktober 2026 plaasvind.

Ons staan agter jou en glo in jou! Gaan wys hulle wat ’n Grobbie kan doen! 🌟

πŸ“– β€œVertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in alles wat jy doen, en Hy sal jou die regte pad laat loop.”
β€” Spreuke 3:5–6 πŸ™βœ¨

Mag God jou talent verder ontwikkel, jou voetstappe rig en jou hart met moed en selfvertroue vul.

Baie geluk, Fifi – ons juig jou toe! 🌟

21/09/2026

Baie dankie aan FAMSA wat Laerskool Groblershoop besoek het en met ons leerders kom gesels het oor boeliegedrag. πŸŒ±πŸ’›Danki...
18/09/2026

Baie dankie aan FAMSA wat Laerskool Groblershoop besoek het en met ons leerders kom gesels het oor boeliegedrag. πŸŒ±πŸ’›

Dankie vir die waardevolle boodskap oor respek, vriendelikheid en hoe ons mekaar behoort te behandel. Ons waardeer julle tyd en die positiewe verskil wat julle in ons leerders se lewens maak.

Saam sΓͺ ons NEE vir boeliegedrag! 🚫🀝

🌟 ’n Hart vol inspirasie by Grobbies! 🌟Ons wil graag vir Anria en Pieter van Zyl uit die diepte van ons harte bedank vir...
15/09/2026

🌟 ’n Hart vol inspirasie by Grobbies! 🌟

Ons wil graag vir Anria en Pieter van Zyl uit die diepte van ons harte bedank vir die besondere kompetisie wat hulle by Laerskool Groblershoop aangebied het. ❀️

Leerders is uitgenooi om ’n inspirerende boodskap te skryf of te teken – ’n eenvoudige uitdaging wat soveel mooi, kreatiewe en hoopvolle gedagtes na vore gebring het. ✨

Ons is baie trots om ons twee wenners, DaniΓ«lle en Rebecca, geluk te wens! πŸ†πŸŽ‰ Julle boodskappe en kreatiwiteit het beslis uitgestaan. Mag julle altyd onthou dat selfs die kleinste boodskap van hoop ’n groot verskil in iemand se lewe kan maak. 🌸

Anria en Pieter, baie dankie vir julle mooi harte, oop hande en bereidwilligheid om in ons kinders te belΓͺ. Julle het nie net ’n kompetisie geloods nie – julle het vir ons leerders ’n geleentheid gegee om te droom, te skep en ander te inspireer. πŸ’›

Mag die Here julle en julle besigheid ryklik seΓ«n. Mag dit van krag tot krag en van oorwinning tot oorwinning gaan. Mag julle handewerk geseΓ«n word, deure vir julle oopgaan en julle altyd die vrugte van julle goedhartigheid en vrygewigheid sien.

β€œEn alles wat julle doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie.” – Kolossense 3:23 πŸ™

SeΓ«ninge, guns en oorvloedige genade rus op julle.
Dankie dat julle ’n verskil maak. πŸŒΏπŸ’›βœ¨

Grobbies is dankbaar vir mense soos julle! πŸ’›πŸ–€

HERREGISTRASIE VAN LEERDERS – 2027Geagte Ouers en VoogdeOns is verheug om u in kennis te stel dat die herregistrasie van...
13/09/2026

HERREGISTRASIE VAN LEERDERS – 2027

Geagte Ouers en Voogde

Ons is verheug om u in kennis te stel dat die herregistrasie van leerders amptelik oopgestel is. 🌸

Die herregistrasieproses vind aanlyn plaas.πŸ’»

Ons versoek daarom vriendelik dat alle ouers/voogde, die nodige stappe betyds voltooi, om te verseker dat u kind se herregistrasie vir 2027 afgehandel word.

πŸ“… Vanaf 15 September 2026 πŸ“Œ

🏫 Laerskool Groblershoop se skoolkantoor sal beskikbaar wees om ouers/voogde te help wat ondersteuning met die aanlyn herregistrasieproses benodig.

πŸ“Œ BelangrikπŸ“Œ

β€’Die herregistrasie moet aanlyn voltooi word.

β€’Maak asseblief seker dat alle vereiste dokumentasie beskikbaar is.

β€’Die nodige dokumente moet gesertifiseer wees voordat dit ingedien word.

β€’Ouers word vriendelik versoek om nie die proses tot die laaste minuut uit te stel nie.

Ons waardeer u samewerking en ondersteuning om die herregistrasieproses so glad en doeltreffend moontlik te laat verloop.

Indien u enige hulp benodig, is u welkom om vanaf 15 September 2026, die skoolkantoor te besoek.

Baie dankie vir u samewerking.

Laerskool Groblershoop
Saam bou ons aan ons kinders se toekoms. πŸ’›πŸ–€

Address

Skoolstraat
Groblershoop
8850

Opening Hours

Monday 07:30 - 14:30
Tuesday 07:30 - 14:30
Wednesday 07:30 - 14:30
Thursday 07:30 - 14:30
Friday 07:30 - 14:00

Telephone

+27548330121

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Laerskool Groblershoop posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share