Soetdorinkie Kleuterskool

Directions Contact the school

Soetdorinkie Kleuterskool Pêrels vir Jesus

Van ons ou goedjies, na iemand anders se groot skatte! Ons is tans besig om by Soetdorinkie Kleuterskool bietjie op te r...
09/10/2026

Van ons ou goedjies, na iemand anders se groot skatte!

Ons is tans besig om by Soetdorinkie Kleuterskool bietjie op te ruim en plek te maak deur van die goedjies wat ons nie meer gebruik nie, uit te sorteer. Maar wat vir ons dalk net ou speelgoedjies en goedjies is wat eenkant staan, het vir iemand anders 'n hele wêreld van vreugde geword.

Ons het ons speelgoedjies en ander bruikbare goedjies aan hierdie oulike skooltjie gaan skenk, en die dankbaarheid en opgewondenheid op almal se gesigte het ons harte sommer behoorlik warm gemaak.

Dit het ons weer laat besef dat iets wat vir ons nie meer waarde het nie, vir iemand anders 'n kosbare skat kan wees. Soms hoef ons nie iets nuuts te koop of groot dinge te doen om 'n verskil te maak nie. Soms moet ons net deel van dit wat ons reeds het.

Want een mens se ou goedjies kan 'n ander mens se nuwe vreugde wees!

Dankie aan hierdie skooltjie vir die warm ontvangs en die herinnering dat die grootste vreugde dikwels lê in die klein dingetjies wat ons met ander deel.

Mag hierdie speelgoedjies nog hope speelpret, glimlaggies en mooi herinneringe bring! 🥰

05/10/2026
16/09/2026

Een, twee, drie… paddatjies spring!

Ons klein reptiel- en amfibie-vriende oefen vandag hulle getalle 1 tot 10 op ’n lekker aktiewe manier!

Ons maak leer lekker deur beweging, oefening en speel deel van ons dagprogram te maak. Kyk net hoe goed ken ons maatjies hulle getalle!

By Soetdorinkie leer ons nie net met ons koppe nie… ons leer met ons hele lyfies!

Wanneer jy só mal is oor jou konsertklere dat jy besluit om sommer daarmee te gaan slaap! Die juffrouens het dalk nie in...
12/09/2026

Wanneer jy só mal is oor jou konsertklere dat jy besluit om sommer daarmee te gaan slaap!

Die juffrouens het dalk nie in hul konsertklere geslaap nie… maar hulle was beslis net so moeg!

Konsert 2026: 1 – Juffrouens: 0 🤣

OUMA & OUPA DAG...
11/09/2026

OUMA & OUPA DAG...

OUMA & OUPA DAG Wat ’n besonderse oggend vol liefde, lag en kosbare oomblikke! Baie dankie aan elke Ouma en Oupa wat van...
11/09/2026

OUMA & OUPA DAG

Wat ’n besonderse oggend vol liefde, lag en kosbare oomblikke!

Baie dankie aan elke Ouma en Oupa wat vandag die moeite gedoen het om by ons te wees en hierdie spesiale dag saam met ons en julle kleinkinders te geniet.
Julle teenwoordigheid het die oggend soveel mooier gemaak!

Ons hoop julle het elke oomblik net soveel geniet soos ons!

Oumas en Oupas is goud werd!

Baie dankie vir elke drukkie, glimlag en spesiale herinnering wat vandag gemaak is.

Met baie liefde,
Soetdorinkie Kleuterskool 🌼

Van koffie drink en stories kyk tot speelgoed koop en saam kuier…Ons kleuters weet presies wat Oumas en Oupas doen! 👵🏼👴🏼...
09/09/2026

Van koffie drink en stories kyk tot speelgoed koop en saam kuier…

Ons kleuters weet presies wat Oumas en Oupas doen! 👵🏼👴🏼

Nog net 2 slapies!

01/09/2026

Juffrou Adéle se verjaarsdag = PRET PRET PRET!

Vandag het ons gekuier, gelag, cupcakes versier, met kleur gespeel en sommer net die lekkerste tyd gehad!

’n Verjaarsdag gevul met klein handjies, groot glimlagte en hope liefde!

Dankie aan die wonderlike juffrouens, ouers en maatjies wat vandag so spesiaal gemaak het!

Wat ’n dag om te onthou! 🥰🎉

🌸 ’n Stukkie van Soetdorinkies se hart… 🌸Sommige mense word met die jare soveel meer as net kollegas… hulle word deel va...
27/08/2026

🌸 ’n Stukkie van Soetdorinkies se hart… 🌸

Sommige mense word met die jare soveel meer as net kollegas… hulle word deel van jou skool, jou herinneringe en jou hart. ❤️

Hierdie drie gesigte vertel elkeen ’n storie — van juffrou Adéle, Sarah en Elsie, wat al deur soveel jare saam deel is van die Soetdorinkie-familie.

Deur die jare het daar honderde klein voetjies deur ons deure gestap, en saam met hulle het daar soveel mooi herinneringe ontstaan — laggies, drukkies, eerste treetjies, groot mylpale en natuurlik ook ’n paar trane.

Die foto’s herinner ons net weer hoe mooi dit is om mense langs jou te hê wat saam met jou die liefde vir ons kinders deel.

Jare verander baie dinge… maar die liefde vir Soetdorinkies en ons kinders bly dieselfde.

Dankie vir al die jare se saamstaan, saamwerk en saam lag.

Hier is nog baie mooi herinneringe wat wag om gemaak te word!

Soetdorinkies is meer as net ’n skool — dit is ’n familie. ❤️

Address

32 Tautes Laan
Groblersdal
0470

Opening Hours

Monday 06:30 - 17:00
Tuesday 06:30 - 17:00
Wednesday 06:30 - 17:00
Thursday 06:30 - 17:00
Friday 06:30 - 17:00

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Soetdorinkie Kleuterskool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Soetdorinkie Kleuterskool:

Shortcuts

Share

Category