Hoërskool P.J. Olivier - Grahamstad

Hoërskool P.J. Olivier - Grahamstad

Share

PJ Olivier is die enigste Afrikaansmedium skool in Makhanda (Grahamstad).

Dit is 'n akademiese skool wat Graad 0 tot 12 leerders in klein klasgroepe akkommodeer.

Photos from Hoërskool P.J. Olivier - Grahamstad's post 19/08/2026

Netbal vs VGHS

U14 wen 8 - 7
U15 verloor 11 - 6
U16 verloor 14 - 9
U17 wen 10 - 7

Rugby vs Graeme
U15 lost to GC 33-10
O.14 verloor teen Graeme: 33 - 5

Photos from Hoërskool P.J. Olivier - Grahamstad's post 19/08/2026

Die Laerskool rugby en netbalspanne het vandag aan Kenton Primary se Sport Toernooi deelgeneem. Dit was 'n dag vol spanwerk, lag en goeie gees. Dit was lekker wedstryde om die seisoen mee af te eindig.

U9 Netbal uitslae :
P.J vs PAHS verloor 0 - 2
P.J vs Kenton verloor 0 14

U10 Netbal uitslae :
P.J vs Kenton verloor 6 - 9
P.J vs PAHS verloor 4 - 13

U11 Netbal uitslae :
P.J vs PAHS 15 - 0
P.J vs Kenton wens 1 - 4

U13 Netbal Uitslae :
P.J vs Kenton verloor 6 - 13
P.J vs PAHS verloor 7 - 13
P.J vs Môrewag verloor 5 - 11

Rugby tellings 🏉

09 verloor 15 - 10 teen Kenton Primary.
09 wen 10 - 5 teen PAHS.
013 verloor 26-17 teen Kenton Primary.
013 verloor 47 - 7 teen Môrewa

19/08/2026
19/08/2026

MET TROTS BIED P.J. OLIVIER AAN:
🦡 DIE DASSIEVANGER VAN P.J. OLIVIER 🦡
Maak gereed vir 'n aand vollag, musiek, dans, chaos en 'n paar baie lastige dassies!😂
Van Graad 00 tot Graad 7 neem ons julle op 'n onvergeetlike avontuur waar ons ontdek dat daar soms meer aan 'n dassie is as wat die oog sien...
🎭 3 & 4 September 2026
🕕18:00
🎟️Volwassenes: R40
🎟️Kinders: R20
🎫Kaartjies is by die skoolkantoor beskikbaar.
Kom ondersteun ons talentvolle leerders terwyl hulle die verhoog oorneem in:
DIE DASSIEVANGER VAN P.J. OLIVIER!🦡🎶
Wie sal die dassies vang?
Wie sal hul beloftes hou?
En wie gaan uiteindelik die waarheid ontdek?👀
👉Bring die hele gesin en kom geniet 'n aand van skoolkonsertpret!
Ons sien julle daar!❤️🦡🎭

Send a message to learn more

Photos from Hoërskool P.J. Olivier - Grahamstad's post 15/08/2026

Die matrieks is hard aan die werk in die Letterkundeklas ter voorbereiding van hul voorbereidende eksamen. 📚

Op ’n Saterdagoggend het ons ’n vol klas gehad, en dit spreek boekdele van hul doelgerigtheid, toewyding en positiewe ingesteldheid. 👏🏽

Julle harde werk en bereidwilligheid om die ekstra myl te stap, is bewonderenswaardig.

*Welgedaan, Matrieks!* Julle is op die regte pad. 💪🏽📖

Photos from Hoërskool P.J. Olivier - Grahamstad's post 13/08/2026

Op Woensdag, 12 Augustus, het die Graad 11 Toerisme-leerlinge Graham House en Evelyn House in High Street besoek. Die doel van die uitstappie is om in praktyk te sien hoe die hospitaliteitbedryf werk en watter beplanning benodig word om ‘n Hotel te bestuur.
Ons het eers in die konferensiesaal bymekaargekom waar mnr. Eugene Repinz (die eienaar van die hotel) ons toegespreek het. Daarna het die Voedselbestuurder ons toegespreek as ook die front of house bestuurder. Ons het in groepe verdeel en is geneem op ‘n toer deur die hotel en gastehuis. Hoewel die hotel baie vol bespreek was en ons nie werklik die kamers volledig kon sien nie, het ons tog goeie kennis opgedoen rakende die gradering, dienste, huishouding en bestuur van die hotel en gastehuis. Die oggend is afgesluit deur ‘n toer deur die kombuis van Pothole en Donkie, wat ook die onder dieselfde bestuur val.

Photos from Hoërskool P.J. Olivier - Grahamstad's post 11/08/2026

We are proud of the our learners who represented Ihqawe U 15 rugby trials, Gqeberha. Saturday 8th. Representing Albany High Schools Rugby Association : Siphilele, Zackary, Cerwin, Christiano and Alfred. Well done!

Photos from Hoërskool P.J. Olivier - Grahamstad's post 11/08/2026

Die Grondslagfase het vandag Wêrelddierebewaringsdag op ’n baie spesiale manier gevier! 🦁🐯🐘🦒 Ons maats het te oulik gelyk in hul wilde-dier-uitrustings en is boonop bederf met heerlike wilde-dier-koekies. 🐾

Photos from Hoërskool P.J. Olivier - Grahamstad's post 06/08/2026

Ons deel graag nog foto's van ons 70jaar vieringe verlede Vrydag. Die foto's is geneem deur Kivitts Photography.

Want your school to be the top-listed School/college in Grahamstown?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Category

Telephone

Address


Bo-Robinsonstraat
Grahamstown
6139