Graafwater Spesiale Skool - Special School

Graafwater Spesiale Skool - Special School Graafwater Spesiale Skool is geleë in die Sandveld, in die ou Hoërskool gebou wat 102 jaar oud was in 2020.

Die skool is in 2021 gevestig as ‘n spesiale skool / vaardigheidskool. Ons het tans 190 leerders wat almal ‘n sekere vaardigheid aangeleer word, of dit nou Kantoorpraktyk, Gasvryheid, Landbou of Houtwerk is. Hierdie vaardighede kan vir leerders n blink toekoms skep om eendag vir hulself te werk of selfs n geleentheid gegee word om verder te gaan studeer. Leerders word voorsien van gedifferensieer

de leerprogramme in 'n sorgsame, toekomsgerigte omgewing. Ons visie is om n effektiewe vaardigheidskool / Spesiale Skool te wees wat voorsien in die vereistes van leerders met spesiale opvoedingsbehoeftes, waar leerders tot hul volle potensiaal kan ontwikkel. Ons missie is om te streef daarna om aan elke leerder die geleentheid te bied om sy / haar volle potensiaal te ontdek en verder te ontwikkel, deur die aanleer van die vaardighede, om sodoende volwaardige volwassenheid te bereik en n volwaardige landsburger te word, wat ‘n bydrae tot die ekonomie van die gemeenskap lewer. Ons wil waardes soos betroubaarheid, verantwoordelikheid, regverdigheid, omgee, respek ens aan ons leerders leer, maar ook wil ons ons leerders laat trots voel op dit wat hulle verrig. Ons Skoolhoof, Mnr Robert van Rooyen, is ‘n uitstekende leier en sal verseker n sukses maak in die opbou van hierdie nuwe skool.

Kom bederf jouself bietjie!!
10/09/2026

Kom bederf jouself bietjie!!

07/09/2026
🌸 Lentedag by Graafwater Spesiale Skool 🌸Op 1 September vier die Graafwater Belastingbetalersvereniging, in samewerking ...
01/09/2026

🌸 Lentedag by Graafwater Spesiale Skool 🌸

Op 1 September vier die Graafwater Belastingbetalersvereniging, in samewerking met Graafwater Spesiale Skool, Lentedag met ’n heerlike worsbraai! 🌭🔥

Vanoggend het ons Sweisklas die geleentheid gehad om ’n braaidrom aan die Graafwater Polisie te skenk. Die braaidrom sal deur die polisie gebruik kan word om as ’n stasie saam te braai en spanbougeleenthede te hou.

Ons het ook van hierdie geleentheid gebruik gemaak om in samewerking met die Graafwater Belastingbetalersvereniging vir ons plaaslike polisie ’n lekker worsie met smoor te braai. Die heerlike smoor is deur ons Gasvryheidsklas voorberei. 👨‍🍳🌭

Dit is vir ons besonders om te sien hoe die skool, gemeenskap en plaaslike dienste hande vat en op ’n positiewe manier saamwerk.

Ons is dankbaar vir die goeie gees van samewerking in ons gemeenskap en vir die geleenthede waar ons leerders hul praktiese vaardighede kan gebruik om iets terug te gee aan die gemeenskap. ❤️

’n Dag van Verbintenis, Pret en Positiewe Gedrag by Graafwater Spesiale SkoolOp 23 Augustus het Graafwater Spesiale Skoo...
31/08/2026

’n Dag van Verbintenis, Pret en Positiewe Gedrag by Graafwater Spesiale Skool

Op 23 Augustus het Graafwater Spesiale Skool, in samewerking met die Weskus Onderwysdistrik se SLES-span, ’n “Positive Behaviour”-konferensie in die vorm van ’n spesiale Pa-en-Seun-dag aangebied.

Die dag het bestaan uit vier groepe seuns: ons 1ste-jaars, 2de-jaars, 3de- en 4de-jaars, asook ons SID-seuns van Graafwater en die Citrusdal-satellietklas.

Elke seun het die geleentheid gekry om sy pa of ’n ander belangrike volwassene wat ’n onmisbare rol in sy lewe speel, skool toe te bring. Saam het hulle vier verskillende stasies besoek – met baie pret, samewerking, lag en natuurlik ook belangrike lewenslesse!

🥁 Stasie 1 – Drumming Session

Die eerste stasie was ’n energieke drumming session saam met Jil Prins van The Rascal’s Drum Club.

Pa’s en seuns moes saamwerk om ritmiese musiek te maak, mooi na mekaar te luister en sommer lekker saam te lag. Dit was ’n wonderlike geleentheid om as ’n groep saam te werk en die waarde van samehorigheid, luister en spanwerk te ervaar.

🔨 Stasie 2 – Praktiese Werkswinkels

By die tweede stasie het die seuns die geleentheid gekry om hul pa’s en ander familielede na hul praktiese werkswinkels te neem. Daar het hulle saam ’n klein projek voltooi wat deur ons tegniese werkswinkels voorberei is.

Daar was groot pret en breë glimlagte!

Vir baie van die pa’s, ma’s, tannies en ooms was dit die eerste keer dat hulle kon sien wat hul seun bedoel wanneer hy vertel dat hy die dag “in die werkswinkel” was. Hulle kon eerstehands ervaar wat ons leerders daar doen en ook sien waarom dit so belangrik is dat leerders altyd ’n volledige oorpak en die nodige veiligheidsdrag dra wanneer hulle in die werkswinkels werk.

🧠 Stasie 3 – Spaghetti & Marshmallow Challenge

Die derde stasie het by die koshuis se eetsaal plaasgevind.

Hoofsielkundige Carina Mare, Marina Retief, Sanel Vos, Hannari Varene, Sandy Dees en Me. Bianca du Preez het ’n prettige spanaktiwiteit aangebied waarin die spanne moes kyk hoe hoog hulle ’n toring met spaghetti en malvalekkers kon bou.

Hoewel dit aanvanklik na ’n eenvoudige speletjie gelyk het, was daar belangrike lewensvaardighede en lesse om te leer – onder andere kommunikasie, probleemoplossing, samewerking, deursettingsvermoë en om saam as ’n span te werk.

🌭 Stasie 4 – ’n Worsie en ’n Lekker Kuier

Vir die laaste stasie het pa’s en seuns saam ’n worsie gebraai en heerlik saam geëet.

’n Eenvoudige oomblik van saamwees, gesels en lag – maar dalk juis een van die belangrikste dele van die dag.

💙 Dankie!

Ons is baie trots op hierdie besonderse dag en deel graag ’n paar van die hoogtepunte met ons Facebook-gemeenskap.

’n Spesiale dankie aan al ons ouers en belangrike volwassenes wat die dag saam met ons gedeel het. Julle teenwoordigheid het die dag vir ons seuns besonders gemaak.

Ons wil ook graag dankie sê aan:

👏 Mnr. C. Cloete en Oom Charl wat verantwoordelik was vir die vervoer van ons ouers;

👏 Al ons werkswinkelkollegas vir die ekstra tyd, harde werk en voorbereiding wat in die praktiese aktiwiteite ingegaan het;

👏 Die SLES-span van die Weskus Onderwysdistrik vir hul samewerking en ondersteuning;

👏 en natuurlik aan die hele personeel van Graafwater Spesiale Skool wat op verskillende maniere gehelp het om hierdie dag moontlik te maak.

Dankie dat julle saam met ons bou aan positiewe gedrag, sterk verhoudings en jong mans wat weet dat hulle waardevol, bekwaam en geliefd is. 💙

Enjoy the videos and music you love, upload original content, and share it all with friends, family, and the world on YouTube.

🏆 SPORTDAG TEEN RIEBEECK VALLEI SPESIALE SKOOL 🏆Woensdag, 26 Augustus, het Graafwater Spesiale Skool teen Riebeeck Valle...
27/08/2026

🏆 SPORTDAG TEEN RIEBEECK VALLEI SPESIALE SKOOL 🏆

Woensdag, 26 Augustus, het Graafwater Spesiale Skool teen Riebeeck Vallei Spesiale Skool meegeding om te bepaal watter span op die dag die sterkste sou wees. 🏆💪

Ons leerders het hul kragte in tafeltennis, skaak, sokker, rugby en netbal getoets. Dit was ’n dag vol sport, uitdagings, goeie sportmanskap en waardevolle lewenslesse! 💙

🏓 TAFELTENNIS
Ons tafeltennisspelers het weereens hul beste gelewer – en hierdie keer was hul beste goed genoeg vir ’n oorwinning van 28–12! 🎉👏 Wat ’n uitstekende prestasie!

♟️ SKAAK
Ons skaakspan het baie goed gevaar, maar Riebeeck Vallei se ervaring het hulle op die dag laat seëvier. Ons span het 19–12 verloor. Ons is steeds trots op elke speler wat hul beste gegee het! 👏♟️

⚽ SOKKER
Die sokkerspan was ’n gemengde span. Dit was Weskus-streekspan wat teen Clanwilliam Sekondêre Skool gespeel het. Die span het hard gewerk, maar moes ongelukkig met ’n 2–1 nederlaag die veld verlaat. ⚽💪

🏉 RUGBY
Al ons rugbyspanne het hul harte uitgespeel, ten spyte van die geweldige hitte. 🔥🏉 Daar was ongelukkig verskeie beserings as gevolg van die hitte en die fisieke aard van die wedstryde.

O/15 A: 5–29 verloor
O/16 A: 19–17 gewen 🎉
O/18 A: 5–39 verloor

Ons is besonder trots op ons O/16 A-span met hul knap oorwinning! 👏💙

🏐 NETBAL
Dit was twee woelige en opwindende wedstryde! Beide spanne het hul absolute beste gelewer en die baan was vol energie, vasberadenheid en sportmanskap. 🏐🔥

O/18 B: 8–5 gewen 🎉
O/18 A: 11–15 verloor

🌞 Dit was ’n baie warm dag in Graafwater, maar ten spyte van die hitte het elke sportman en sportvrou hul beste gegee. Ons het die dag saam geniet, nuwe ervarings opgedoen en baie geleer.

’n Groot dankie aan Riebeeck Vallei Spesiale Skool vir julle teenwoordigheid, goeie sportmanskap en vir die geleentheid om saam met ons te leer en ons as sportspanne verder te ontwikkel. 💙🤝

GSS, ons is ALTYD trots op die manier waarop julle julself op én van die veld/baan af gedra! 👏💙

Gaan voort om hard te werk, mekaar te ondersteun en altyd jou beste te gee! 🏆

💙🏆

🎭 TONEEL BRING SKOLE BYMEKAAR! 🎭Graafwater Spesiale Skool het die toneelgroep van Wellington School of Skills verwelkom!...
27/08/2026

🎭 TONEEL BRING SKOLE BYMEKAAR! 🎭

Graafwater Spesiale Skool het die toneelgroep van Wellington School of Skills verwelkom! 🌟

Dankie aan Wellington SOS se talentvolle toneelspelers en personeel wat hul talent met ons gedeel het. 🎬✨

Ná die vertoning het leerders van albei skole saamgekuier en nuwe vriende gemaak. 💙

🏆💙 SPORTDAG TEEN PAARL SOS 💙🏆Op 19 Augustus het Graafwater Spesiale Skool teen Paarl SOS meegeding in skaak, tafeltennis...
20/08/2026

🏆💙 SPORTDAG TEEN PAARL SOS 💙🏆

Op 19 Augustus het Graafwater Spesiale Skool teen Paarl SOS meegeding in skaak, tafeltennis, netbal, sokker en rugby. ♟️🏓🏐⚽🏉

♟️ SKAAK

Wat ’n ongelooflike dag vir ons skaakspan! 💙👏

Ons spelers het teen Paarl SOS te staan gekom en met uitstekende fokus, konsentrasie en deursettingsvermoë ’n indrukwekkende 15 uit 16 wedstryde gewen! 🏆♟️

🌟 Theswill Klaase
🌟 Sihle Salumani
🌟 Morne Zietsman
🌟 General Damons

🏓 TAFELTENNIS

Ons tafeltennisspan het ook ’n goeie dag gehad en met ’n telling van 8–6 gewen! 👏🏆

🏐 NETBAL

Die netbalspan het hard gespeel en waardevolle ondervinding uit die wedstryd opgedoen. Hulle het ongelukkig 13–9 verloor, maar het steeds met trots en goeie sportmanskap meegeding. 💙👏

⚽ SOKKER

Ons sokkerspan stel, soos altyd, nie teleur nie! 🙌⚽ Hulle het ’n goeie wedstryd gespeel en met ’n 1–0 oorwinning van die veld afgestap. 🏆

🏉 RUGBY

Ons O/16-rugbyspan het hul beste op die veld gegee en met groot vasberadenheid gespeel. Hulle het ongelukkig 26–12 verloor, maar ons is ongelooflik trots op hul harde werk en sportmanskap. 💪💙

🏆 GSS IS TROTS OP JULLE! 🏆

Ons is ongelooflik trots op elke speler wat Graafwater Spesiale Skool verteenwoordig het. Julle het GSS met trots gedra en gewys wat moontlik is wanneer konsentrasie, goeie sportmanskap, spanwerk en vasberadenheid saamkom. 💙

Baie geluk aan al ons atlete! 👏🎉

Wen of verloor – GSS is trots op julle! 💙🏆

🏆💙

💇‍♀️✨ SALON WEEK by Graafwater Spesiale Skool! ✨💇‍♂️Kom ondersteun ons talentvolle Haarkappery-leerders en bederf jousel...
19/08/2026

💇‍♀️✨ SALON WEEK by Graafwater Spesiale Skool! ✨💇‍♂️

Kom ondersteun ons talentvolle Haarkappery-leerders en bederf jouself sommer terselfdertyd! 🌸

💙 Maandae: Sjampoe & Blowdry
💗 Woensdae: Styling & Rolletjies
💚 Vrydae: Haarkleur & Highlights

🎉 Lae pryse • Groot afslag • Vinnige diens! 🎉

📅 Elke week gedurende Augustus & September 2026

📞 Vir afsprake kontak (022) 300 0115 (Sharon Strassberger)

📍 Graafwater Spesiale Skool

Ondersteun ons leerders terwyl hulle hul praktiese vaardighede ontwikkel! 💇‍♀️❤️

Bespreek vandag nog jou plek! ✂️✨

Op 14 Augustus 2026 het drie van ons talentvolle leerders van Graafwater Spesiale Skool die geleentheid gehad om aan die...
17/08/2026

Op 14 Augustus 2026 het drie van ons talentvolle leerders van Graafwater Spesiale Skool die geleentheid gehad om aan die Western Province Schools of Skills Haarkappery-kompetisie by die Artscape in Kaapstad deel te neem.

Dit was ’n besonderse dag vol opwinding, nuwe ervarings en uitdagings. Ons leerders het met groot moed hul vaardighede op die kompetisievloer gewys en hul beste gelewer. 🌟

Vir ons was die kompetisie nie net oor wen nie, maar ook oor deelname, selfvertroue, kreatiwiteit en die geleentheid om dit wat hulle in die haarkapperysalon geleer het, in die praktyk toe te pas.

Ons is ongelooflik trots op elkeen van ons drie leerders vir hul harde werk, deursettingsvermoë en die manier waarop hulle Graafwater Spesiale Skool verteenwoordig het. ❤️

’n Groot dankie aan almal wat betrokke was by die voorbereiding en ondersteuning van ons leerders.

Julle ondersteuning het hierdie besondere geleentheid moontlik gemaak.
🖤💇‍♀️💇‍♂️🏆

Address

H/v Van Der Stelstraat
Graafwater
8120

Telephone

+27223000115

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Graafwater Spesiale Skool - Special School posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category