Heeltyd Speeltyd Kleuterskool/Nasorg

Heeltyd Speeltyd Kleuterskool/Nasorg Om elke kind te help om hulle volle potensiaal te bereik.

’n Juffrou is soveel meer as net iemand wat ’n klas vol kinders leer.Sy is ’n sagte hand wanneer ’n hartjie seer is, ’n ...
05/10/2026

’n Juffrou is soveel meer as net iemand wat ’n klas vol kinders leer.
Sy is ’n sagte hand wanneer ’n hartjie seer is, ’n glimlag wanneer ’n kind onseker voel, ’n stem wat bemoedig en ’n hart wat elke dag weer kies om lief te hê.
Sy leer nie net letters, syfers en woorde nie — sy leer kinders om te glo, om te probeer, om vriendelik te wees en om nooit op te hou droom nie.
Agter elke juffrou is daar ure van voorbereiding, geduld wanneer dit moeilik raak, trane wat niemand altyd sien nie, en ’n liefde wat dikwels baie groter is as wat woorde kan beskryf.
Mag elke juffrou vandag weet: Jy maak ’n verskil.
Die klein handjies wat joune vashou, die glimlaggies wat jou begroet en die stemmetjies wat jou “Juffrou!” noem, is deel van ’n nalatenskap wat jy elke dag bou.
Want eendag sal hierdie kinders groot wees en dalk sal hulle nie elke les onthou nie, maar hulle sal onthou hoe Juffrou hulle laat voel het.

💜❤️🧡🩷💙💛


Baie geluk liewe Minke met jou verjaarsdag. Mag jou dag ekstra spesiaal wees. Mag die nuwe lewensjaar vol seën, vreugde ...
04/10/2026

Baie geluk liewe Minke met jou verjaarsdag. Mag jou dag ekstra spesiaal wees. Mag die nuwe lewensjaar vol seën, vreugde en vrede wees. 🌈🥳🩷


Wat ’n ongelooflike lekker vakansie was dit by Heeltyd Speeltyd! Ons vakansieprogram is nou amptelik afgesluit, en ons k...
02/10/2026

Wat ’n ongelooflike lekker vakansie was dit by Heeltyd Speeltyd! Ons vakansieprogram is nou amptelik afgesluit, en ons kan met groot glimlagte sê: ons maaitjies het dit verskriklik baie geniet!

Van Boemelaarsdag en worsbroodtjies tot heerlike waterkaskenades – daar was gelag, gespeel, gespat en sommer hope pret!☀️🥳

Ons het die vakansie gevul met spesiale oomblikke, nuwe herinneringe en baie tyd om net kind te wees.

En om die vakansieprogram op ’n ekstra lekker noot af te sluit, het ons vandag ook saam met ons maatjies by Skool 1 en Skool 4 feesgevier! Hulle is elkeen bederf met ’n heerlike pannekoek – want wat is ’n vakansie sonder ’n soet afsluiting? ✨️

Ons harte is vol dankbaarheid vir al die pret, vrolikheid en kosbare herinneringe wat ons saam met ons kinders kon maak.

Dankie aan elke juffrou wat hierdie vakansieprogram so spesiaal gemaak het! Julle het weereens gewys dat daar by Heeltyd Speeltyd altyd plek is vir speel, lag, leer en LIEFDE! 💛❤️🩷💙🧡💚

Ons nasorg-maats maak die meeste van hulle vakansie! 🎉Ons maats geniet ’n heerlike vakansieprogram vol pret, speletjies,...
30/09/2026

Ons nasorg-maats maak die meeste van hulle vakansie! 🎉

Ons maats geniet ’n heerlike vakansieprogram vol pret, speletjies, lekker aktiwiteite en natuurlik baie tyd om saam met hulle maats te speel.

Daar is iets besonders aan vakansietyd… ’n bietjie minder gejaag, baie meer speel, lag en sommer net die rustigheid van die vakansie geniet. 💛

Van lekker kuier en saam speel tot spesiale vakansie-aktiwiteite – ons nasorg-maats maak kosbare herinneringe wat nog lank gekoester sal word.

Vakansie = speeltyd + maatjies + pret + baie gelukkige herinneringe!

Terwyl Mamma en Pappa werk, maak ons seker ons nasorg-maaitjies het ’n vakansie vol pret, kreatiwiteit en lekker aktiwit...
28/09/2026

Terwyl Mamma en Pappa werk, maak ons seker ons nasorg-maaitjies het ’n vakansie vol pret, kreatiwiteit en lekker aktiwiteite! 🎨✂️🧩

Ons gee hulle die geleentheid om weg te breek van die normale roetine, nuwe dinge te ontdek en sommer net lekker kind te wees. 🥰

Die beste van alles? ❤️ Al hierdie lekker aktiwiteite word deur die skool voorsien – sonder enige ekstra koste vir ons ouers.

Met baie liefde, omgee en ’n klomp kreatiwiteit maak ons elke vakansiedag spesiaal! 🌸

Heeltyd Speeltyd – waar vakansie ook speeltyd is! 💛

Baie geluk liewe Lynette met jou verjaarsdag. Ons hoop jou dag is gevul met soveel liefde, seën en vreugde. ❤️🥳🌈
28/09/2026

Baie geluk liewe Lynette met jou verjaarsdag. Ons hoop jou dag is gevul met soveel liefde, seën en vreugde. ❤️🥳🌈


Address

Meade Straat 47
George
6529

Opening Hours

Monday 06:45 - 17:30
Tuesday 06:45 - 17:30
Wednesday 06:45 - 17:30
Thursday 06:45 - 17:30
Friday 06:45 - 17:30

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Heeltyd Speeltyd Kleuterskool/Nasorg posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Heeltyd Speeltyd Kleuterskool/Nasorg:

Shortcuts

Share

Category