Hoërskool Outeniqua (Kwaggas)

Hoërskool Outeniqua (Kwaggas) Nuutste nuus en gebeure in Kwaggaland.

Hoërskool Outeniqua is ‘n openbare skool wat daarna streef om:
waardegedrewe, gebalanseerde en kwaliteit opvoeding aan leerders te bied en
hulle as verantwoordelike en trotse landsburgers voor te berei.

BUITESPORT | RITMIESE GIMNASTIEKTwee van ons Kwaggas, Lizemae van Heerden en Femke Smith, het vanaf 24–29 September aan ...
02/10/2026

BUITESPORT | RITMIESE GIMNASTIEK

Twee van ons Kwaggas, Lizemae van Heerden en Femke Smith, het vanaf 24–29 September aan die 2026 Nasionale Suid-Afrikaanse Kampioenskappe vir Ritmiese Gimnastiek by die Bellville Velodrome in Kaapstad deelgeneem.

Die twee gimnaste van George Zest Ritmiese Gimnastiekklub het pragtig op die vloer vertoon en uitstekende resultate behaal.

🥉 Lizemae van Heerden | Vlak 7 O/15 & Groep Hoepel
• 3de – Vrydans
• 3de – Bal
• 3de – Knuppelreeks
• 3de algeheel individueel
• 4de – Groep Hoepel

👏 Femke Smith | Groep Hoepel
• 4de – Groep Hoepel

Baie geluk, Lizemae en Femke!

SWEM: Tiaan Terblanche, Alice Esterhuyse en Isabeau Coetsee het van 24-27 September 2026 aan die SA Nasionale Kortbad Ka...
02/10/2026

SWEM:

Tiaan Terblanche, Alice Esterhuyse en Isabeau Coetsee het van 24-27 September 2026 aan die SA Nasionale Kortbad Kampioenskappe in Pietermaritzburg deelgeneem. Dié swemgala is in ‘n oop ouderdomskategorie aangebied en daar is op hoë vlak meegeding.

Ons Kwaggas het baie goed gevaar en selfs rekords is gebreek. Hul uitslae is as volg:

🔹Tiaan Terblanche (Graad 10 -
Hy neem deel onder die PARA klassifikasie S13 vir swemmers met lae visie):
• 8 Individuele Items
• ⁠8 Finale
• ⁠12 PB’s (in die uitdunne & finale)💥
• ⁠Medaljes:
🥇2 x Goud
🥈3 x Silwer
🥉2 x Brons

🔹Alice Esterhuyse (Graad 9):
• 8 Individuele Items
• ⁠3 PB’s💥

🔹Isabeau Coetsee (Graad 8):
• 8 Individuele Items
• ⁠5 Finale ( 4 A- en 1 B finale)
• ⁠5 PB’s💥
• 2 x 4de plekke (100 m & 200 m Rugslag)
• ⁠Medaljes:
🥇 1 x Goud (50 m Rugslag)
• 4 Eden Rekords:
📍50 m Vlinderslag
📍100 m Vlinderslag
📍50 m Rugslag
📍100 m Rugslag

Baie geluk Kwaggas julle het fantasties, teen strawwe kompetisie op nasionale vlak, gevaar! Ons is trots op julle.💦

Op d foto v.l.n.r.: Isabeau, Alice en Tiaan

𝗞𝗪𝗔𝗚𝗚𝗔𝗦 𝗜𝗡 𝗕𝗘𝗟𝗚𝗜𝗘̈ | 𝗕𝗥𝗨𝗚𝗚𝗘 & 𝗚𝗘𝗡𝗧 💜💛Ons Kwaggas se België-avontuur het die afgelope twee dae nóg ’n paar besondere hoof...
01/10/2026

𝗞𝗪𝗔𝗚𝗚𝗔𝗦 𝗜𝗡 𝗕𝗘𝗟𝗚𝗜𝗘̈ | 𝗕𝗥𝗨𝗚𝗚𝗘 & 𝗚𝗘𝗡𝗧 💜💛

Ons Kwaggas se België-avontuur het die afgelope twee dae nóg ’n paar besondere hoofstukke bygekry! 🇿🇦✈️🇧🇪

📍 𝗕𝗿𝘂𝗴𝗴𝗲
Selfs die treinrit en treinstasie was ’n nuwe ervaring! In dié pragtige stad, ook bekend as “Klein Venesië”, het die groep die ikoniese Belfort en Halletoren besoek en tot bo geklim. Daarna het hulle Brugge se eeueoue geboue en geskiedenis vanaf die water ontdek tydens ’n bootvaart deur die kanale, tyd ingeruim vir inkopies én geleer om egte Belgiese wafels te bak. 🧇 Hulle het dié toets natuurlik met vlieënde vaandels geslaag!

📍 𝗚𝗲𝗻𝘁
Die volgende stop was die pragtige middeleeuse stad Gent. ’n Begeleide toer het die groep meer geleer oor die stad se interessante geskiedenis en unieke mengsel van antieke en moderne argitektuur. Hulle het ook die indrukwekkende Gravensteen-kasteel met ’n klankgids verken, waarna daar tyd was vir inkopies en rondslenter.

Die dag is op ’n hoë noot afgesluit met ’n rolbalkompetisie en ’n lekker karaoke-aand! 🎳🎤

Elke dag bring nuwe plekke, nuwe ervarings en nóg herinneringe.💛💜🖤

𝗦𝗧𝗘𝗥𝗞𝗧𝗘 𝗔𝗔𝗡 𝗢𝗡𝗦 𝗞𝗪𝗔𝗚𝗚𝗔-𝗙𝗜𝗘𝗧𝗦𝗥𝗬𝗘𝗥𝗦!Die Kwagga-fietsryers is tans in Stellenbosch, waar hulle op 2 en 3 Oktober aan die SA...
01/10/2026

𝗦𝗧𝗘𝗥𝗞𝗧𝗘 𝗔𝗔𝗡 𝗢𝗡𝗦 𝗞𝗪𝗔𝗚𝗚𝗔-𝗙𝗜𝗘𝗧𝗦𝗥𝗬𝗘𝗥𝗦!

Die Kwagga-fietsryers is tans in Stellenbosch, waar hulle op 2 en 3 Oktober aan die SA Skole-kompetisie deelneem en Hoërskool Outeniqua én die Suid-Kaap verteenwoordig.

Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle!

Ry met passie, vasberadenheid en daardie kenmerkende Kwagga-gees. Geniet elke oomblik en gee alles op die baan! 🔥

Baie sterkte, Kwaggas💜💛

29/09/2026

𝗠𝗔𝗧𝗥𝗜𝗘𝗞𝗗𝗔𝗚 𝟮𝟬𝟮𝟳
Wanneer: Dinsdag, 13 Oktober
Tema: Boekkarakters

Ons matriekjaar is die laaste hoofstuk van ons Kwagga-storie. Ons het deur die jare deel geword van ’n groter verhaal en nou kry ons die geleentheid om self die hoofkarakters van ons laaste hoofstuk te wees.

Trek aan soos unieke boekkarakters bv. Harry Potter, Matilda, Where’s Wally, Peter Pan, Wendy, Robin Hood, Sherlock Holmes, Alice in Wonderland, Cat in the Hat, Pippie Langkous, Trompie

𝗦𝗟𝗘𝗚𝗦 𝗩𝗜𝗥 𝟮𝟬𝟮𝟳 𝗠𝗔𝗧𝗥𝗜𝗘𝗞𝗦

🇧🇪 KWAGGAS IN BELGIË | DIE AVONTUUR GAAN VOORT! Ons Kwaggas maak behoorlik die beste van elke oomblik in België!Die volg...
29/09/2026

🇧🇪 KWAGGAS IN BELGIË | DIE AVONTUUR GAAN VOORT!

Ons Kwaggas maak behoorlik die beste van elke oomblik in België!

Die volgende avontuur het afgeskop met ’n toer deur Waregem, waar ’n plaaslike toergids meer vertel het oor die dorp en sy geskiedenis. Daarna was dit tyd vir ’n bietjie meer aksie … ’n besoek aan die trampolienpark vir ’n lekker dag van aktiwiteite, pret en spanbou. 🤸‍♀️
En volgens ons inligting, het nie net die leerders dit geniet nie, die onnies het ook behoorlik deelgeneem! 😉

📸 Ons bly saamreis en deel graag nog van ons Kwaggas se België-avontuur soos dit ontvou!

🏏 𝗞𝗪𝗔𝗚𝗚𝗔 𝗞𝗥𝗜𝗘𝗞𝗘𝗧 | 𝗢.𝟭𝟱𝗔DAG 1 | 24 SEPTEMBEROHS o.15A vs Paarl Boys High o.15BTydkrieketPaarl Boys High – 1ste beurt: 11...
28/09/2026

🏏 𝗞𝗪𝗔𝗚𝗚𝗔 𝗞𝗥𝗜𝗘𝗞𝗘𝗧 | 𝗢.𝟭𝟱𝗔

DAG 1 | 24 SEPTEMBER
OHS o.15A vs Paarl Boys High o.15B
Tydkrieket

Paarl Boys High – 1ste beurt: 118 almal uit
OHS – 1ste beurt: 105 almal uit
Paarl Boys High – 2de beurt: 48/9 verklaar
OHS – 2de beurt: 50/5

🏏 Wiehan Reyneke — 45 van 70 b***e
🏏 Wiehan Reyneke — 17 van 30 b***e
🔥 Hendrik Hofmeyr — 3/19 in 7 boulbeurte
🔥 Wynand Roelofse — 2/8 in 6 boulbeurte
🔥 Marco van Zyl — 2/14 in 4 boulbeurte
🔥 Joa Victor — 2/17 in 6 boulbeurte
🔥 Dillon Derche — 6/21 in 7 boulbeurte
🔥 Hendrik Hofmeyr — 3/11 in 3.3 boulbeurte

Uitslag: OHS o.15A verloor met 11 lopies.

DAG 2 | 25 SEPTEMBER
OHS o.15A vs Parel Vallei o.15A
50-beurt-wedstryd

OHS: 103 almal uit (30.4)
Parel Vallei: 97 almal uit (30.1)

🏏 Wynand Roelofse — 27 van 41 b***e
🏏 Hendrik Hofmeyr — 24 van 26 b***e
🔥 Dillon Derche — 3/15 in 10 boulbeurte
🔥 Petri van der Merwe — 3/19 in 5.1 boulbeurte

✅ OHS o.15A wen met 6 lopies!

DAG 3 | 26 SEPTEMBER
OHS o.15A vs Strand o.15A
50-beurt-wedstryd

OHS: 246/9
Strand: 89 almal uit (26.1)

🏏 Hendrik Hofmeyr — 69 van 76 b***e
🏏 Dillon Derche — 50* van 64 b***e
🔥 Mi-Jeanne Botha — 2/10 in 3 boulbeurte
🔥 Marco van Zyl — 2/29 in 7 boulbeurte

✅ OHS o.15A wen met 157 lopies!

🏏 𝗞𝗪𝗔𝗚𝗚𝗔 𝗞𝗥𝗜𝗘𝗞𝗘𝗧 | 𝗢.𝟭𝟰𝗔

DAG 1 | 23 SEPTEMBER
OHS o.14A vs Bellville o.14A
T20

OHS: 139/4
Bellville: 89 almal uit

🏏 Tiaan Jansen van Rensburg — 53 van 65 b***e
🔥 Cayden Mapoli — 5/18 in 4 boulbeurte

✅ OHS o.14A wen met 50 lopies!

DAG 2 | 24 SEPTEMBER
OHS o.14A vs Wynberg o.14B
Tydkrieket

Wynberg: 148/8 verklaar
OHS: 136 almal uit

🔥 Tiaan Jansen van Rensburg — 2/27 in 11 boulbeurte
🏏 Tiaan Jansen van Rensburg — 77 van 22 b***e

Uitslag: Wedstryd gelykop (“losing draw”), met Wynberg wat ’n eerste-beurtvoorsprong van 12 lopies behaal het.

DAG 3 | 26 SEPTEMBER
OHS o.14A vs Milnerton o.14A
T20

OHS: 90/8
Milnerton: 95/3

🏏 Cayden Mapoli — 27 van 24 b***e
🔥 Heinrich Punt — 2/21 in 2 boulbeurte

Uitslag: OHS o.14A verloor met 7 paaltjies.

Puik werk, Kwaggas!💜💛🖤

🏏 KWAGGA KRIEKET | O.19ADAG 1 | 24 SEPTEMBEROHS o.19A vs Somerset College o.19ATydkrieketSomerset College: 163/9 verklaa...
28/09/2026

🏏 KWAGGA KRIEKET | O.19A

DAG 1 | 24 SEPTEMBER
OHS o.19A vs Somerset College o.19A
Tydkrieket

Somerset College: 163/9 verklaar
OHS: 143 almal uit

🏏 Liam Haasbroek — 33 van 30 b***e
🏏 Hanno Swart — 25 van 62 b***e
🏏 Idan Balzun — 25 van 71 b***e
🔥 Hanno Swart — 2/19 in 11 boulbeurte
🔥 Dehan Meyer — 2/2 in 1.1 boulbeurte

Uitslag: Wedstryd gelykop (“losing draw”), met Somerset College wat ’n eerste-beurtvoorsprong van 20 lopies behaal het.

DAG 2 | 25 SEPTEMBER
OHS o.19A vs Parel Vallei o.19A
50-beurt-wedstryd

Parel Vallei: 131 almal uit (40.5)
OHS: 132/4 (30.5)

🔥 Ewald Terblanche — 5/41 in 9.5 boulbeurte
🔥 Rikus Human — 2/5 in 3 boulbeurte
🔥 Ross Taljaard — 2/26 in 9 boulbeurte
🏏 Hanno Swart — 51* van 85 b***e
🏏 Dehan Meyer — 36 van 43 b***e

✅ OHS o.19A wen met 6 paaltjies!

DAG 3 | 26 SEPTEMBER
OHS o.19A vs Curro Durbanville o.19A
50-beurt-wedstryd

OHS: 313/7
Curro Durbanville: 93 almal uit (26.2)

🏏 Ross Taljaard — 90 van 76 b***e
🏏 Liam Haasbroek — 50 van 53 b***e
🏏 Johnathan Tulleken — 43* van 43 b***e
🔥 Ross Taljaard — 3/29 in 10 boulbeurte
🔥 Nathan Best — 2/12 in 7 boulbeurte
🔥 Hanno Swart — 2/22 in 4.2 boulbeurte

✅ OHS o.19A wen met 220 lopies!

Baie geluk aan ons spelers met ’n uitstekende reeks vertonings. Trots op die Kwaggas!

🇧🇪 KWAGGAS IN BELGIË | DIE AVONTUUR BEGIN! 💜💛Van George se lughawe, die lang vlug oor die waters… tot ’n baie warm welko...
27/09/2026

🇧🇪 KWAGGAS IN BELGIË | DIE AVONTUUR BEGIN! 💜💛

Van George se lughawe, die lang vlug oor die waters… tot ’n baie warm welkom in België! ✈️🇿🇦➡️🇧🇪

Ons Kwaggas het veilig aangekom en is sommer dadelik met egte Belgiese gasvryheid ontvang tydens ’n heerlike verwelkomingsfunksie. Die glimlagte op die foto’s vertel klaar die storie! 😄

Nuwe vriendskappe, nuwe ervarings en baie avonture lê voor, en ons gaan julle saamneem soos die reis ontvou. 📸

Hou ons blad dop vir die volgende hoofstuk van ons Kwaggas se België-avontuur!

Geniet elke oomblik, Kwaggas! 💜

𝗖𝗮𝗽𝗲 𝗧𝗼𝘄𝗻 𝗣𝗿𝗲𝗺𝗶𝗲𝗿 𝗟𝗲𝗮𝗴𝘂𝗲 - 𝗖𝗣𝗟 𝟮𝟬𝟮𝟲Vier van ons Kwagga-hokkieseuns is uitgenooi om verskeie ‘Franchise’ spanne te vertee...
22/09/2026

𝗖𝗮𝗽𝗲 𝗧𝗼𝘄𝗻 𝗣𝗿𝗲𝗺𝗶𝗲𝗿 𝗟𝗲𝗮𝗴𝘂𝗲 - 𝗖𝗣𝗟 𝟮𝟬𝟮𝟲

Vier van ons Kwagga-hokkieseuns is uitgenooi om verskeie ‘Franchise’ spanne te verteenwoordig in die ‘Cape Town Premier League’ wat die afgelope twee weke in Kaapstad plaasgevind het.

Eon Liddell het in die o.14 toernooi vir 𝘏𝘦𝘢𝘵 gespeel en sy span het 2de in die toernooi geëindig.

Déhan Meyer en Hanroe Joubert het in die o.16 toernooi vir die 𝘙𝘰𝘺𝘢𝘭𝘴 gespeel, Déhan in die ‘Cup’ afdeling en Hanroe in die ‘Plate’ afdeling. Déhan se span het 3de geëindig terwyl Hanroe se span die toernooi gewen het.

Len Liddell het in die o.18 afdeling vir die 𝘙𝘰𝘺𝘢𝘭𝘴 in die ‘Cup’ afdeling gespeel en hierdie span het die Toernooi gewen.

Len het ook die geleentheid gekry om op ‘n hoë vlak hokkie te speel, teen sowel as saam met verskeie SA spelers.

Baie geluk manne!

Address

Courtenay Street
George
6530

Opening Hours

Monday 07:30 - 14:30
Tuesday 07:30 - 14:30
Wednesday 07:30 - 14:30
Thursday 07:30 - 14:30
Friday 07:30 - 14:30

Telephone

+27448744156

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hoërskool Outeniqua (Kwaggas) posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Hoërskool Outeniqua (Kwaggas):

Shortcuts

Share

Category